<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 6

‘n gesonde leefwyse

Module 3

Hiv en vigs: ‘n oordraagbare siekte. hoe kan dit voorkom of hanteer word?

In Suid-Afrika is meer as 3 miljoen persone tans HIV-positief. Hierdie siekte affekteer mans en vroue en kinders van alle ouderdomme, beroepe en bevolkingsgroepe in al die provinsies van ons land. Indien die huidige toename van infeksie nie afneem nie, sal een uit vier persone in die land teen die jaar 2010 HIV-positief wees. Binne 10 jaar sal die siekte weeskinders maak van ‘n driekwart miljoen Suid-Afrikaanse kinders.

Hoe kan jy verhoed dat jy die dodelike virus opdoen?

Jy het reeds in graad 5 die volgende geleer:

  1. Beskou die probleem in ‘n ernstige lig en maak seker dat jy weet hoe die siekte versprei.
  2. Maak gebruik van elke geleentheid om kennis hieroor te bekom.
  3. Seks moet veilig beoefen word, maar moet in elk geval so lank as moontlik uitgestel word.
  4. Moet nooit aan bloed vat nie. As iemand seerkry en bloei, roep eerder ‘n volwasse persoon. As daar wel ‘n kans is dat jy aan die bloed gaan raak, trek ‘n plastieksakkie sonder enige gaatjies oor jou hande. Dis nog beter om plastiekhandskoene aan te trek.
  5. Moet nooit enige ou spuitnaalde of naalde gebruik op enige manier nie.
  6. Indien jy gaatjies in jou ore wil laat maak of ‘n tatoeëermerk wil laat aanbring op jou lyf, sorg dat jy dit by ‘n skoon, ordentlike plek laat doen waar die naalde gesteriliseer word.

7. Dit is beter om enige alkohol of dwelmmisbruik heeltemal te vermy, aangesien dit jou dadelik op baie maniere weerloos kan maak om jouself teen besmetting met die virus te beskerm.

Aktiwiteit 1:

Om strategieë te bespreek oor maniere waarop ‘n siektetoestand hanteer kan word

[lu 1.3]

Hier volg ‘n lys van maniere waarop ‘n mens ‘n ernstige siektetoestand kan hanteer sodat die siek persoon, asook die persone wat deur die siekte geraak word, op die mees positiewe manier kan voortgaan met die lewe.

Elke groep moet minstens twee van hierdie strategieë kies en dit bespreek en ook nuwe voorstelle maak ten opsigte van die hantering van die siekte.

  • Win inligting oor die siekte in
  • Bly altyd hoop
  • Vra familielede om te help
  • Bid vir die persoon
  • Klop by ‘n kliniek of hospitaal aan vir hulp
  • Hou alle eetgerei skoon
  • Berei spesiale kos voor vir die persoon
  • Kontak die plaaslike hospitium
  • Wees bedag op simptome wat kan aandui dat jy ook dalk hierdie siekte het.

Aktiwiteit 2:

Om ‘n kort toneelstuk te beplan en op te voer

[lu 1.3]

Beplan en voer ‘n toneeltjie op waar julle onder andere die volgende karakters uitbeeld:

  1. ‘n Ernstige siek persoon
  2. Dokter
  3. Ma of pa van siek persoon
  4. Suster of broer van siek persoon
  5. Kind van die persoon
  6. ‘n Geestelike persoon, bv. ‘n predikant, priester

Onthou dat julle besluit watter siekte hierdie persoon het. Vir die doel van hierdie rolspel is dit nodig om ‘n siekte te kies wat lewensbedreigend is. Bespreek na die tyd die bydrae wat elke karakter in die situasie gelewer het.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 mondelinge tekste verstaan;
1.3 vir spesifieke inligting luister;
1.4 aandagtig luister tydens ‘n bespreking.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11001/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask