<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aktiwiteit 2:

Om in klein groepies vrae oor migrasie te beantwoord

[lu 1.5]

Afdeling A (Hierdie deel doen jy en jou bankmaat of julle klein groepie saam.)

  • In Suid-Afrikaanse verband , dink aan redes hoekom mense:

a) in die land MIGREER :

b) uit die land EMIGREER :

c) na die land IMMIGREER :

V erstedeliking I n persentasie uitgedruk
10 20 30 40 50 60 70 80 90
Australië
Argentinië
Frankryk
Suid-Afrika
Namibië
Zimbabwe
Ethiopië
Afdeling B (In hierdie deel word al die groepe se antwoorde op die skryfbord gelys – die aanvaarde antwoorde van die eerste groep, en daarna alle nuwe redes van die ander groepe.)

  • Hou dan ‘n kort klasbespreking en besluit saam op die (drie tot vyf) vernaamste redes vir binnelandse migrasie (beweging in die land self) in Suid-Afrika. Skryf dit hieronder neer.

Aktiwiteit 3:

Om te bepaal waar mense wil woon – in die stad of op die platteland

[lu 3.3]

  • Op die volgende bladsy word 15 frases alfabeties aangedui – sommige dui op die keuse om nie op die platteland te woon nie , terwyl die ander dui op die aantreklikheid van die stad . Die trek na die stad behels dus gelyktydig die o ntvolking van die platteland en v erstedeliking .

Opdrag:

Plaas ‘n O in die blokkie by die frases wat op die ontvolking van die platteland dui, en ‘n V in die blokkies langs die frases wat op die aantreklikheid van die stad wys.

(a) Fabrieke bied baie werkgeleenthede
(b) Gebrek aan hospitale
(c) Genoeg goeie skole en kort afstande daarheen
(d) Gewoonlik hoër salarisse en lone
(e) Groot verskeidenheid vermaak en ontspanning beskikbaar
(f) Groot verskeidenheid werkgeleenthede beskikbaar
(g) Kan makliker van werk verander
(h) Kinders meestal ver van skole af
(i) Meganisasie lei tot minder werkgeleenthede
(j) Moeilik om sonder openbare vervoer oor die weg te kom
(k) Ruim verskeidenheid openbare vervoer
(l) Te lae lone in sommige gevalle
(m) Te stil vir mense wat baie van geselskap hou
(n) Voldoende gesondheidsdienste en hospitale
(o) Werkgeleentheid op klein dorpies baie beperk

2. Die oorsake en gevolge van die grootskaalse binnelandse migrasie in S.A.

Bestudeer die vier koerantberigte wat hoofsaaklik oor die oorsake en gevolge van die migrasie tussen die Oos- en die Wes-Kaap handel. Van die grootste uitdagings vir die provinsiale en plaaslike regerings word in die beriggies genoem.

WKOD IN GELDKNYP OOR KINDERS VAN ELDERS SY SKOLE OORSTROOM

Jorisna Bonthuys

KAAPSTAD - Die toestroming van duisende leerlinge van elders in die land na die Wes-Kaap dra by tot oorvol skole en die provinsiale onderwysdepartement se geldelike verknorsing.

Minstens 33 000 van die sowat 900 000 leerlinge in die Wes-Kaap kom van ander provinsies. Talle is van die Oos-Kaap.

Benewens die WKOD se jaarlikse begroting van R4,2 miljard is nog R800 miljoen nou nodig. Hoewel 58 skole sedert 1995 gebou is, is tot 2 500 klaskamers (of 81 skole) nodig om in die leerlinge se behoeftes te voorsien.

Die provinsiale Minister van Onderwys het gesê dit is onmoontlik dat bykomende geld gevind kan word. Volgens die minister is die huidige begroting reeds onvoldoende. Hoewel die onderwysowerhede vir die koms van dié leerlinge voorsiening probeer maak het, het die groot toename alle verwagtings oortref.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11020/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask