<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 6

Module 8

Nuwe woorde

Begripstoets

Luister terwyl julle opvoeder die volgende leesstuk hardop vir julle voorlees. Daarna kan jy en jou maat dit vir mekaar voorlees en mekaar help met die korrekte uitspraak van woorde. Raadpleeg ook die lys van “Nuwe Woorde” as julle twyfel oor die betekenis van ‘n woord.

NUWE WOORDE
wetenskaplikes - scientists beloning - reward
haaie - sharks viskundige - person who studies fish
akkedis - lizard bestudeer - study
eienaardige - strange beskryf - describe
bemanning - crew opgewondenheid - excitement
plaaslike - local verras - surprise
treilnet - trawl net in kennis stel - inform
hengelaar - angler

Stokou Vis Verras

Dit is 22 Desember 1938. Daar is groot opgewondenheid in die hawe van Oos-Londen. Die vissersboot van kaptein Hendrik Goosen, die Nerine, het ‘n vreemde, groot vis aan land gebring!

Hulle vangs was dié dag maar swak en hulle het net ‘n klomp haaie in die treilnet gevang. Daar was ook ‘n baie eienaardige vis tussenin. Hulle het nog nooit so ‘n vis gevang nie. Hy het soos ‘n reuse-akkedis gelyk. Die bemanning het mej. Latimer-Jones by die plaaslike museum gebel. Sy het óók nie die vis geken nie, maar ‘n beroemde viskundige, prof. J.L.B. Smith, in kennis gestel en hy het dit uitgeken as ‘n selekant – ‘n vis wat almal gedink het 70 miljoen jaar gelede geleef het.

Prof. Smith was verskriklik opgewonde en het die vis deeglik beskryf en bestudeer. Hy het besef dat hierdie vis iewers teen die kus van Oos-Afrika in baie diep waters aangetref sal word. Hy het toe ‘n beloning aangebied en foto’s van die eienaardige vis in Oos-Afrika, Madagaskar en op die Comore-eilande versprei. Presies 14 jaar later het ‘n hengelaar op die Comore so ‘n vis gevang. Die berig oor die tweede selekant het selfs ‘n groter opgewondenheid onder wetenskaplikes oor die wêreld heen veroorsaak.

Sedert 1938 is daar meer as 180 selekante naby die Comore gevang.

Die kaarte dui aan waar selekante tot dusver gevang is.

Beantwoord nou die volgende vrae.

  1. Skryf slegs die antwoorde:
  2. Wat is die datum waarop hierdie selekant die heel eerste keer gevang is?

(1)

  • In watter stad se hawe is hierdie vis aan land gebring?

(1)

  • Wat was die naam van die vissersboot?

(1)

(3)

  1. Kies die korrekte antwoorde. Trek ‘n sirkel om die korrekte nommer:

Hulle het die volgende in hulle treilnet gevang:

  • ‘n klomp haaie
  • ‘n klomp haaie en ‘n reuse-akkedis
  • ‘n klomp haaie en ‘n eienaardige vis

(1)

Die bemanning het mej. Latimer-Jones gebel by:

  • die plaaslike museum
  • die plaaslike hawe
  • die plaaslike viswinkel

(1)

Professor J.L.B. Smith was ‘n beroemde:

  • deskundige
  • viskundige
  • selekundige

(1)

(3)

Die volgende stellings is ONWAAR. Skryf hulle oor sodat hulle WAAR sal wees:

  • Mej. Latimer-Jones het die vis beskryf en bestudeer.

(1)

  • Hy het besef selekante leef naby die kus van Oos-Asië.

(1)

(2)

Beantwoord die volgende vrae in volsinne:

  • Watter eilande is naby Madagaskar? (Raadpleeg die kaart).

(1)

  • Hoeveel selekante is sedert 1938 gevang?

(1)

(2)

LU 1.1.1
LU 3.6.1

Ontwerp ‘n pamflet

Professor Smith het pamflette in Oos-Afrika, Madagaskar en op die Comore-eilande versprei. Hierdie pamflette het die selekant beskryf en ook foto’s van die eienaardige vis bevat. Op die pamflet het hy ook ‘n beloning aangebied vir die hengelaar (angler) wat ‘n selekant vang en hom in kennis stel daarvan.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask