<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  1. Suikerbekkies se oorlewing as ‘n groep word nie ernstig deur gifstowwe in tuine bedreig nie. Maar die skade lê egter in wat ons aan onsself doen wanneer individuele tuine suikerbekkiestil raak. Dit is daarom dat ek ‘n stil traan stort omdat oningeligte mense deesdae steeds die pragtige kleurontploffinkies met hul frenetiese vrolike sang uit ons oor-opgepiepte tuine verdryf. Die ironie lê tog sekerlik daarin dat dit die tuinier is wat op die ou end die grootste verloorder is…

Uit: Die Burger , 26 November 2002

1. Gebruik ‘n verklarende woordeboek om die betekenis van die volgende woorde op te soek:

1.1 monnik

  • sauna
  • uitspattig
  • eksotiese
  • hofmaker
  • territoriaal
  • kamoefleer
  • potensiële
  • kapillêre aksie
  • geredelike gebruik
  • freneties

2. Verduidelik die volgende idiome en/of uitdrukkings:

  • om af te haak (par.3)
  • om mekaar opdraand te gee (par.5)
  • die skoner geslag (par.5)
  • om iemand te flous (par.9)
  • om jouself te bluf (par.2)
  • kleursirkus (par.1)
  • roofdier-flousend (par.8)

Beantwoord nou die volgende vrae in volsinne, tensy anders vermeld:

  • Waar bevind die skrywer hom?
  • Waarmee vergelyk hy dít wat hy in die boom sien?
  • Noem twee dinge wat bepaal of die wyfie in die mannetjie sal belang stel.
  • Waarmee word ‘n goeie nektarbron vergelyk?
  • Waarom is die wyfie nie so kleurvol soos die mannetjie nie?
  • Noem twee aspekte van die wyfie wat verskil van die wyfies van ander voëls, bv. vinke.
  • Watter negatiewe invloed het die mens/tuinier op suikerbekkies?
  • Wat gebeur met die suikerbekkie as hy bv. mytgif inkry?
  • Wat bedoel die skrywer as hy sê ons het “oor-opgepiepte” tuine? Dink aan twee moontlikhede.
  • Noem twee maniere waarop die suikerbekkie roofdiere flous met die voorkoms van hulle neste.
  • Waarvoor gebruik die suikerbekkie spinnerakke?
  • Hoe weet die wyfie as ‘n mannetjie siekerig is en nie ‘n goeie keuse as maat sal wees nie?
  • Is suikerbekkies weens gifstowwe aan die uitsterf?
  • Noem twee maniere waarop jy ‘n suikerbekkiewyfie kan uitken.
  • Noem twee aspekte wat die ontwerp van hul neste beïnvloed.

Aktiwiteit 2:

Om gevorderde interaksievaardighede te toon deur aktief aan groepbesprekings deel te neem; om vrae te kan stel oor komplekse sake, bv. omgewingskwessies, en na te dink oor verskille soos kultuur en ervaring, en dit skeppend en positief te gebruik

[lu 5.1, 5.4]

1. Groepwerk:

Ons het ‘n groot probleem met afvalpapier. Die regering het bv. onlangs aangekondig dat ons nie meer met plastieksakke moet gaan inkopies doen nie. Dit is alles pogings om herwinning en besoedeling aan te spreek. Koos Kombuis sing nie verniet in sy weergawe van die destydse volkslied dat op ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee, na links en regs, waar jy ookal kyk, net rommel teen die heinings en bosse gewaai lê nie.

In die eerste module het ons gesien hoe ‘n matriekmeisie ‘n pragtige matriekafskeidrok van afvalpapier gemaak het.

Besin nou oor wat as afvalmateriaal beskou kan word, en hoe elke stukkie afval in iets bruikbaars of kreatief verander kan word.

Dink ook oor wat ons uit die natuur kan gebruik om iets “mensgemaak” te vervang.

Byvoorbeeld:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask