<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Opdrag 2:

Lees op en / of besoek die internet en gebruik ‘n soekenjin. Gebruik soekwoorde soos: “aqueduct” en “water wheel”. Vind meer uit oor:

Die waterwiel

Akwadukte

Gee terugvoer in groepe aan die klas.

Assessering van Ondersoek en Insameling van Inligting

Kon jy inligting kry oor die waterwiel en akwadukte, asook terugvoer daaroor gee?

Aktiwiteit 3:

Om hidro-elektrisiteit en steenkoolverbranding as bronne te vergelyk en so te evalueer

[lu 2.2, 2.3]

Opdrag 1:

Voltooi die kolomme oor steenkoolkragsentrales en hidro-elektriese skemas ten opsigte van die aspekte soos aangedui in die eerste kolom. Besluit elke keer of dit ‘n voordeel of nadeel is en merk die toepaslike kolom.

Aspek
Besoedeling
Koste
Werkskepping
Reserwes
Spoed van die proses
Betroubaar-heid van bron
Steenkoolkrag
Voordeel Nadeel
Hidro-elektrisiteit
Voordeel Nadeel

Gevolgtrekking:

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit word bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke kan beplan;

1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;

1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.

LU 2

Wetenskaplike KennisDie leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit word bewys as die leerder:

2.1 sinvolle inligting kan oproep;

2.2 inligting in kategorieë kan plaas;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

LU 3

Wetenskap, Omgewing en die GemeenskapDie leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit word bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;

3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

Die hoofenergiebronne wat in Suid-Afrika gebruik word om elektrisiteit op te wek, is:

  • verbranding van steenkool
  • hidro-elektrisiteit
  • kernkrag

STEENKOOLVERBRANDING EN KRAGSENTRALES

AKTIWITEIT

Opdrag 1

Dit is tans die mees algemene bron van energie en dus van elektrisiteit, aangesien Suid-Afrika ryklik voorsien is van steenkoolreserwes. ESKOM se steenkoolkragsentrales produseer omtrent 90% van ons land se elektrisiteit. Ons het tans 18 sulke groot kragsentrales.

ESKOM (Afrikaans EVKOM) - ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE

  • Hulle voorsien elektrisiteit aan 95% van SA en meer as die helfte van Afrika.

‘n Steenkoolkragsentrale werk kortliks soos volg:

Opdrag 2

Steenkool word gemyn en vervoer
Steenkool word fyngemaal
Steenkool word verbrand
Water in pype word verhit totdat dit stoom
Stoom dryf die turbines
Turbine draai die generator se rotor
Die rotor is ‘n elektromagneet wat elektrisiteit opwek
Elektrisiteit word met koperdrade weggevoer

Opdrag 3

Die stoom wat die turbines dryf moet êrens heen - dit moet gekondenseer word deur afkoeling – hiervoor het jy nog water nodig!

Ongeveer 150 miljoen liter water per dag per stasie en dan gaan meeste verlore deur verdamping!

Langs N2 buite Kaapstad is daar bv. afkoeltorings en elders in SA is daar nog voorbeelde.

In die proses word egter afval gevorm - nadelige gasse soos swaweldioksied, koolstofdioksied en stikstodoksied. Dit kan verbind met die vog in die lug en suurreën veroorsaak

Steenkoolverbranding as elektrisiteitopwekkingsmetode is allermins “skoon” en op groot skaal is dit sleg vir die natuur as gevolg van die lugbesoedeling, suurreën en as wat die lug ingeblaas word.

HIDRO-ELEKTRISITEIT

AKTIWITEIT

Opdrag 1

Ons land is eintlik ‘n baie droë land. Ons het wel twee groot permanente riviere in ons land en ESKOM het twee groot hidro-elektriese kragstasies. Die een is naby die Gariepdam in die Vrystaat en die ander in die Van der Kloofdam naby Petrusville.

Hidro-elektrisiteit word in die volgende stappe saamgevat:

1. Beweging van water, veral afwaarts, as gevolg van gravitiasie/swaartekrag.

2. Die val-effek gee aan die watermolekules baie energie.

3. Die vallende water draai ‘n waterturbine.

4. Dit skakel die kinetiese energie om na elektriese energie.

5. Water word dan gewoonlik teruggepomp en die proses word herhaal.

Hierdie metode is skoon en kan oor en oor benut word, indien daar genoegsame watervoorrade is. Die effektiwiteit hang egter af van die hoeveelheid water en die spoed of afstand waaroor dit val! So ‘n kragsentrale word gewoonlik aan die onderkant van ‘n damwal of onderaan ‘n waterval gebou.

  • Hierdie energie-oordrag na die een of ander draai-meganisme is al meer as
  • 2 000 jaar in gebruik.

Opdrag 2

  • Besoek die internet en gebruik ‘n soekenjin en gebruik soek woorde soos: “aqueduct” en “water wheel”.
  • Die waterwiel
  • Akwadukte

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask