<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 9

Skepping, interpretasie en aanbieding

Module 13

Beplan ‘n radio advertensie

DRAMA

In hierdie module gaan ons radio-uitsending ondersoek. Julle opvoeder sal aan julle inligting oor radio-uitsendings verskaf sodat julle ook hierdie aspek van die uitvoerende kunste kan ontdek.

Radio-uitsending is gefokus op die stem. Hou in gedagte dat die ‘gehoor’ – of in hierdie geval, die luisteraars – jou nie kan sien nie, maar slegs kan hoor.

Aktiwiteit 1:

Om ‘n roetine te skep en vir die klas aan te bied: die opwarming

[lu 1.6]

Hier is jou kans om ‘n opwarmingsroetine aan te bied – soos jy graag jou liggaam en stem wil opwarm! Onthou om altyd jou stem baie goed op te warm!

Wenke vir die beplanning en voorbereiding van opwarming:

Ontspanning

  • die eerste prioriteit van die akteur is ontspanning
  • die akteur se liggaam en stem is sy instrumente
  • spanning van enige soort beperk uitvoering
  • spanning wys eerste in die stem a.g.v. vlak asemhaling
  • begin met die skouers
  • beweeg dan na die arms en hande
  • die bolyf is die middelpunt van alle beweging, omdat dit ons asem huisves
  • asemhalingsoefeninge is belangrik
  • eindig hierdie afdeling met oefeninge vir die bene, enkels en die voete

Postuur / Houding

  • fokus daarop om die skouers vierkantig en die maag in te hou en algehele stembeheer te behou
  • die postuur moet gemaklike en ekspressiewe stemgebruik en beweging toelaat

Asemhaling en Stem

  • goeie asemhaling is ‘n fundamentele vereiste vir stemproduksie
  • alle asemhalingsoefeninge moet na ontspanningsoefeninge uitgevoer word
  • die vereistes vir goeie stemproduksie is ontspanning, goeie postuur, genoegsame asemvoorraad, beheerde gebruik van die diafragma en tussenribspiere, ontspanne en onbeperkte mondelinge- en keelresonators, en die vorming van klanke voor in die mond om ‘n keelstem te voorkom en projeksie te bevorder
  • asemhaling moet met die borskas uitgevoer word deur die ribbekas te vergroot, en met die diafragma

Wenke vir die aanbieding van ‘n opwarmingsroetine:

Dit is raadsaam om voor die klas te staan wanneer jy instruksies gee.

Maak seker dat jou instruksies duidelik en hoorbaar is.

Maak seker dat jou instruksies maklik genoeg is vir die klas om te volg.

Demonstreer en verduidelik elke instruksie voordat die klas die oefening doen.

Wees kreatief.

Maak dit pret vir jouself, asook vir die res van die klas.

Aktiwiteit 2:

Om deel te wees van die beplanning van ‘n radio advertensie

[lu 1.7]

Nou kan ons begin met die vervaardiging van die radio-advertensie! Met hierdie module gaan julle ‘n radio-advertensie vir die Afrika-dans in Leereenheid 2 van Module 4 beplan en vervaardig.

Hou in gedagte dat jou gehoor gaan HOOR wat jy doen. Hulle kan jou nie sien nie, daarom is jy aangewese op jou stem, die musiek en die byklanke om sodoende ‘n suksesvolle radio-advertensie te vervaardig.

1. Klankeffekte

  • Eksperimenteer met verskillende klankeffekte deur gebruik te maak van voorwerpe wat in die klas beskikbaar is.
  • Voorbeelde: reën, donderweer, deure wat klap, motors wat remme aanslaan, tee wat geskink word, restaurant-geluide, oerwoud-geluide, ens.
  • Neem die effekte op en speel dit terug aan die res van die klas.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11066/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask