<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 7

Stelsels en beheer: elektrisiteit

Module 13

Om ‘n elektroniese wiskundige speletjie te maak – deel 2

Ontwerp: Finale werktekening

Wenk aan die onderwyser: Leerders kan die projek in groepe van drie aanpak. Een leerder ontwerp en maak die vooraansig (deksel), een leerder ontwerp en maak die stroombaan in die speletjie en die derde leerder ontwerp en maak die houer waarin die stroombaan geplaas word.

Leerder 1:

Skets die vooraansig (2D-tekening) van die elektroniese speletjie.

(Gebruik sketse van dele, knip uit en plak.)

Leerder 2:

Skets die uitleg van die elektriese stroombaan in die houer. Verskaf ook die nodige byskrifte.

(Gebruik sketse van dele, knip uit en plak.)

Assessering van vooraansig van elektroniese speletjie

  1. (Ses, vier/vyf, twee/drie, een/geen) van die komponente word aangedui.
  2. Die lengte en breedte van (drie, twee, een, geen) komponente (drie, twee, een, geen) word aangedui.
  3. Die deursnee van (drie, twee, een, geen) komponente (lig, gonser, spleetspelde) word aangedui.
  4. Die posisie van (ses, vyf/vier, twee/drie, een/geen) komponente word aangedui.
  5. Die lengte en breedte van die isoleerbord word gegee met (projeksie- en dimensie-/ sommige / geen) lyne.
  6. Al die komponente is gerangskik in ‘n (uitstekende / goeie / soort van ‘n / geen) patroon.

Skets ‘n stroomdiagram. Gebruik al die korrekte simbole en verskaf ook ‘n sleutel om elke simbool te verduidelik.

Assessering van ontwerp van elektriese stroombaan

Ja Nee
1. Weerstand is in serie met lig.
2. Twee drade loop van gonser direk na konnektor/s.
3. Twee drade loop van gloeilamp direk na konnektor/s
4. ‘n Draad elk vanaf gonser en gloeilamp loop deur een opening van konnektor.
5. Die ander twee drade vanaf die gonser en gloeilamp loop deur een opening van die konnektor.
6. Een draad vanaf die konnektor gaan na die battery en buitentoe.
7. Die ander draad vanaf die konnektor gaan dadelik buitentoe
8. Beide buitedrade het pole aan
9. Lengte en breedte van isoleerbord word aangedui..
10. Vyf ander dimensies word aangedui
11. Rooi draad loop vanaf battery na gloeilamp en gonser
12. Swart draad loop vanaf gloeilamp en gonser na battery
13. Sleutel is volledig en korrek.
14. Stroomdiagram is volledig en korrek

Assesseringskaal

4 3 2 1
Twaalf tot veertien ja’s. Sewe tot elf is ja. Drie tot ses is ja. Een/ twee is ja.

Leerder 3:

Ontwerp:

Skets en beplanning van houer vir stroombaan in isometries. Dui die tesselasie-patroon aan en gebruik ‘n isometriese ruitnet.

Ontwerp die net van die houer/boks op ‘n A3 grafiekpapier.

Assessering van ontwerp van houer

4 3 2 1
Vier afmetings is gegee. Drie afmetings is gegee. Twee afmetings is gegee. Een/geen afmetings is gegee.
Vier korrekte flappe. Drie korrekte flappe. Twee korrekte flappe. Een/geen korrekte flappe.
Breedte van flappe 10 mm en netjiese hoeke. Breedte van flappe te groot of te klein en netjiese hoeke. Breedte van flappe te groot of te klein met skerp hoeke. Breedte van flappe verskil almal met skerp hoeke.
Flappe vorm ‘n patroon. Flappe vorm geen patroon.
Skuinsaansig en isometries korrek op skaal. Skuinsaansig of isometries korrek op skaal. Niks is op skaal, maar wel geteken. Niks is geteken.
Drie sye het ‘n tesselasiepatroon in kleur. Twee sye het ‘n tesselasiepatroon in kleur. Een sy het ‘n tesselasiepatroon in kleur. Een sy het net halfpad ‘n tesselasiepatroon in kleur of sonder kleur.
Tesselasiepatroon 10 mm by 10 mm en is netjies en pas in. Tesselasiepatroon 10 mm by 10 mm , maar nie netjies. Tesselasiepatroon te groot of te klein. Geen tesselasiepatroon op boks.
Oorheersende kode:

Assesseringsmatriks van opvoeder

Ontwerp

Moontlike idees

4 4 – 6 moontlike en relevante oplossings is gegee, oorspronklik met beskrywende byskrifte.
3 3 – 4 moontlike en relevante oplossings is gegee, oorspronklik met beskrywende byskrifte.
2 Baie elementêre idees is gegee met min of geen byskrifte en verduidelikings.
1 Geen moontlike idees is gegee.

Finale ontwerp van 1, 2 of 3

4 Netjiese, beskrywende 2D-ontwerp: toon gedetailleerde byskrifte, notas, afmetings, materiaal, kleur, verhouding, skaduwing
3 2D-ontwerp: toon byskrifte, notas, afmetings, materiale, kleur, verhouding, skaduwing
2 Baie eenvoudige 2D-ontwerp met min byskrifte en notas
1 Geen finale ontwerp word getoon

Onderwyser: Datum:

Kommentaar:

Ouer: Datum:

Kommentaar:

Bronne benodig vir maak van produk

Materiaal gebruik Grootte / Afmetings (lengte, breedte, diepte, hoogte) Hoeveel-heid Gereed-skap gebruik Aksie
Leerder 1:
  • Vir deksel.
Leerder 2:
  • Vir elektriese stroombaan.
Leerder 3:
  • Vir houer van stroombaan.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask