<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 4

Maak jou eie speelgoed

Module 10

Ontwerp en maak jou eie hoed

Aktiwiteit 1

Om oplossings vir die behoefte te vind en die beste oplossing te identifiseer [lu 1.5, 1.6]

Ontwikkel nou jul idees verder

Gesels met jou maats daaroor.

  • Hoe kan julle hoed verbeter word?
  • Maak eenvoudige vryhandsketse daarvan, indien nodig (agterop).
  • Verduidelik ook jul veranderinge. Kies nou ‘n bepaalde hoed en teken jou (eie) beste/finale idees daarvoor (vryhand). Wenke:
  • Moenie bang wees om veranderings aan te bring nie.
  • Verander slegs een aspek op ‘n slag, want dan kan jy dit makliker met jou vorige idee vergelyk.
  • Onthou Speelgoedwêreld se drie vereistes !

Aktiwiteit 2

Om verskillende hoede te maak [lu 1.7, 1.8, 1.9]

  • Kies enige drie hoede en toon aan hoe om dit te maak.
  • Maak vryhandsketse wat die hoofstappe aandui.
  • Maak dit volgens die oorspronklike ontwerp .

Aktiwiteit 3

Om die hoed te evalueer [lu 1.10]

Toets jouself

1. Hoe het jy meeste van die oorspronklike idees van Speelgoedwêreld gevind?

GOED SWAK

2. Watter groot veranderings het julle aangebring?

.............................................................................................................

  1. Voldoen jou hoede aan die nodige spesifikasies? Is dit
eenvoudig om mee te werk? JA NEE
goedkoop ? JA NEE
prakties en kindvriendelik? JA NEE
  1. Laat jou maats jou drie hoede toets. (Dui die gesiggie wat pas aan. Wees heeltemal eerlik!)
TIPE HOED Puik Redelik Swak
  1. Hoe het jy gewerk? Puik Redelik Swak
Voluit
Was my werkarea netjies?
Het ek my maats gehelp?

Assessering

Leeruitkoms 1: tegnologiese prosesse en vaardighede

Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur toepaslike inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

1.5 minstens twee moontlike oplossings vir die probleem of behoefte voorstel wat met die ontwerpopdrag en met gegewe spesifikasies en beperkings (bv. mense, doel, omgewing) skakel, en dit aanteken;

1.6 een van hierdie oplossings kies en redes vir die keuse gee;

1.7 ’n kort beskrywing gee van ‘n plan om iets te maak en die hoofstappe noem;

  • gepaste gereedskap en materiaal gebruik om produkte te maak deur eenvoudige vorms in ‘n verskeidenheid soorte materiaal af te meet, uit te merk en te sny, en dit deur middel van verskeie tegnieke aan mekaar te heg of te las;
  • netjies en veilig werk.
  • met bystand die produk volgens die ontwerpopdrag evalueer, en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Tegnologie graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11098/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask