<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 4

Module 13

Geslagsvorme

Aktiwiteit

Om meer van geslagsvorme te leer

  1. Die prent hierbo is dié van die Bloemenhof-paleis. Dis 'n enorme en baie indrukwekkende woning. Natuurlik is dit die woning van 'n koning, Koning Karel en sy gesin.

Vandag is die paleis in rep en roer. Dit is die prinses se troudag. Die bruidegom se broer is strooijonker . Hy is natuurlik ook die prinses se aanstaande swaer . Die prinses se niggie is die strooimeisie . Die koning gaan sy dogter kerk toe vergesel in 'n luukse motor. Die prinses se mammie sal 10 minute voor hulle kerk toe vertrek en sy word vergesel deur die prinses se ouma en haar tante . Haar tante is 'n weduwee , want haar man is oorlede. Die orreliste sal die troumars begin speel wanneer die bruid gereed is om in te stap. Die sangeres wat hulle gaan toesing, is 'n groot vriendin van die prinses.

Daar is baie gaste na die huwelik uitgenooi. Natuurlik is daar baie bekende mense op die gastelys. Daar is onder andere 'n beroemde danser , 'n bekende skrywer , 'n akteur of twee en 'n baie beroemde rugby speler . Selfs twee gewese onderwyseresse van die prinses, 'n mejuffrou Nel en mevrou Gouws, is genooi. Die prinses se sekretaresse het die uitnodigings uitgestuur en dit was 'n baie groot werk. Die onthaal gaan 'n spoggerige affêre wees, met 'n deftig geklede kelner wat elke tafel se gaste moet bedien.

Die strate na en van die kerk sal ook stampvol mense wees, want die prinses is menige meisie se heldin . Hulle sal natuurlik net kan droom om die eienares van so 'n pragtige rok te wees. Dis mos baie meisies se droom om 'n prinses te kan wees en om in 'n pragtige paleis te kan woon!

  1. Jy het seker al agtergekom dat al die skuinsgedrukte woorde geslagsvorme is. Jy moet nou elke skuinsgedrukte woord onder Manlik of Vroulik op die volgende bladsy neerskryf en die teenoorgestelde geslagsvorm langsaan invul.

MANLIK VROULIK

.......................................................... .............................................................

.......................................................... ..............................................................

......................................................... ..............................................................

........................................................ ..............................................................

......................................................... ..............................................................

......................................................... ..............................................................

......................................................... ..............................................................

....................................................... ...............................................................

....................................................... ................................................................

...................................................... ................................................................

...................................................... ................................................................

...................................................... .................................................................

  1. Hierdie geslagsvorme is almal van mense, maar wat van diere? Die skets op die volgende bladsy is van ‘n plaastoneel. Jy sal sien daar is verskeie diere op die plaaswerf. Jy moet die dier eers identifiseer en die diersoort heel links neerskryf. Daarna word die Manlike en Vroulike kolomme ook voltooi. Die eerste voorbeeld is reeds gedoen.
DIERSOORT MANLIK VROULIK
hoender haan hen
………………………..……………………….. ………………………...………………………... ………………………..………………………..
………………………..……………………….. ………………………...……………………….. ………………………..………………………...
………………………..……………………….. ………………………..………………………. ……………………………………………………
………………………...……………………….. ……………………….………………………. ……………………………………………………

Assessering

Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

6.2 met sinne werk:

  • algemene selfstandige naamwoorde verstaan en gebruik, asook getal, geslag en verkleinwoorde.

Memorandum

Aktiwiteit (b)

MANLIK VROULIK
prins prinses
bruidegom bruid
broer suster
strooijonker strooimeisie
swaer skoonsuster
neef niggie
seun dogter
pappie mammie
oupa ouma
oom tante
wewenaar weduwee
orrelis orreliste
sanger sangeres
vriend vriendin
danser dansers
skrywer skryfster
akteur aktrise
speller speelster
onderwyser onderwyseresse
jongeheer mejuffrou
meneer mevrou
sekretaris sekretaresse
kelner kelnerin
held heldin
eienaar eienares

(c)

Diersoort Manlik Vroulik
hoender haan hen
skaap ram ooi
perd hings merrie
bees bul koei
vark beer sog
kalkoen kalkoenmannetjie kalkoenwyfie
hond reun teef

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask