<< Chapter < Page Chapter >> Page >

5. Oorsaak en gevolg

Hierbo is gesê dat die veranderinge nie los staan van mekaar nie – die een lei tot die ander. Julle ken waarskynlik ook die begrip oorsaak en gevolg . In hierdie stadium sal dit vir julle moontlik wees om lekker oor oorsake en gevolge te dink. Julle kan ook al lekker redeneer; julle is mos nie verniet al in graad 7 nie!

Aktiwiteit 5:

Om die beste opsies t.o.v. bevolkingsveranderings te kies

[lu 3.2]

KIES DIE BESTE OPSIE

Onderstreep die korrekte moontlikheid uit die woorde tussen hakies:

1. As die vrugbaarheid van ‘n gemeenskap toeneem, sal die geboortes in daardie gemeenskap (afneem / toeneem).

2. Goeie mediese sorg vir die hele gemeenskap lei normaalweg tot ‘n daling in die (sterftesyfer / lewensverwagting).

3. As die sterftesyfer in ‘n [primitiewe] gemeenskap baie hoog is, sal die geboorte-syfer ongetwyfeld (hoog / laag) wees.

4. Wanneer ‘n gemeenskap gewoond is daaraan dat die staat vir hul bejaardes sorg, sal die neiging ontstaan dat gesinne (kleiner / groter) sal word.

5. ‘n Bevolking met ‘n hoë vrugbaarheid en lae sterftesyfer, sal (krimp / groei).

6. Die bevolking van ‘n land wat erg deur die wêreldwye Vigs-pandemie geraak word, se (vrugbaarheid / lewensverwagting) sal daal.

Op die oomblik is dit die ontwikkelende lande wat ‘n vinnige bevolkingsgroei ervaar, en waarvan die bevolkingspiramide dus ‘n tipies jong bevolking toon. Ontwikkelde lande soos bykans alle Europese state, die VSA en Kanada het egter ook ‘n tyd beleef toe die bevolking as jonk beskryf kon word. Hierdie state het dus ook ‘n demografiese oorgang deurgemaak.

6. Demografiese oorgang, en hoe dit met bevolkingspiramides voorgestel word

Hier volg ‘n beskrywing (as’t ware ‘n geskiedenis) van die bevolkingstruktuur van Engeland en Wallis. Dit is ‘n goeie voorbeeld van die verskillende stadiums waardeur ‘n bevolking normaalweg kan gaan.

Figuur 5: Bevolkingspiramides

Vir eeue het die bevolking redelik konstant gebly. Die geboorte- sowel as die sterftesyfer was hoog, en die lewensverwagting kort. Die piramide van hierdie groep het waarskynlik gelyk soos die een in Figuur 1 (a) aan die begin van hierdie leseenheid.

1 Ná die veranderinge wat die landbou- en nywerheidsrewolusie tot gevolg gehad het toe meer voedsel as gevolg van meganisasie op die plase geproduseer is, en mense in fabrieke kon gaan werk vir ‘n inkomste, het die bevolking vinniger gegroei. Die geboortesyfer het die sterftesyfer geleidelik begin oortref as gevolg van beter voeding, beter mediese sorg en beter sanitasie. Soos vroeër was gesinne steeds groot, maar omdat minder babas en jongmense gesterf het, het die totale bevolking ‘n “jong” karakter aangeneem.

2 Vyftig jaar later het die bevolkingspiramide opvallend verskil van die vorige. Toe het ‘n laer vrugbaarheidsyfer tot gevolg gehad dat die jonger deel van die bevolking proporsioneel gekrimp het. Die laer groeikoers is veroorsaak deurdat vrouens kans gesien het en verkies het om minder kinders te hê, want hulle wou gaan werk om die gesin se inkomste aan te vul. Boonop het die staat verantwoordelikheid vir die versorging van bejaardes oorgeneem en was bejaardes nie meer aangewese op hul kinders nie. (Voorheen was die kinders die “versekeringspolis vir die oudag”.)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11020/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask