<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Waterfeite

  • meer as 1 miljard mense het in die jaar 2000 nie toegang tot veilige water gehad nie;
  • in Mosambiek het slegs ongeveer 16% van die inwoners toegang tot skoon drinkwater;
  • in Suid-Afrika word daar gemiddeld 638 ℓ water per persoon per dag gebruik slegs 2,5% van die wêreld watervoorraad is vars;

Aktiwiteit 2:

Om navorsing te doen en bevindings neer te skryf

[lu 1.5]

  • Wat is veilige water? Vind uit!
  • Is jou drinkwater veilig?
  • Hoe kan water veilig gemaak word?
  • Is rivierwater altyd veilig?
  • Het almal in jou omgewing toegang tot veilige water?
  • Wat kan gedoen word om alle mense toegang tot veilige drinkwater te verseker?

6. Oorbevolking

Die bevolking in ontwikkelende lande groei baie vinniger as in ontwikkelde lande.

Hou in gedagte dat die bevolking nie alleen toeneem nie – daar is terselfdertyd ‘n ewe groot toename in die behoefte aan voedsel, opvoedingsgeleentheid, behuising, energie en werkgeleentheid. Allerhande sosiale, politieke, ekonomiese en ekologiese probleme raak ook ewe vinnig groter.

Kom ons neem as voorbeeld ‘n land waar die bevolking vinniger toeneem as sy vermoë om voedsel vir sy inwoners te produseer. As die land ‘n sterk ekonomie het en daar is geld om voedsel aan te koop, is alles goed en wel, maar wat dan as dit nie so is nie?

Iewers moet hulp vandaan kom om voedsel aan te koop, en vir baie jare was dit van die sogenaamde “ryk state in die Noorde” wat uitgehelp het. Die vraag moet gevra word of die “ryk” lande vir ewig tot die “arm” lande se redding gaan kom?

In die VSA, Kanada en Europa word baie meer voedsel deur die boere geproduseer as wat die mense van daardie lande benodig. Die oortollige voedsel kan dan aangekoop en versprei word in lande met chroniese tekorte, of waar natuurrampe plaasgevind en groot lyding en ellende veroorsaak het. Ongelukkig is dit ook so dat produksiekoste sò toeneem dat dit baie duur raak om koring, mielies en rys aan te koop om uit te deel waar daar nood is.

7. Armoede

Armoede is honger. Armoede is ‘n gebrek aan skuiling. Armoede is om siek te wees en nie toegang te hê tot ‘n dokter nie. Armoede is om nie toegang te hê tot ‘n skool nie en ‘n onvermoë om te kan lees. Armoede is om werkloos te wees, in vrees te leef vir die toekoms – een dag op ‘n slag.

In die meeste ontwikkelende lande is daar ‘n geweldige groot gaping tussen ryk en arm.

Aktiwiteit 3:

Om die probleem van armoede in my omgewing aan te spreek

[lu 3.1, 3.3]

  • Is armoede in jou omgewing sigbaar? Hoe? Bespreek in jul groepe moontlike idees hoe die armoede in jou onmiddellike omgewing aangespreek kan word. Probeer voorstelle genereer wat op die langtermyn uitkoms sal bied en nie net die kinders vir een aand sal voed nie.

b. Hoe kan ontwikkelde lande die ontwikkelende lande help?

  • “Gesondheid” word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie beskryf as mense se vlak van fisiese, geestelike en maatskaplike welstand. In die arm Suide is voedsel, vars water en sanitasie op ‘n baie lae standaard en die inwoners se algemene gesondheid is baie laer as in die ontwikkelde lande. As iemand nie genoeg kos en water kry nie, is sy liggaam makliker vatbaar vir siektes. Die staat moet baie ondersteuning bied in die bekamping en behandeling van siektes. Wanneer iemand siek is, kan hy/sy ook nie werk nie en die land se ekonomie word verder benadeel.
  • Die ryk Noorde het reeds verskeie organisasies gestig waardeur daar hulp aan arm lande verleen word. Voedsel en mediese voorraad word op ‘n deurlopende basis geskenk. Die swak infrastrukture van die arm lande lei egter weer tot ‘n verdere krisis as dit by die verspreiding van die voorraad kom. So dikwels bereik groot hoeveelhede kos en mediese voorraad nooit die groepe waarvoor dit bedoel is nie. In die VSA, Kanada en Europa word baie meer voedsel deur die boere geproduseer as wat die mense van daardie lande benodig. Die oortollige voedsel kan dan aangekoop en versprei word in lande met chroniese tekorte, of waar natuurrampe plaasgevind en groot lyding en ellende veroorsaak het. Ongelukkig is dit ook so dat produksiekoste sò toeneem dat dit baie duur raak om koring, mielies en rys aan te koop om uit te deel waar daar nood is.
  • Vir baie ontwikkelende lande is die uitvoer van natuurlike hulpbronne en primêre produkte ‘n baie belangrike deel van sy inkomste. Ongelukkig koop die ontwikkelde lande hierdie bronne ten lae pryse aan en verkoop die verwerkte produkte teen baie hoë pryse aan die ontwikkelende lande terug. So rek die gaping tussen arm en ryk al groter.
  • Dit is baie belangrik dat die handel in die teenoorgestelde rigting ook gestimuleer moet word. Ontwikkelde lande moet eenvoudig hul markte meer toeganklik maak vir die ontwikkelende lande. Arm lande moet aangemoedig word om produkte van hul eie te vervaardig en dit dan uit te voer na die ryk lande.

Aktiwiteit 4:

Om ‘n probleem in my eie omgewing aan te spreek

[lu 3.1, 3.3]

  • Armoede bestaan nie net in ander lande of kontinente nie. Vind uit of daar enige ondersteuningsgroepe in jou area is wat hulp aan hulpbehoewendes verleen. Vind uit of jou klas/skool kan betrokke raak en ontwerp ‘n plakkaat om ander aan te spoor om ook betrokke te raak.

c. Hoe kan ek en jy ‘n verskil maak?

Aktiwiteit 5:

Om “handel” op eie bodem aan te moedig

[lu 3.3]

  • Identifiseer die “arm” en “ryk” binne jou eie gemeenskap. Inisieer ‘n geleentheid (mark) waarby die “arm” en “ryk” geleentheid kry om eiesoortige produkte te verhandel en so inkomstes aan te vul.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 inligtingsbronne , insluitend eenvoudige statistiek, identifiseer om die vraag oor ‘n maatskaplike of omgewingsvraaagstuk of –probleem te help beantwoord;
  • relevante inligting vir spesifieke doeleindes uit bronne kies en dit opteken;
  • breedte- en lengteligging gebruik om relevante plekke op kaarte te vind;
  • inligting gebruik om oplossings vir probleme voor te stel;
1.5 verslag doen oor ondersoeke deur bespreking, debat, gestruktureerde skryfwerk, grafieke, tabelle, kaarte en diagramme.
LU 2
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • kan verduidelik waarom meer mense op sommige plekke woon as ander;
  • kan identifiseer hoe toegang tot verskillende soorte hulpbronne ontwikkeling op verskillende plekke beïnvloed;
  • sommige maniere waarop die samelewing die omgewing verander het, beskryf.
LU 3
VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • ongelykhede binne en tussen samelewings identifiseer;
  • sommige faktore wat op verskillende aardrykskundige skale en op verskillende plekke tot maatskaplike en omgewingsongelykheid lei, ontleed;
  • optrede evalueer wat tot die deel van hulpbronne en die vermindering van armoede in ‘n spesifieke konteks lei.

Memorandum

Aktiwiteit 1:

  • Gebrek aan natuurlike hulpbronne
  • S – ontwikkelend (kolonisasie)
  • N – ontwikkeld – hoër vlak van diens

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10999/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask