<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 6

Uitdrukking en kommunikasie

Module 8

Die gebruik van artefakte by kulturele rituele

Visuele Kuns

Aktiwiteit 1:

Om ‘n oorsig te kan gee oor die gebruik van artefakte by kulturele rituele (individueel)

[lu 4.5]

Julle het reeds in Musiek, Drama en Dans kennis gemaak met rituele en seremonies. Vanaf die vroegste tye is daar van kunsvoorwerpe of artefakte gebruik gemaak gedurende rituele. Artefakte is voorwerpe wat deur die mens gemaak is, soos byvoorbeeld wapens, gereedskap, kleding, juweliersware, maskers en houers vir kos, water, ensovoorts. Artefakte verskaf belangrike leidrade tot die ontrafeling van die menslike evolusie, ekologiese toestande, asook prehistoriese beskawings. Van die oudste artefakte is ruwe klipimplemente wat tot drie miljoen jaar terugdateer.

Artefakte is dus mensgemaakte voorwerpe wat in die verlede gemaak is, maar in die hede behoue gebly het en kan as verteenwoordigend van sekere kulture gesien word. Reeds 50 000 jaar gelede is hierdie vorm van kuns gebruik tydens rituele en seremonies waar daar byvoorbeeld vir die geeste gevra is vir suksesvolle jagtogte. Wat ons vandag as antieke artefakte beskou, was vir daardie kulture alledaagse gebruiksvoorwerpe vir oorlewing en is beslis nie beskou as antiek of ‘n vorm van kuns nie.

Vandag kommunikeer die mens, bewustelik of onbewustelik, deur middel van simbole. Selfs wanneer ons taal gebruik, hou ‘n woord byvoorbeeld nie direk verband met die voorwerp of idee wat dit verteenwoordig nie, maar is eerder ‘n simbool daarvan. Net so is rituele onskeibaar van enige kultuur. Basies is ‘n ritueel ‘n opvoering, beplan of ‘n improvisasie, wat die alledaagse lewe in ‘n ander konteks verplaas. Die krag van so ‘n ritueel lê in die herhaling daarvan. Wanneer ‘n ritueel bewustelik beplan word, word dit ‘n seremonie genoem. Seremonies oorbrug alle kulturele en etniese grense. Dink byvoorbeeld aan ‘n massa mense van verskillende kultuurgroepe wat opstaan wanneer die volkslied gespeel word. Die idee van seremonies kom bykans in alle kulture en lande voor en word dikwels as ‘sosiale drama’ beskryf.

Sommige rituele het oor die jare heen deel geword van kulture en kom in alle gemeenskappe voor as ‘n herbevestiging van sosiale waardes. Die vier fokuspunte in elkeen se lewe, ongeag van die gemeenskap of kultuurgroep, is GEBOORTE – PUBERTEIT – HUWELIK – DOOD.

Beantwoord die volgende vrae oor bogenoemde gebeurtenisse binne julle eie gemeenskap asook TWEE ander gemeenskappe.

Vraelys:

Gebeurtenis Betrokkegemeenskap Artefaktegebruik
GEBOORTE
1.
2.
3.
PUBERTEIT
1.
2.
3.
HUWELIK
1.
2.
3.
DOOD
1.
2.
3.

Aktiwiteit 2:

Om maskers as artefakte vir rituele te kan skep(individueel)

[lu 4.5]

Kyk mooi na die verskillende tipes maskers hieronder en bespreek dan die ooreenkomste en verskille tussen die onderskeie maskers en enige ander voorbeelde van maskers waaraan julle kan dink of wat julle al gesien het.

Besluit vir watter een van die bogenoemde rituele julle ‘n masker wil maak. (Hierdie maskers kan ook vir die Drama-opvoering gebruik word.)

Julle moet ook ten minste twee ander artefakte vir dieselfde ritueel kan beskryf en demonstreer.

MAAK VAN ‘N MASKER

Stap 1

Neem ‘n stuk sagte karton, groot genoeg om jou kop te pas, en vou dit om sodat die twee ente vasgekram kan word.

Stap 2

Pas die ronde stuk karton oor jou kop en maak merkies waar jou oë en mond geleë is. Verwyder die karton en skeur gaatjies groot genoeg vir die oë om deur te kan sien en vir die mond om deur asem te haal en te praat.

Stap 3

Heg ‘n neus (toiletrolletjie of enige ander geskikte kartonhouertjie) aan die voorkant van die masker en begin byvoorbeeld wenkbroue, ore, lippe, tande, hare en/of ‘n baard bylas. Maak gebruik van ander afvalmateriale soos wol, gare, knope en botteldoppies.

Stap 4

Gebruik nou waskryte of pastelle om kleur aan die masker te gee deur die oë en mond te omlyn. Probeer ook om kleurvolle patrone vir versiering op die masker te gebruik.

Aktiwiteit 3:

Om muurskilderye na te vors en om self een te ontwerp (individueel)

[lu 4.6]

As inleiding tot hierdie aktiwiteit moet julle eers in julle eie omgewing gaan kyk na MUURSKILDERYE as ‘n vorm van kommunikasie. Gedurende hierdie navorsing moet jy kyk na:

 Die beoogde boodskap (wat probeer die muurskildery sê of kommunikeer?);

 Teikengroep (op wie is die muurskildery gemik – jongmense, ouer mense, vrouens, mans, ‘n sekere kulturele groep, ens?);

 Tegnieke (hoe en waarmee is die muurskildery gemaak?);

 Gepaste materiale (is die materiale geskik vir ‘n muur?);

 Tekens (enige herkenbare tekens?);

 Simbole (enige simbole verwant aan die onderwerp of kultuur?).

Wanneer julle van die huis af skool toe gaan of terug, sal julle graffiti op ‘n verskeidenheid plekke sien. As julle nie voorbeelde van muurskilderye kry nie, kan julle ook graffiti volgens die punte hierbo ontleed. Probeer om die verskille tussen goeie en vandalistiese graffiti raak te sien.

Na bespreking van ‘n paar voorbeelde van muurskilderye in die klas, moet elkeen ‘n ontwerp vir ‘n muurskildery-paneel op papier skep. Kies eers saam met Juffrou of Meneer ‘n spesifieke tema, soos byvoorbeeld die werk van ‘n bekende kunstenaar, VIGS of omgewingsbewaring, bekende artefakte of selfs rituele en seremonies.

Wanneer julle elkeen ‘n ontwerp op papier geteken het, sal julle onderwyser vir elkeen ‘n blok buite die klaskamer gee. Nou kan julle met gekleurde bordkryte julle ontwerpe binne die sementvierkantjie teken.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE Die leerder is in staat om te analiseer en om ‘n verskeidenheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
VISUELE KUNS (4.5 - 4.6)
  • die gebruik van verskeie artefakte in kulturele rituele kan demonstreer en beskryf; en
  • muurskilderye in eie gemeenskap as ‘n vorm van kommunikasie kan navors met die klem op die beoogde boodskap, teikengroep, tegnieke, gepaste materiale, tekens en simbole.

Questions & Answers

how do you get the 2/50
Abba Reply
number of sport play by 50 student construct discrete data
Aminu Reply
width of the frangebany leaves on how to write a introduction
Theresa Reply
Solve the mean of variance
Veronica Reply
Step 1: Find the mean. To find the mean, add up all the scores, then divide them by the number of scores. ... Step 2: Find each score's deviation from the mean. ... Step 3: Square each deviation from the mean. ... Step 4: Find the sum of squares. ... Step 5: Divide the sum of squares by n – 1 or N.
kenneth
what is error
Yakuba Reply
Is mistake done to something
Vutshila
Hy
anas
hy
What is the life teble
anas
hy
Jibrin
statistics is the analyzing of data
Tajudeen Reply
what is statics?
Zelalem Reply
how do you calculate mean
Gloria Reply
diveving the sum if all values
Shaynaynay
let A1,A2 and A3 events be independent,show that (A1)^c, (A2)^c and (A3)^c are independent?
Fisaye Reply
what is statistics
Akhisani Reply
data collected all over the world
Shaynaynay
construct a less than and more than table
Imad Reply
The sample of 16 students is taken. The average age in the sample was 22 years with astandard deviation of 6 years. Construct a 95% confidence interval for the age of the population.
Aschalew Reply
Bhartdarshan' is an internet-based travel agency wherein customer can see videos of the cities they plant to visit. The number of hits daily is a normally distributed random variable with a mean of 10,000 and a standard deviation of 2,400 a. what is the probability of getting more than 12,000 hits? b. what is the probability of getting fewer than 9,000 hits?
Akshay Reply
Bhartdarshan'is an internet-based travel agency wherein customer can see videos of the cities they plan to visit. The number of hits daily is a normally distributed random variable with a mean of 10,000 and a standard deviation of 2,400. a. What is the probability of getting more than 12,000 hits
Akshay
1
Bright
Sorry i want to learn more about this question
Bright
Someone help
Bright
a= 0.20233 b=0.3384
Sufiyan
a
Shaynaynay
How do I interpret level of significance?
Mohd Reply
It depends on your business problem or in Machine Learning you could use ROC- AUC cruve to decide the threshold value
Shivam
how skewness and kurtosis are used in statistics
Owen Reply
yes what is it
Taneeya
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11006/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask