<< Chapter < Page Chapter >> Page >

As inspirasie het die aktiwiteite op die nabygeleë Beaucaire handig te pas gekom.

Wanneer ‘n skrywer ‘n storie skryf, kan hy die bestaande feite “verdraai” en in die proses ‘n nuwe werklikheid skep. Hy las nuwe dinge by want sy hoofdoel is om ‘n lekker storie te skryf wat die mense sal geniet om te lees. Hy weet dat die lesers nie ‘n foto van die werklikheid verwag nie.

‘n Skrywer moet kreatief omgaan met die werklikheid – hy moet skeppend en verbeeldingryk wees.

Om te verseker dat die verhaal slaag, het hy ‘n ander Avignon geskep wat daartoe bygedra het dat Die Muil van Avignon ‘n opgewekte en humoristiese verhaal is wat met genot gelees word.

Opdrag 5:

Om ‘n kreatiewe en speelse opstel te skryf

[lu 4.4.2]

Nou is dit julle beurt om ‘n bestaande verhaal te neem, en dit oor te vertel in ‘n hedendaagse konteks.

  1. Jou ouma woon alleen in ‘n skakelhuisie aan die anderkant van die dorp. Jou ma stuur jou om vir haar ‘n sak met kos te neem wat julle by die supermark gekoop het.
  2. Beskryf jou reis na die ouma toe. Sy woon etlike kilometers van julle af. Dit is te ver om te stap.
  3. Op pad soontoe keer ‘n man met rooi hare en baie sproete jou voor. Kom ons noem hom Rooipappie.
  4. Sluit af deur te vertel wat gebeur het toe jy by jou ouma se huis aangekom het.

Woordsoorte

Woordsoorte word uitgeken op grond van hul funksies, m.a.w. die werk wat hulle doen. Woorde kan hiervolgens in tien groepe ingedeel word:

  • Selfstandige naamwoorde

(Dit is woorde wat mense, diere, plekke of dinge name gee.)

Elke Sondag na die aanddiens het Boniface na sy wingerd buite die stad gegaan.

Wanneer hulle oor die brug van Avignon gery het, het sy muil op maat van die musiek begin trippel.

Opdrag 6:

Om selfstandige naamwoorde te herken

[lu 6.1]

Onderstreep die selfstandige naamwoorde in die volgende paragraaf:

  1. Elke aand na ete het hy vir haar ‘n bak wyn met suiker en kruie geneem.
  2. Almal in Avignon het haar met respek behandel en vertroetel.
  3. Boonop het hy die ander leerjongens in die moeilikheid laat beland.
  1. Selfstandige naamwoorde het in baie gevalle ‘n meervoud.
  • Meervoude met -e

Dit is gewoonlik eenlettergrepige woorde:

pous – pouse stoel – stoele

muil – muile perd – perde

aand – aande maand – maande

  • Meervoude met -s

Dit is gewoonlik woorde met meer as een lettergreep met die klem op die eerste lettergreep:

meisie – meisies leisel – leisels

motor – motors koppie – koppies

rottang – rottangs lepel – lepels

  • Meervoude met ‘s

Dit is gewoonlik woorde wat op ‘n i , o , u en ‘n beklemtoonde a eindig:

radio – radio’s ski – ski’s

hoera – hoera’s alibi – alibi’s

balju – balju’s trio – trio’s

pa – pa’s

Hoe sou hierdie meervoude geklink het as daar net ‘n gewone s sonder die afkapping aan die einde van die woord was?

Opdrag 7:

Om die meervoude van woorde neer te skryf

[lu 6.2]

  1. Skryf die meervoude van die vetgedrukte woorde in die volgende sin neer:

Hulle het elke dag fees gevier en ‘n optog deur die stad gehou.

  1. dag
  2. fees
  3. optog
  4. stad

Wat merk julle? Inderdaad, daar is uitsonderings.

  1. Skryf ook die volgende meervoude van die vetgedrukte woorde neer:

Toe die pouse regeer, was daar nooit oorlog of ‘n gebrek aan kos nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask