<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Opdrag 5:

Om ‘n ervaring op verbeeldingryke wyse te beskryf

[lu 4.4.1]

  1. Voltooi die aanhaling uit die teks:

Toe Kerneels vra: "Is die sterre dan nie van al die planete sigbaar nie, Loeloeraai?", antwoord Loeloeraai:

  1. Beskryf die indrukke wat jy ervaar as jy in die donker in die tuin sit, of op jou rug lê, en opkyk na die sterrehemel.

Opdrag 6:

Om ‘n leesstuk te voltooi deur die ontbrekende woorde in te vul

[lu 3.2]

Hierdie is 'n sluitingsoefening. Voltooi die leesstuk deur die woorde aan die einde van die leesstuk op die mees logiese manier in die gapings in te vul.

Toe Loeloeraai op die knoppie druk, voel ons meteens dat ons opgelig word; en omdat die snelheid aanvanklik gering was en al meer en meer toeneem, het die gevoel van drukking van onder af gebly. Maar ná 'n paar minute, toe die maksimum snelheid behaal was en ons vaart dus eengalig aanhou, was dit dadelik of ons rus onder ons wegraak. Toe ons sien, hang ons almal_______ in ons________

"O magtig, Kerneels," sê ou Stoffel, "ons val! Die ding raak onder ons uit. Hy begin te makeer. Ons __________almal los nes erte in 'n______________.

"Nee, Stoffel,” sê Loeloeraai, "ons styg nou op ons vinnigste. Maar die__________ is afgesny: al wat binne die sfeer is, is absoluut sonder ________- anders kon ons nie van die aarde weggekom het nie. Strek uit jou arm, Stoffel. So. Nou voel jy - jy hoef hom nie reguit te hou nie, hy bly self so. Daarom het ek ons in die spantoue laat gespe. Hierbinne is ons net soos ___________ geeste. Wil julle sien? Kerneels, maak vir Engela tog los en gee haar 'n effentjiese stootjie."

Toe ons weer sien ________ Engela in die _______ ,in die middel van die sfeer.

"Nou kan jy jou hou in watter postuur jy wil, Engela - sit of lê of staan of hang, dis alles eners. En voel jy? Daar is geen stuk onder of bo nie."

"Ai, maar dis heerlik!" sê Engela. En sy draai haar na alle koerse toe. "So 'n sagte rusplek is daar op die aarde nergens te kry nie. Ek is soos 'n _________ gewieg in die lug."

swaartekrag, lug, los, ontliggaamde, spantoue, sweef, geskudde blaas, gewig, swewende seepblasie.

Mark Shuttleworth en sy twee mede-ruimtereisigers hetegter 'n honderd jaar later 'n totaal ander ervaring van swaartekrag ervaar.

Wat is swaartekrag?

Mikroswaartekrag is 'n term wat algemeen gebruik word om die omgewing of toestande te beskryf wat ontstaan wanneer 'n voorwerp vryval in die swaartekragveld van 'n hemelliggaam soos die aarde. Die woord beteken letterlik klein of verminderde swaartekrag. Dit is egter misleidend, omdat dit die indruk wek dat swaartekrag grootliks afwesig is, terwyl dit nie die geval is nie. Op 'n hoogte van ongeveer 400 km bo die aardoppervlak waar die internasionale ruimtestasie (IRS) wentel, is die swaartekrag wat 'n voorwerp ondervind steeds ongeveer 90 % van die waarde wat dit op die aardoppervlak het. Vir 'n ruimtevaarder wat saam met die IRS besig is om vry te val, voel dit egter of hy/sy geen swaartekrag ondervind nie en dus "gewigloos" is.

Die IRS en alles en almal daarbinne, bevind hulle in 'n toestand van vryval. Hoewel hulle in 'n wentelbaan beweeg, is hulle besig om voortdurend na die aarde toe te val.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask