<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Die bome se afwaartse blare sorg dat sneeu afgly.
  • Takke is buigsaam sodat swaar sneeu nie die takke breek nie.
  • Die dik bas beskerm die stam teen die lae temperature.
  • Die naaldagtige blare het dik buitewande met ‘n waslaag om transpirasie teen te werk.

Ongelukkig het ongekontroleerde mynboumetodes soos oopgroefmynbou, die boor van olie en die vestiging van infrastrukture soos paaie en dorp/stede die natuurlike bioom in ‘n groot mate versteur.

In gebiede met ‘n winterreënval waar die reën ontwikkel uit siklone wat van oor die oseaan kom, tref ons Mediterreense woude aan. Hierdie gebiede het lang, droë somers. Die plantegroei bestaan uit klein, knoesterige bome met leeragtige blare. Struike bedek die meeste van die landskap. Die plante is op verskeie maniere aangepas by die somerdroogtetoestande.

  • Sommige het taai, leeragtige of wasagtige blare om beskerming teen die somerson te verleen en verdamping te beperk (protea).
  • Sommiges het haartjies op hul blare om sonlig te weerkaats (silwerboom).
  • ‘n Dik baslaag rondom die stam beperk verdamping.

Aktiwiteit 3:

Om d.m.v. ‘n collage woudbiome uit te beeld

[lu 1.5]

Kies enige van die bogenoemde woudbiome en maak ‘n collage om dit uit te beeld.

DIE SAVANNE-BIOOM (tropiese grasvelde)

  • Dit is ‘n oorgangsgebied tussen die nat tropiese reënwoude en die droë woestyn- en halfwoestyngebiede. Dit kom oor baie groot dele van Afrika en Suid-Amerika voor, maar word ook in Australië, Sentraal-Amerika en Suidoos-Asië gevind.
  • Die savanne-grasvelde ontvang ‘n jaarlikse reënval van tussen 750 – 1 500 mm per jaar in die somermaande en daarom is verdamping hier baie hoog. Die reënval is ook nie so betroubaar soos dié van tropiese woude nie en droogtes kom gereeld voor. Die winters is droog en wolkloos met sonnige dae en koue nagte.
  • Die landskap het ‘n parkagtige voorkoms. Dit word gekenmerk deur bome en taai grassoorte wat baie hoog word. Meer bome word in die natter dele en langs rivierlope gekry. In die droër dele is die lang gras oorheersend. In die winter verdor die gras en bome se blare val af. Dit word weer ‘n paradys in die lente na die eerste reëns. Bekende boomsoorte van Afrika is die kremetart, mopanie, kiaat, akasia en die kameeldoring met sy sambreelvorm. In Australië is die bloekomboom weer die oorheersende tipe.
  • Vure wat dikwels in die savannestreke woed, verhoed dat bome die oorhand kry. Die hitte vernietig nie die graswortels nie, maar wel die swakker bome. Hulle word uitgewis en maak die veld “oop” en gee die grassoorte ‘n kans om te herleef na die eerste reëns.
  • Groot troppe wei-diere soos sebras, wildsbokke, kameelperde, wildebeeste, ens. kom hier voor.

Aktiwiteit 4:

Om ‘n plakkaat van ‘n savanne-landskap te maak

[lu 1.5]

Die klas verdeel in twee groepe.

  • Groep 1: Versamel foto’s, prente en uitknipsels van die landskap en die verskillende diere wat in die savannes voorkom en maak ‘n groot plakkaat vir die klaskamer.

Groep 2: Versamel inligting oor die verskillende bekende natuurreservate wat in die savannes aangetref word en maak ook hiervan ‘n plakkaat.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10999/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask