<< Chapter < Page Chapter >> Page >

.............................................................................................................

Aktiwiteit 4

Om jou eie mening te gee [lu 4.1.5]

AS 'N NUWE BABA SOU OPDAAG ...! ('n Mondeling en skriftelike groepaktiwiteit)

Wat sal gebeur as daar 'n nuwe baba by jul huis sou opdaag?

Dink hoe dit sal wees. Skryf alles neer wat goed en lekker (positief) daaroor sal wees en alles wat sleg (negatief) sal wees. Werk saam in jul groepe.

POSITIEF .................................................................................

...............................................................................................................

NEGATIEF ................................................................................

...............................................................................................................

...............................................................................................................

...............................................................................................................

...............................................................................................................

Aktiwiteit 5

Om van gebeure te vertel [lu 2.3.3]

MY EIE FAMILIE (Mondeling en teken)

Jy het nou baie van ander families gelees. Kom vertel aan die res van die klas van jou eie familie of gesin. Hoe groot is jou gesin? Wat doen julle as die hele familie bymekaarkom? Dalk het iets interessants in jou familie gebeur.

Die leerders kan in groepies met mekaar praat, terwyl die opvoeder bysit en hulle assesseer, of elke kind kan individueel praat.

Teken nou jou familie of gesin in die ruimte hieronder.

Assessering

Leeruitkoms 2: praat

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.2 op kultureel gepaste maniere optree:

2.2.3 van een taal na ‘n ander oorskakel, waar gepas (soos om ‘n vreemdeling wat nie jou taal praat nie, te groet);

2.3.3 mense, voorwerpe en eenvoudige prosesse beskryf.

Leeruitkoms 3: lees en kyk

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.2 op ‘n eenvoudige manier begrip toon van sommige elemente van poësie:

  • woorde wat rym (soos: kring, ring).

Leeruitkoms 4: skryf

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.1 skryf om inligting oor te dra:

4.1.5 mening skriftelik uitdruk (soos of ‘n boek interessant of vervelig is).

Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

6.2 verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

6.2.5 eenvoudige voorbeelde van die ontkennende vorm (soos: Ek werk nie; Ek kan nie gaan nie);

6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleiningsvorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: rok/rokke; appel/appels; boekie; skoentjie; man/vrou; seun/meisie).

Memorandum

Aktiwiteit 1

(a)

AVRAE BANTWOORDE
Is Oupa jonk? Nee, Oupa is oud.
Is Mamma lank? Nee, Mamma is kort.
Is Pappa Klein? Nee, Pappa is groot.
Is Boetie soet? Nee, Boetie is stout.
Is Sussie lelik? Nee, Sussie is mooi.
Is Ouma regop? Nee, Ouma is krom.
Is Ouboet dom? Nee, Ouboet is slim.
Is Baba maer? Nee, Baba is vet.

Aktiwiteit 3

(d) Ons baba het twee klein ogies waarmee hy na ons kyk. Hy draai sy koppie as hy ‘n geluid met sy oortjies hoor. Hy ruik met sy neusie en trek sy mondjie skeef as hy huil. Aan sy klein lyfie het hy twee armpies en twee beentjies. Hy waai met sy handjie en skop met sy voetjie. Ek is baie lief vir my bababoetie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask