<< Chapter < Page Chapter >> Page >
salaris - salary uitstappie - outing
bederf - spoil toue (mense) - queues
belowe - promise inwillig - agree
vervelig - boring onaangenaam - unpleasant

Aktiwiteit 3

Om korrek te leer spel [lu 6.1.2]

Om in die tweede taal oor ‘n bekende onderwerp te praat [lu 2.1.3]

(a) Onderstreep al die soorte besighede (winkels en ander geboue) in die leesstuk. Vergelyk nou jul woorde met die res van die groep.

(b) Hou nou die leesstuk toe en skryf soveel besighede as wat julle as 'n groepie kan onthou op ongedrukte koerantpapier neer. Een leerder skryf, terwyl die ander lede die besighede opnoem en kyk of die woorde reg gespel is. Wys julle woorde vir 'n ander groep om te kontroleer.

(c) Bespreek die volgende vrae in julle groepe.

  • Wat was die verveligste van die dag se uitstappie?
  • Vir wie was dit die verveligste?
  • Hoekom dink julle was dit juis vir húlle vervelig?
  • Hoekom dink julle koop Ma nie groente by die supermark nie?
  • Wat dink julle is ‘n inkopielys?

Aktiwiteit 4

Om besighede te klassifiseer volgens persoonlike ervaring [lu 5.2.3]

Watter plekke of besighede is vir jou vervelig of onaangenaam om by aan te doen en watter is aangename plekke? Merk in die kolomme met 'n 

Aangenaam Onaangenaam
Supermark
Bank
Groentemark
Bioskoop
Bakkery
Poskantoor
Skoenwinkel
Haarsalon
Slaghuis
Restaurant
Tandarts
Apteek

Aktiwiteit 5

Om bekende woorde te leer korrek spel [lu 4.5.2]

Lees weer paragraaf twee.

Kyk na die baie lang woorde. Ons kan hierdie woorde in stukkies opbreek. Sê die woorde stadig en daar waar ons 'n ruspouse neem, kan ons die woord afbreek,

byvoorbeeld: kin-ders frok-kies

kle-re-win-kels skool-trui

Doen nou dieselfde met hierdie woorde:

kerkskoene .....................................................................

volgende .....................................................................

speelgoedwinkel .....................................................................

kledingstuk .....................................................................

sokkies .....................................................................

Die woorde sokkies en frokkies het elk 'n dubbele “ k ”. Onthou julle nog dat die “o” 'n kort klinker is? 'n Kort of "baba-klinker" moet altyd 'n hekkie agter hom hê wat toe is, anders loop hy weg en daarom breek ons die woorde tussen die twee “ k's ” (medeklinkers) af.

In die woord klere het die “ e ” ‘n lang klank. Die klinker is dus sterk en kan alleen staan, daarom breek ons af na die lang klank,

bv. kle – re bo-me vu-re

be – ne bla-re

Werk saam met ‘n maat en blaai deur koerante en tydskrifte. Soek lang woorde, knip dit uit en plak dit in die spasie hieronder. Breek die woorde op in lettergrepe (dele) soos hierbo deur ‘n / tussen lettergrepe in te teken.

Wys julle woorde vir ‘n ander groep. Stem hulle saam met julle?

Assessering

Leeruitkoms 2: praat

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.1 interaksie in sy/haar addisionele taal voer:

2.1.3 deelneem aan ‘n kort gesprek oor ‘n bekende onderwerp.

Leeruitkoms 3: lees en kyk

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.5 vir genot en inligting lees:

3.5.1 heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak lees.

Leeruitkoms 4: skryf

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.5 ontwikkelende kennis gebruik van taalstruktuur en – gebruik:

4.5.2 bekende woorde korrek spel.

Leeruitkoms 5: dink en redeneer

Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

5.2 taal gebruik om te dink:

5.2.3 dinge klassifiseer (soos verskillende soorte voertuie) volgens bepaalde kriteria (soos die funksie en kapasiteit daarvan).

Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

6.1 bekende woorde korrek spel:

6.1.2 alledaagse woorde met enkel- en dubbelvokale en –konsonante (soos: boom/bome, blom/blomme).

Memorandum

Aktiwiteit 2

klerewinkels; speelgoedwinkel; bank; poskantoor; supermark;

slaghuis; groentemark; supermark; bakkery; apteek; winkelsentrum; bloemiste; slaghuis; groentemark

Aktiwiteit 3 (c)

Die verveligste was ‘n besoek aan die bank en die poskantoor.

Vir die kinders.

Die toue was lank en hulle moes dus lank wag.

Die groentewinkel se groente was varser.

‘n Inkopielys bevat al die items wat by die winkels gekoop moet

word.

Aktiwiteit 5

kerk – skoe – ne

vol – gen – de

speel – goed – win – kel

kle – ding – stuk

sok – kies

sok – kies

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask