<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 5     Page 4 / 5
Chapter >> Page >

1.1 Ek moet 23 × 16 bereken:

23 = 10 + 10 + 10 + 1 + 1 + 1

23 × 16
10 160
10 160
2 32
1 16
23 368

1.2 Ek bereken 23 × 16 so:

23 = 20 + 3

16 = 10 + 6

Dus: (20 + 3) × (10 + 6)

20 × 10 = 200

20 × 6 = 120

3 × 10 = 30

3 × 6 = 18

368

  • Ek deel die getal 16 in sy faktore:

23 × 16 = 23 × 2 × 8

= 23 × 2 × 2 × 4

= 46 × 2 × 4

= 92 × 4

= 368

1.4 Ek bereken dit so:

23 × 16 = (23 × 20) – (23 × 4) (Ek het 4 × 23 te veel geneem, so ek moet dit aftrek)

= (23 × 10 × 2) – (23 × 4)

= 460 – 92

= 368

1.5 My metode is korter!

23

× 16

18 (6 × 3)

120 (6 × 20)

30 (10 × 3)

200 (10 × 20)

368

1.6 My metode is nog korter!

1 2 3

× 1 6

1 3 8

2 3 0

3 6 8

1.7 Watter metode verkies JY?

Hoekom?

Aktiwiteit 11:

Om ‘n reeks tegnieke te gebruik om berekeninge te doen [lu 1.10.5]

1. Dit is beter om ‘n tegniek te gebruik wat jy ten volle verstaan wanneer jy ‘n berekening moet doen. Gebruik nou enige metode en bereken die volgende:

1.1 58 × 29

1.2 76 × 54

2. Kom ons kyk hoe sekere faktore patrone vorm wanneer ons hulle met mekaar vermenigvuldig. Ons gaan ook die sakrekenaar inspan om ons te help met ons berekenings.

2.1 Voltooi die volgende met behulp van jou sakrekenaar.

77 × 13 = ______

77 × 26 = ______

77 × 39 = ______

77 × ______ = 4 004

77 × ______ = 5 005

77 × 78 = ______

77 × 91 = ______

2.2 Voorspel nou sonder jou sakrekenaar: 77 ×______ = 8 008

77 × 117 = ______

2.3 Wat is die patroon in die bogenoemde voorbeeld?

2.4 Bereken die volgende eers sonder en dan met ‘n sakrekenaar:

1 × 9 + 2 = ______

12 × 9 + 3 = ______

123 × 9 + 4 = ______

______ × 9 + 5 = 11 111

12 345 × 9 + ______ = 111 111

______ × 9 + ______ = ______

______ × 9 + ______ = ______

2.5 Voorspel nou sonder die sakrekenaar:

12 345 678 × 9 + 9 = ______

123 456 789 × 9 + 10 = ______

2.6 Kan jy die patroon in bogenoemde voorbeeld vir ’n maat verduidelik?

Aktiwiteit 12:

Om hoofrekene te doen [lu 1.9.2]

Kom ons kyk of jy kan verbeter op jou vorige hoofrekentoets. Dié oefening kan ook sommer dien as voorbereiding vir die aktiwiteite wat gaan volg. Vul die ontbrekende antwoord van SLEGS die gemerkte blokkies in:

X 2 6 7 8 9 10 12 100
5 ......... ........ .......
6 ...... .......
7 ........ ....... .......
8 ...... ........
9 ...... ........
36 ....... ........ ......
48 ....... ........ .......
124 ....... ........ .......

Aktiwiteit 13:

Om probleme in konteks te kan oplos [lu1.6.1]

Om ‘n reeks tegnieke te gebruik om berekeninge te doen [lu 1.10.5]

Jy weet nou al hoe om met kleiner getalle te vermenigvuldig. Nou gaan ons kyk of jy ook met groter getalle berekeninge kan doen. Deel in groepe van drie en vra jul opvoeder vir die nodige folio. Lees dan die opdrag baie goed deur.

Michaela en haar maats het die dieretuin besoek en die volgende interessante feite gehoor:

‘n seekoei eet 45 kg voer per dag, terwyl ‘n groot olifantbul 225 kg voer per dag nodig het!

1. Hoeveel kg voer sal 329 seekoeie per dag eet?

2. Hoeveel kg voer moet die dieretuin vir 76 olifantbulle per dag aankoop?

3. As die toegangsgeld R15 per persoon was en daar 475 mense daardie dag die dieretuin besoek het, hoeveel geld is by die toegangshek ingesamel?

4. Verduidelik aan die res van die klas hoe julle groep die antwoorde bereken het.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask