<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 5

Persoonlike ontwikkeling

Module 18

Ontwikkeling van eie studiemetodes

Gebruik van ‘n “webkaart” as studiemetode om werk te hersien.

‘n Webkaart is die gebruik van sleutelwoorde in ‘n gekleurde diagram. Hierdie sleutelwoorde roep belangrike feite op. Onthou: in plaas van sleutel woorde kan jy ook sleutel sketse of prentjies gebruik.

Aktiwiteit 1:

Om 'n webkaart oor studiemetodes te ontwerp

[lu 3.6]

Werk op ‘n groot stuk papier met kleurpotlode.

Die opvoeder lees ‘n onderwerp, bv. visse.

  • Skryf die woord “vis” in die middel van jou bladsy.
  • Trek ‘n gekleurde sirkel om die woord. Jy kan ook ‘n vinnige eenkleurskets van ‘n vis maak rondom die woord.
  • Gebruik nou ‘n ander kleur vir elke nuwe feite-“draad”. Die drade vloei almal vanuit die middelste woord, amper soos ‘n spinnekopweb.
  • Brei elkeen van hierdie drade nou verder uit met kleiner trefwoorde of sketse.

Onthou:

Probeer elke webkaart anders maak en probeer kreatief dink. Moet net nie te veel tyd spandeer om ‘n kunswerk daarvan te maak nie.

Dit spaar tyd om van simbole en vorm gebruik te maak, i.p.v. woorde, byvoorbeeld  vir goed of korrek en  vir swak of verkeerd.

Aktiwiteit 2:

Om jou eie webkaart te ontwerp

[lu 3.6]

Gebruik die werk wat jy vir die volgende toets moet leer en ontwerp jou eie webkaart.

Volg die vier basiese stappe:

  1. Lees die gedeelte wat jy moet leer noukeurig deur. Maak seker dat jy die inhoud verstaan.
  2. Lees dit nog ‘n keer deur, maar onderstreep of “highlight” feite wat jy as belangrik beskou. Dit is hierdie feite wat jy later moet onthou.
  3. Gebruik nou kleurpotlode of gekleurde filtpenne om ‘n “webkaart” op te trek. Jy gaan nou van jou onderstreepte sleutelwoorde gebruik maak. Hierdie sleutelwoorde gaan die inhoud van die werk wat jy gelees het, ontsluit.
  4. Trek eers ‘n webkaart op vir byvoorbeeld ‘n hele hoofstuk wat jy moet leer. Hierna volg afsplit-webkaarte wat onderafdelings in meer detail opbreek.

Nog ‘n wenk:

Maak gebruik van ‘n “eselsbrug” om ‘n aantal verwante feite te onthou, byvoorbeeld die volgorde van die kleure van die reënboog:

R ooi, O ranje, G eel , G roen, B lou, D onkerblou, P ers

R alie O f G ert G robler B yt D ie P erske

Assessering

LU 3

persoonlike ontwikkeling

Die leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy/haar wêreld te reageer.

Dit word bewys as die leerder:

3.1 persoonlike suksesse identifiseer en ‘n aksieplan ontwikkel vir die voortgesette vorming van ‘n positiewe selfbeeld;

3.2 begrip van en respek vir liggaamsveranderings toon;

3.3 op ‘n gepaste manier uitdrukking gee aan ‘n verskeidenheid gevoelens en dit respekteer;

3.4 maniere ondersoek en evalueer om doeltreffend op gewelddadige situasies en kontekste te reageer;

3.5 besin oor hoe terugvoering gegee en ontvang kan word;

3.6 ‘n persoonlike studiemetode ontwikkel en implementeer.

Memorandum

Die modules 14-18 fokus op die ontwikkeling van die intellektuele potensiaal van elke leerder en die vaslegging van korrekte studiemetodes. leerders word hier ook toegerus om die emosies en groepsdruk wat met die naderende adolessensie toenemend ‘n probleem kan word, effektief te hanteer. opvoeders kan gerus van buitesprekers bv. sielkundiges en beraders gebruik maak om hierdie aspek verder uit te bou.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10982/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask