<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 5     Page 5 / 5
Chapter >> Page >

5. Vergelyk jul metodes. Hoe verskil hulle van mekaar?

6. Gebruik ‘n sakrekenaar om die antwoorde te kontroleer.

Aktiwiteit 14:

Om die gelykwaardigheid en geldigheid van verskillende voorstellings te bepaal [lu 2.6.1]

Om strategieë te gebruik om oplossings te kontroleer [lu 1.11]

1. In die vorige aktiwiteit het jy seker gesien dat daar meer as een metode is om te vermenigvuldig. Deel nou weer in groepe van drie. Kyk goed na die oplossings vir die volgende probleem en verduidelik die metodes vir mekaar.

Mev. Cele verkoop klere. Daar is 46 verskillende broeke en 238 verskillende hemde. Hoeveel kombinasies kan sy verkoop?

1.1 Ek moet 46 × 238 bereken

238 × 46 = (200 + 30 + 8) × (40 + 6)

200 × 40 = 8 000

30 × 40 = 1 200

8 × 40 = 320

200 × 6 = 1 200

30 × 6 = 180

8 × 6 = 48

10 948

1.2 Ek skryf dit so:

238

× 46

48 (8 × 6)

180 (30 × 6)

1 200 (200 × 6)

320 (40 × 8)

1 200 (40 × 30)

8 000 (40 × 200)

10 948

1.3 My metode lyk so:

2 2 4 3 8

× 4 6

1 4 2 8

9 5 2 0

1 0 9 4 8

2. Gebruik nou enige metode wat jy verstaan en waarmee jy gemaklik is en bereken die produk van:

2.1 576 × 47

2.2 382 × 69

UITDAGING!

Kan jy die produk van die volgende bereken volgens die metode by 1.3?

1. 347 × 251

2. 526 × 438

Nog ’n kopkrapper!

Kyk goed na die volgende som: 24 × 13 = 377

Een van die syfers is verkeerd. Kan jy uitvind watter een? ______

Wat moet dit wees? _______

Aktiwiteit 15:

Om probleme in konteks op te los [lu 1.6.1]

Kom ons gaan uiteet!

Hierdie is ‘n taak vir jou portefeulje. Jou opvoeder sal dit met jou deurgaan en vir jou verduidelik presies wat van jou verwag word. Maak seker dat jy goed verstaan voordat jy begin. Onthou om netjies te werk!

Kyk goed na die volgende spyskaart

Deel in groepe van drie. Julle besluit om van alles op die spyskaart te eet. Om dit vir die kelner maklik te maak, eet julle drie presies dieselfde sop, voorgereg, hoofgereg en nagereg.

Besluit wat julle gaan bestel en werk dan uit wat julle rekening sal wees in die blok hieronder. Julle mag ’n sakrekenaar gebruik. Skat eers wat die ete julle sal kos.

Werk gerus in die voorsiene blokke om die volgende vrae te beantwoord:

As julle elkeen R85 het, sal dit genoeg wees vir die rekening?

Indien wel, hoeveel kleingeld sal julle kry?

Watter fooitjie sal julle aan die kelner gee?

Hoekom?

Kom ons doen ’n bietjie navorsing.

By watter restaurant eet jy die graagste?

Hoekom?

Wat is volgens jou ’n MOET vir enige restaurant om suksesvol te wees?

Kan jy aan enige MOENIES dink?

Besoek enige twee restaurante van jou keuse en vergelyk hul spyskaarte en pryse. Skryf dit wat jy wil terugrapporteer aan die klas neer:

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Getalle, Verwerkings en VerwantskappeDie leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 verskeie maniere beskryf en illustreer om getalle neer te skryf deur die geskiedenis heen in verskillende kulture (insluitend plaaslik);
1.3 getalle herken en voorstel sodat dit beskryf en vergelyk kan word:
1.3.6 veelvoude van enkelsyfergetalle tot minstens 100;
1.3.7 faktore van minstens enige 2-syferheelgetal;
1.6 probleme in konteks oplos, insluitend kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van ander leerareas, asook van menseregte-, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies, te bevorder:
1.6.1 finansiële kontekste (insluitend koop en verkoop, wins en verlies , en eenvoudige begrotings);
1.8 skat en bereken deur geskikte bewerkings vir die oplossing van probleme te gebruik:
1.8.1 afronding tot die naaste 5, 10, 100 of 1 000;
1.8.4 vermenigvuldiging van minstens 3-syferheelgetalle met 2-syferheelgetalle;
1.8.5 deling van minstens 3-syferheelgetalle deur 2-syferheelgetalle;
1.9 hoofberekeninge uitvoer:
1.9.2 vermenigvuldiging van heelgetalle tot minstens 10 × 10;
1.10 ‘n verskeidenheid tegnieke gebruik om sowel skriftelike as hoofberekeninge met heelgetalle te doen:
1.10.1 optelling en aftrekking in kolomme;
1.10.4 verdubbeling en halvering;
1.10.5 gebruik van ‘n sakrekenaar
1.11 ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om oplossings te kontroleer en die redelikheid van oplossings te beoordeel:
1.12 herken, beskryf en gebruik:1.12.1 die omgekeerde verwantskap tussen vermenigvuldiging en deling (bv. as 5 × 3 = 15, dan is 15  3 = 5 en 15  5 + 3);1.12.3 die kommutatiewe, assosiatiewe en distributiewe eienskappe van heelgetalle (leerders behoort in staat te wees om die eienskappe te gebruik sonder om noodwendig die name te ken).
Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
Patrone, funksies en algebraDie leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.2 verwantskappe of reëls wat waargeneem is in eie woorde beskryf;
2.6 bepaal, deur bespreking en vergelyking, die ekwivalensie van verskillende beskrywings van dieselfde verwantskap of reël wat soos volg voorgestel word:
  • woordeliks;
2.6.3 met getalsinne.

Memorandum

AKTIWITEIT 2

1. (a) 24 x 1 (b) 36 x 1

  1. x 2 18 x 2

6 x 4 9 x 4

3 x 8 6 x 6

  1. x 3

2.

7 x 6 9 x 5 7 x 9 9 x 6 8 x 8; 32 x 2
9 x 8 12 x 9 6 x 8 8 x 11 12 x 8; 32 x 3

AKTIWITEIT 3

20 25 30 35 40 45 60
24 30 36 42 48 54 72
28 35 42 49 56 63 84
32 40 48 56 64 72 96
36 45 54 63 72 81 108
48 60 72 84 96 108 144

KOPKRAPPER

1 x 24 : 241 (1 x 241)

Verdubbel 241 : 482 (2 x 241)

Verdubbel 482 : 964 (4 x 241

Verdubbel 964 : 1 928 (8 x 241)

  1. 615
  2. AKTIWITEIT 5

1.1 (1 000 + 1 000) + (400 + 400) + (30 + 30)

2 000 + 800 + 60

= 2 860

1.2 (2 000 + 2 000) + (300 + 300) + (10 + 10) + (5 + 5)

4 000 + 600 + 20+ 10

= 4 630

2.1 (14 000 + 14 000) + (800 + 800) + (20 + 20)

28 000 + 1 600+ 40

= 29 640

2.2 (36 000 + 36 000) + (900 + 900) + (47 + 47)

72 000 + 1 800+ 94

= 73 894

3.1 100 x 12

= 1 200

3.2 = 10 x 173

= 1 730

KOPKRAPPER

24 20

  1. 16

96 80

3 x 192 4 x 160

Halveer vermenigvuldigtal

Verdubbel vermenigvuldiger

AKTIWITEIT 6

1.1 60; 600; 6 000; 60 000

1.2 90; 900; 9 000; 90 000

1.3 150; 1 500; 15 000

1.4 260; 2 600; 26 000

Sit net 0 by vermenigvuldiger.

2.1 800; 8 000; 80 000

2.2 1 300; 13 000; 130 000

2.3 2 700; 27 000; 270 000

Sit 2 nulle by vermenigvuldiger.

AKTIWITEIT 7

1. 8 x 6 = 6 x 8 ; 23 x 13 = 13 x 23; 124 x 85 = 85 x 124

2. (a) waar

  1. waar

3. Dit maak nie saak in watter volgorde jy vermenigvuldig nie.

AKTIWITEIT 8

1. (a) 1 026

  1. 14 454
  2. 3 105
  3. 77 844
  4. 7 362

KOPKRAPPER

(a) 4 9

  1. onewe
  2. 12 4

Eie antwoord

Eie antwoord

AKTIWITEIT 11

1.1 1 628

1.2 4 104

2.1 1 001

2 002

3 003

52

65

6 006

7 007

2.2 104

9 009

2.3 Vermenigvuldiger word elke keer 13 meer.

2.4 11

111

1 111

1 234

6

123 456 + 7 = 1 111 111

1 234 567 + 8 = 11 111 111

2.5 111 111 111

1 111 111 111

AKTIWITEIT 1.12

x 2 6 7 8 9 10 12 100
5 30 45
6 48 72
7 42 63 84
8 56 96
9 72 108
36 72 360 3 600
48 96 480 4 800
124 248 1 240 12 400

AKTIWITEIT 14

2.1 27 072

2.2 26 358

Uitdaging

1. 347

x 251

___

347

17 350

69 400

______

87 097

2. 526

x 438

_____

4 208

15 780

210 400

_______

230 388

Nog ‘n kopkrapper

4

9

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask