<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Voor jy die onderstaande vrae beantwoord, bedek eers die teks. Jy mag nie nou weer lees nie. Omsirkel slegs die korrekte letter by elke stelling.

Die Knysna-papegaai is ook bekend as die

  • rooiskouerpapegaai
  • rooivlerkpapegaai
  • groennekpapegaai

Die Knysna-papegaai word so groot soos

  • 750 mm
  • 120 mm
  • 350 mm

Die voëls maak hul neste

  • in gate laag teen die stam
  • in gate hoog teen die stam
  • in die toppe van bome
  • in gate hoog op in dooie takke van bome

Terwyl hul vlieg

  • is hul stil
  • maak hulle baie geraas
  • vlieg hul in ‘n V-formasie

Hulle eet slegs

  • die skil van die vrugte wat hul eet
  • die saad van die swartwattelboom
  • die pitte van die vrugte wat hul eet
  • die kern van die pit van die vrugte wat hul eet

Die Knysna-papegaai kom voor

  • slegs in die woude van die Oos-Kaap
  • slegs in die Knysna-bosse
  • in die Knysna-bosse en in die bosse van die Oos-Kaap

As hulle kos vreet,

  • is hulle redelik stil
  • raas hulle baie
  • raas hulle en vlieg in die lug rond met die vrugte wat hulle eet

Hulle word onwettig bekom deur

  • volwasse papegaaie in hokke te sit wat as lokvoëls dien
  • eiers uit die neste te verwyder
  • voëlgom aan die neste te smeer

Hulle kom ver van hul skuilplekke voor, tot so ver as

  • 30 km
  • 230 km
  • 130 km

Die hoofrede vir die afname in hulle getalle is dat

  • hul natuurlike woonplek (habitat) verwoes word
  • hul deur jagters as ‘n lekkerny gejag word
  • hul verkoop nou gewettig is

Aktiwiteit 7:

Om hoofletters en punktuasie reg te gebruik

[lu 6.2.9]

(a) Hoekom word Mei, September en Oktober met hoofletters gespel?

  1. Die Knysna-papegaai hou van die saad van die geelhout-, olienhout- en swartwattelboom. Hoekom is daar ‘n komma tussen geelhout en olienhout?
  2. Die wetenskaplike het gesê: “Die Knysna-papegaai is ‘n bedreigde spesie.” Hoekom is die laaste gedeelte van bostaande sin in aanhalingstekens? Hoekom is daar ‘n dubbelpunt voor die eerste aanhalingsteken? Let wel dat ons na ‘n dubbelpunt met ‘n kleinletter begin as ons iets opsom. Die Knysna-papegaai se dieet bestaan uit die volgende sade: geelhoutsaad, olienhoutsaad en die sade van die swartwattelboom.
  3. Wanneer ons iets uitroep of iets met krag wil sê, gebruik ons ‘n uitroepteken soos in die volgende gevalle: Die Knysna-papegaai word bedreig! Red hom!
  4. Skryf nou die volgende gedeelte i.v.m. die strandwolf oor deur die korrekte leesstekens te gebruik:

Die strandwolf is ‘n alleenlopende sku nagdier. Hy kom deesdae verspreid in limpopo voor. Op die vergadering van wetenskaplikes het professor Hayes met krag uitgeroep die mens is aandadig aan die strandwolf se vinnig-dalende getalle.

Aktiwiteit 8:

Om samehangende paragrawe te skryf

[lu 4.4.3]

Skryf twee paragrawe (ongeveer 120 woorde) oor ‘n bedreigde dier (spesie) in ons land of elders in die wêreld of vertel van die onwettige handel in wilde diere.

Aktiwiteit 9:

Om korrekte woordverdelings te maak

[lu 6.1.7]

Die Suid-Kaaplandse dorp, Hermanus, het sy ontstaan te danke aan ‘n fontein wat ‘n sekere Hermanus Pieters gelok het. Vandag is die dorp ‘n bekende strand- en aftreedorp. Pieters, ‘n Hollander, het vroeg in die negentiende eeu na die Kaap gekom. Hy was ‘n reisende onderwyser wat ook skape aangehou het. Die dorp was voorheen bekend as Hermanuspietersfontein.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask