<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aktiwiteit 3:

Om hoofgedagtes te kan identifiseer en ‘n opsomming daarvan te kan maak en om idees samehangend en logies in verskeie konsepweergawes te kan organiseer

[lu 3.4,4.4]

Lees die volgende artikel en beantwoord dan die vrae wat volg:

Omgewingsentrum vir kinders van oral

Die Parmalat-omgewingsentrum wat vroeër vandeesmaand by Soetwater amptelik geopen is, bied ‘n puik geleentheid vir kinders, en veral dié van agtergeblewe gemeenskappe, om onderrig te ontvang in ‘n groot verskeidenheid aspekte van die omgewing.

Soetwater, die droom van Jan Labuschagne, ‘n voormalige onderwyser aan die Laerskool Kommetjie, het vir 80 kinders en vier onderwysers op ‘n slag plek. ‘n Groot verskeidenheid opvoedkundige aspekte word aangeroer, maar daar is drie fokusgebiede: pret en avontuur, natuur- en omgewingstudie en opvoeding- en gesondheidskwessies.

Wat die natuur- en omgewingstudie betref, het Soetwater baie om te bied. Daar is ‘n ryk biodiversiteit met maklike toegang tot ‘n hele aantal verskillende ekologiese stelsels.

Dié stelsels sluit bergfynbos, duin-madeliefies, seisoenale vleilande sowel as rotskus en sandstrande in.

Kinders en onderwysers word bewus gemaak van allerlei aspekte van Soetwater, soos die Khoi-khoi-visvanggate, skulphope, meer as 200 faunaspesies, 550 floraspesies, die teenwoordigheid van die endemiese swarttobie en die vuurtoring wat steeds in gebruik is.

Skole wat plek wil bespreek vir die driedaagse kamp of vir daguitstappies kan Jane Sanda by 021 783 2806 bel. Leierskampe vir leerlingrade en vakansie-avontuurkampe vir kinders is ook beskikbaar.

Aangepas uit: Die Burger , 19 November 2002

1. Skryf een volsin van nie meer nie as 20 woorde oor wat Soetwater bied.

2. Verduidelik in een volsin van nie meer nie as tien woorde na watter ekologiese stelsels verwys word.

3. Wat beteken dit as hy ‘n “voormalige” onderwyser is? Dit hoef nie ‘n volsin te wees nie, maar dit mag nie sewe woorde oorskry nie.

4. Wat is fauna en flora? Verduidelik in twee aparte sinne. Dit hoef nie volsinne te wees nie, maar saam mag dit nie meer as ag woorde wees nie.

Aktiwiteit 4:

Om ‘n woordeboek te kan gebruik om jou woordeskat uit te brei

[lu 6.1]

1. Gebruik ‘n verklarende woordeboek om die betekenis van die volgende woorde uit te vind. Die woorde kom uit die artikel in Aktiwiteit 3.

1.1 biodiversiteit

  • ekologie
  • seisoenaal
  • endemies

Assessering

LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
2.4 gevorderde interaksievaardighede toon deur aktief aan groepbesprekings, gesprekke, debatte en ondersoeke deel te neem:
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit word bewys as die leerder:
3.4 begrip toon van ’n wye verskeidenheid informatiewe tekste:
3.7 evalueer tegnieke wat in visuele, geskrewe en multimedia-tekste gebruik word om ‘n spesifieke effek te bereik:
LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 met woorde werk:
6.2 met sinne werk:
6.3 werk met tekste:
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingsryke tekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit word bewys as die leerder:
4.4 gebruik die skryfproses onafhanklik en met gemak om tekste te skep:

Memorandum

AKTIWITEIT 1

  • Praat oor die hele vigsprobleem. Die leerders sal baie te sê hê. Maak net seker dat hulle nie die verkeerde idees of inligting het nie.

AKTIWITEIT 2

  • opgewek
  • blindelings
  • wêreldwye
  • rein
  • stouterds
  • Goeie klerestyl of haarstyl
  • Steil bulte
  • sluit die deur
  • die kluienaar slyt die dae alleen in sy kamer
  • slaan die bal raak / raak aan my
  • monnike (let op een “k”)
  • saunas (hoekom nie ’s?)
  • virusse
  • risiko’s (hoekom ’s?)
  • Elkeen van ons word deur die epidemie geraak.
  • Die oogklappe moet (deur mense) gebêre word.
  • Die partytjie gaan (deur ons) ondersteun word.
  • Toiletsitplekke dra nie vigs oor nie.
  • Die skrywer sê dat dit ‘n universele probleem is wat ons almal se aandag verg.
  • Hy wil nie swaarmoedig raak nie; nietemin moet hy die probleem onder ons aandag bring.
  • Dit is ‘n universele probleem; dus verg dit almal se aandag.
  • Dit is ‘n groot probleem, nogstans doen ons niks daaraan nie.

AKTIWITEIT 3

  1. Soetweide bied ‘n groot verskeidenheid opvoedkundige aspekte met die fokuspunt pret, avontuur, natuur- en omgewingsake en opvoedkundige en gesondheidskwessies. (19 woorde)
  2. die bergfynbos, duinmadeliefies, seisoenale vleilande en rotskus en sandstrande (9 woorde)
  3. Hy is afgetree. (3 woorde)
  4. Fauna is diere. Flora is blomme. (6 woorde)

AKTIWITEIT 4

  • verskeidenheid van lewende organismes
  • die verhouding van lewende organismes tot hul omgewing
  • wat volgens seisoen water bevat, al dan nie
  • plaaslik / inheems

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask