<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 8

Biodiversiteit: aanpassings en oorlewing

Module 31

Die wêreldbevolking

In die vorige leereenheid het ons genoem dat die groei van die wêreldbevolking sal bepaal of volhoubare ontwikkeling moontlik is en dat ons deeglik hiervan bewus moet wees.

Aktiwiteit:

Om inligting oor wêreldbevolking te vertolk

  • Bestudeer die volgende tabel en bereken die natuurlike aanwas per eenheid.

WêRELDBEVOLKINGSGROEI

PER TYDEENHEID

TYDEENHEID GEBOORTES STERFTES NATUURLIKE GROEI
Jaar 131 468 233 54 147 021 ..................................................
Maand 10 955 686 4 512 252 ..................................................
Dag 360 187 148 348 ..................................................
Uur 15 008 6 181 ..................................................
Minuut 250 103 ..................................................
Sekondes 4,2 1,7 ..................................................
  • Op 12 Oktober 1999 het die wêreldbevolking die 6 BILJOEN merk bereik!!!

1. Wat is die nuutste waardes op die World POP clock?

2. Wat sal dit wees teen 2050?

3. Bestudeer die volgende tabel en teken ’n grafiek van die wêreldbevoking 1985 – 2006.

JAAR BEVOLKING (Biljoen)
1985 4.85
1986 4,93
1987 5,01
1988 5,10
1989 5,19
1990 5,22
1991 5,36
1992 5,44
1993 5,52
1994 5,60
1995 5,68
1996 5,76
1997 5,84
1998 5,92
1999 6,00
2000 6,08
2001 6,15
2002 6,23
2003 6,31
2004 6,38
2005 6,36
2006 6,53
  • Selfassessering: Merk die toepaslike blokkie indien voltooi:
Kriteria Merk indien voltooi
OPSKRIF
INTERVALLE KORREK
GRAFIEKVORM
EENHEDE EN BYSKRIFTE
POTLOODLYNE

Assessering van GRAFIEK: Kon jy ’n grafiek teken volgens die kriteria?

[LU 2.3; 3.1]

Aktiwiteit: OM NA TE DINK OOR DIE ROL WAT JY SPEEL IN DIE TOEKOMS VAN DIE AARDE

  • Skryf ’n paragraaf oor jou indrukke van die toekoms van die mens op planeet aarde en die rol wat jy kan speel.

Assessering van indrukke:

Het jy sinvolle indrukke oor die aarde se TOEKOMS neergeskryf?

[LU 3.1]

WHAT ARE WE DOING?

PLANET Earth is 4,600 million years old.

If we condense this inconceivable timespan into an understandable concept, we can liken the Earth to a person of 46 years of age.

Nothing is known of the first seven years of this person’s life.

Only scattered information exists about the middle span, but we know that only at the age of 42 did the Earth begin to flower.

Dinosaurs and the great reptiles did not appear until one year ago when the planet was 45.

Mammals arrived only eight months ago.

In the middle of last week, man-like apes evolved into ape-like men.

And at the weekend the last ice age enveloped the Earth.

Modern man has been around for only four hours.

During the last hour man discovered agriculture.

The industrial revolution began a minute ago, and during those 60 seconds of biological time, man has made a rubbish dump of paradise.

He has multiplied his numbers to plague proportions, caused the extinction of 500 species of animals, ransacked the Earth for fuels, and now stands like a brutish infant, gloating over his meteoric rise to acendancy, on the brink of a war to end all wars, and of effectively destroying this oasis of life in the solar system

( Greenpeace )

Assessering

LU 2

Wetenskaplike Kennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is bewys as die leerder:

2.1 sinvolle inligting kan onthou;

2.2 inligting in kategorieë kan plaas;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

LU 3

Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing

Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit is bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;

3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

Wêreldbevolking

  • Reël rekenaarsentrum-besoek of kry bronne vanaf internet vir leerders
  • Besoek die webtuiste www.census.gov:
  • Grafiekpapier vir oefening

ASSESSERINGRAAMWERK: Dra waardes oor

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask