<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 9

Die aarde, sterrestelsels en ruimteprogramme

Module 14

Die son

Vir ons is die aarde die middelpunt van ons bestaan, en vir baie jare het mense geglo dat die aarde ook fisies die middelpunt van alles is. Dit was Copernicus (1473-1543) wat wegbeweeg het van hierdie geosentriese opvatting en sy heliosentriese teorie geformuleer het. Dit het groot opspraak verwek en die wetenskap in ’n ander rigting gedwing. Johannes Kepler (1571-1630) het hierdie teorie verder uitgebrei en beweer dat planete in ons sonnestelsel in wentelbane om die son beweeg. Hy het so sy drie wette van planetêre beweging geformuleer.

Die Son – Ons Ster

  • Die son is ’n tollende bal van vuur (brandende waterstof en heliumgasse). Dit is 1,3 miljoen keer die aarde se volume en 333 420 keer so swaar.
  • Die drukking in sy kern is geweldig en omskep die son in ’n reuse-kernkrag­sentrale. Dit smelt waterstofatome en skep so temperature van tot 15 miljoen °C. Dit alles maak dat die son se oppervlak (fotosfeer) in ’n inferno omskep word wat by die 5 500°C gloei.
  • Die son het vlekke wat in sonvlamme van tot sowat 100 000 km uitskiet. Hierdie sonvlamme kan versteurings in radiogolwe veroorsaak.
  • Ons noem die son se atmosfeer die chromosfeer wat buite-om deur die Korona omring word.
  • Die SOHO ( Solar and Heliospheric Obervatory) is in 1995 deur NASA gelanseer en wentel nou om die son met die uitsluitlike doel om inligting na die aarde deur te stuur.

Sonsverduisteringe

  • SONSVERDUISTERINGE ontstaan wanneer die maan tussen die aarde en die son inbeweeg. Baie keer is die verduistering gering en dan lyk dit soos op 21 Junie 2001 waartydens die son net effe verduister het – slegs effens skemer. ’n Algehele sonsverduistering is egter iets heeltemal anders. Dit word dan heeltemal donker. So ’n verduistering het op 4 Desember 2002 in die Noordelike dele van ons land plaasgevind toe dit geheel en al donker geword het.
  • Enige gegewe dorp of plek op die aarde sal in elke tydperk van 50 jaar sowat 40 maanverduisterings en 20 gedeeltelike sonsverduisterings ervaar. ’n Totale sonsverduistering soos die een in Desember 2002 word slegs eenmaal in 400 jaar op die betrokke plek ervaar!
  • Die volgende algehele sonsverduistering in Suid-Afrika sal eers in November 2030 wees.
  • Die donker gedeelte noem ons die umbra ( U ), of gebied van algehele skaduwee.
  • Die sykante is net gedeeltelik geskadu en word die penumbra ( P ) genoem.
  • ’n Volle eklips duur slegs 7,5 minute, aangesien die aarde roteer.
  • Slegs persone wat gedurende die dag hulleself op die pad van die skaduwee van die eklips bevind, sal die verduistering kan waarneem.

SonMaanAarde U P

  • Verskeie voorsorgmaatreëls om die oë te beskerm word dan ook gewoonlik in die media bekend gemaak. Permanente oogskade kan opgedoen word, indien die regte voorsorgmaatreëls nie gevolg word nie.
  • Spesiale brille kan gemaak of gekoop word. ’n Eenvoudige manier sou wees om ’n stukkie karton uit te knip wat oor jou oë sal pas en ’n venstertjie uit te knip. Dit moet dan met ’n dubbellaag van die foelie waarin teesakkies verpak word, toegeplak word.

Om meer van sonsverduisteringe te leer

Besoek die volgende webruimtes om meer van sonsverduisteringe te leer.

Vind ook meer uit oor verskillende kulture se gelowe in antieke tye oor sonsverduisteringe.

Wat het die Chinese geglo? En die mense van Tahiti?

Pythagoras uit die ou Griekse beskawing was egter die eerste om dit te verklaar. Hoekom dink jy was dit so?

Assessering van Navorsingsverslag:

Het jy a) beplan hoe jy inligting sou bekom b) informasie ingesamel c) informasie en bevindinge gekommunikeer?

[LU 1.1; LU 1.2; LU 1.3]

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit word bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke beplan;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.

Memorandum

Navorsingstaak

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask