<< Chapter < Page Chapter >> Page >

d) Die instrumente van Afrika word grotendeels bepaal deur die geografiese ligging van die streke van Afrika. Watter tipe plantegroei assosieer jy veral of hoofsaaklik met elk van die streke?

Kies uit die volgende en kleur die streek die gevraagde kleur in:

- Tropiese woude (groen)

- Grasvelde en verspreide bome (pers)

- Grasvlaktes en struike (oranje)

e) Voltooi die volgende deur die korrekte woord te kies:

Woorde om van te kies:

kalbasse dierhorings Suidelike-Afrika plante hout Wes-Afrika Oos-Afrika diere suidelike

Aangesien die instrumente van Afrika meestal vervaardig word uit natuurlike produkte van ___________ en _________, speel die fauna en flora van die spesifieke streek ‘n belangrike rol.

In boomryke streke van ______________ sal instrumente wat van _______ gemaak word, dus meer voorkom as in die grasvlaktes van die _____________ dele van Afrika waar daar baie minder bome is.

In ______________ waar die kulture om beeste draai, word ____________ gebruik as instrumente, terwyl die Khoi-San van ________________ se kultuur berus op nomadiese versameling van kos. Musiek-boë, gemaak van byvoorbeeld _________, is dus meer algemeen.

  1. Waarvan word die instrumente gemaak?
  2. Kies ‘n instrument wat pas by die bron.
  3. Die instrumente kan meer as een maal verskyn.
Houtstompe
Kalbasse
Riete
Diervelle
Dierhorings
Bamboes
Droë peule en -vrugte

STAP 2

Skryf nou neer al die instrumente wat jy assosieer met musiek uit Afrika.

Skryf die kenmerke neer omtrent hierdie instrumente m.b.t. bou en hoe klank geproduseer word.

STAP 4

Lys die instrumente met dieselfde kenmerke.

STAP 5

Die opvoeder sal die verskillende instrumentgroepe aan julle verduidelik. LUISTER goed!

STAP 6

Klassifiseer nou die instrumente wat jy neergeskryf het (ook dié waarmee jy nou kennis gemaak het) in die 4 groepe (families). Is daar enige ooreenkoms met STAP 4?

Definieer die volgende:

  • Idiofoon
  • Kordafoon
  • Membranofoon
  • Aërofoon

Waarvolgens word die instrumente geklassifiseer?

Aktiwiteit 3:

Om spesifieke afrika-instrumente te ondersoek

[lu 2.6]

  • Met behulp van die vorige twee aktiwiteite het jy ‘n geheelbeeld van die instrumente van beide die Westerse en Afrika-musiekkulture verkry. In hierdie aktiwiteit gaan ons konsentreer op enkele Afrika-instrumente. Doen navorsing oor één van die instrumente hier onder genoem. Doen naslaanwerk, gaan soek op die Internet, gebruik ENCARTA of ander sagteware, praat met ander mense, en die heel belangrikste, hou jou oë en ore oop en dink logies! Alle bykomende inligting kan jy in jou joernaal plak.

a) Voltooi die volgende omtrent die MBIRA (Im BEE rah):

  • Klassifikasie van die Mbira (motiveer)
  • Voorbeelde van idiofone
  • Voorbeelde van lamellofoneVorm en materiaal
  • Hoe die mbira gespeel word
  • Wat die klank maak
  • Tipe klank
  • Toonhoogte

b) Voltooi die volgende omtrent die JEMBE (djem-bê):

  • Klassifikasie van die jembe (motiveer)
  • Voorbeelde van membranofone
  • Voorbeelde van tromme
  • Vorm en materiaal
  • Hoe die jembe gespeel word
  • Wat die klank maak
  • Tipe klank
  • Toonhoogte

c) Voltooi die volgende omtrent die UHADI (Oe HAA die):

  • Klassifikasie van die uhadi (motiveer)
  • Voorbeelde van kordafone
  • Voorbeelde van musiekboë
  • Wat die klank maak
  • Tipe klank
  • Toonhoogte

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
REFLEKSIE Die leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
GESAMENTLIK (2.1 – 2.2)
uitvind oor ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar van die verlede of hede, van enige kunsvorm, en daaroor aan die klas verslag doen;
die wenslikheid verduidelik dat ‘n land se inheemse kennissisteme, kunswerknalatenskap in musems, galerye, teaters, kulturele persele en natuurlike erfenispersele bewaar word;
DANS (2.3 – 2.4)
navorsing oor ‘n tradisionele dans in die gemeenskap doen met behulp van mense, boeke of video’s en dit in die klas aanbied;
waarnemingsvaardighede toon deur komponente van danse gesien in Suid-Afrika te beskryf, asook die ooreenkomste en verskille ten opsigte van bewegingstyl, doel, gebruik van dansers, kostuums en musiek;
DRAMA (2.5)
die elemente van drama (bv. optogte, lofsange) herken en identifiseer in vorme van kulturele en sosiale uitdrukking oor ‘n tydperk (bv. openingseremonies, rock-konserte, staatsaangeleenthede, sport);
MUSIEK (2.6 – 2.7)
Afrika-instrumente klassifiseer in terme van ideofone, chordofone, membranofone, aerofone en Westerse instumente volgens strykers, houtblasers, koperblasers en slagwerk;
enige van die volgende tipes instrumente bespreek in terme van die vorm, materiale gebruik, tipe klank, hoe dit bespeel word, hoe klank voortgebring word:
  • tromme – gemaak van hout, kalbas of klei – om te wys dat verskillende membrane gemaak is van bees-, bok- of donkievelle;
  • perkussie-instrumente – ratels ,klokke, klappers, mbira, xilofone, kalimba, likembe, lamallafone;
  • snaarinstrumente;
  • windinstumente – fluite gemaak van bamboes, riete, hout, klei of bene;
  • trompette gemaak van dierhorings of hout;
  • klarinette van die Savanna-streek gemaak van guineakoring of sorghum-stamme;
  • flugelhorn, saksofone en kitare;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11026/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask