<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Notasie

Khan academy video oor getalpatrone

Die n d e -term van 'n reeks word geskryf as a n . So byvoorbeeld, is die eerste term van 'n reeks a 1 en die tiende term van 'n reeks is a 10 . ʼn Reeks hoef nie ʼn patroon te volg nie, maar wanneer dit wel 'n patroon het, kan ons dit gewoonlik as ʼn formule skryf om die n d e -term, a n , te bereken. In die reeks

1 ; 4 ; 9 ; 16 ; 25 ; ...

waar die reeks bestaan uit die vierkante van heelgetalle, is die formule vir die n de -term:

a n = n 2

Jy kan sien dat dit reg is deur te kyk na:

a 1 = 1 2 = 1 a 2 = 2 2 = 4 a 3 = 3 2 = 9 a 4 = 4 2 = 16 a 5 = 5 2 = 25 ...

Dus, deur [link] te gebruik, kan ons ʼn patroon van die vierkante van heelgetalle vorm.

Ons kan ook 'n konstante verskil tussen die terme bepaal vir sekere patrone.

Konstante verskil
Die konstante verskil is die verskil tussen opeenvolgende terme en word aagedui met die letter d.

Byvoorbeeld, beskou die reeks: 10 ; 7 ; 4 ; 1 ; ... . Om die gemeenskaplike verskil te vind, trek ons die betrokke term af van die volgende term.

7 - 10 = - 3 4 - 7 = - 3 1 - 4 = - 3

Soos voorheen, studeer jy en 3 vriende wiskunde, en julle sit rondom ʼn vierkantige tafel. ʼn Paar minute later besluit 2 ander vriende om by julle aan te sluit en wil kom sit en julle sit ʼn ekstra tafel by sodat al 6 van julle kan sit. Weereens besluit nog 2 van jou vriende om by julle aan te sluit en julle skuif ʼn derde tafel sodat daar genoeg plek is vir 8 van julle soos in die prentjie:

Twee ekstra mense kan sit vir elke tafel wat hulle bysit.

Vind ʼn wiskundige uitdrukking vir die getal mense wat om n tafels kan sit. Gebruik dan die algemene formule om te bepaal hoeveel mense om 12 tafels kan sit en hoeveel tafels is nodig sodat 20 mense kan sit.

  1. Aantal tafels , n Aantal mense wat kan sit Formule
    1 4 = 4 = 4 + 2 · ( 0 )
    2 4 + 2 = 6 = 4 + 2 · ( 1 )
    3 4 + 2 + 2 = 8 = 4 + 2 · ( 2 )
    4 4 + 2 + 2 + 2 = 10 = 4 + 2 · ( 3 )
                   
    n 4 + 2 + 2 + 2 + ... + 2 = 4 + 2 · ( n - 1 )
  2. Die aantal mense wat rondom n tafels kan sit, is:

    a n = 4 + 2 · ( n - 1 )
  3. Deur te kyk na die voorbeeld van die vorige gedeelte, bereken hoeveel mense kan rondom 12 tafels sit. Ons soek vir a 12 , dit is, waar n = 12 :

    a n = a 1 + d · ( n - 1 ) a 12 = 4 + 2 · ( 12 - 1 ) = 4 + 2 ( 11 ) = 4 + 22 = 26
  4. a n = a 1 + d · ( n - 1 ) 20 = 4 + 2 · ( n - 1 ) 20 - 4 = 2 · ( n - 1 ) 16 ÷ 2 = n - 1 8 + 1 = n n = 9
  5. 26 mense kan rondom 12 tafels sit en 9 tafels is nodig sodat 20 mense kan sit.

Dit is ook belangrik om te let op die verskil tussen n en a n : n kan gesien word as 'n plekhouer, terwyl a n die waarde is by die plek wat "gehou" word deur n . Soos in ons "Studeertafel" voorbeeld, kan 4 mense rondom die eerste tafel (Tabel 1) sit. Dus, by plek n = 1 , is die waarde van a 1 = 4 ensovoorts:

n 1 2 3 4 ...
a n 4 6 8 10 ...

Ondersoek : algemene formule

  1. Vind die algemene formule vir die volgende reekse en vind dan a 10 , a 50 en a 100 :
    1. 2 ; 5 ; 8 ; 11 ; 14 ; ...
    2. 0 ; 4 ; 8 ; 12 ; 16 ; ...
    3. 2 ; - 1 ; - 4 ; - 7 ; - 10 ; ...
  2. Hieronder is die algemene formules gegee vir 'n paar reekse. Bereken die terme wat weggelaat is.
    1. 0 ; 3 ; . . . ; 15 ; 24        n 2 - 1
    2. 3 ; 2 ; 1 ; 0 ; . . . ; - 2        - n + 4
    3. - 11 ; . . . ; - 7 ; . . . ; - 3        - 13 + 2 n

Patrone en bewerings

Khan academy video oor getalpatrone - 2

In wiskunde is 'n bewering 'n wiskundige stelling wat lyk of dit waar is, maar wat nog nie formeel as waar bewys is nie. 'n Bewering kan gesien word as 'n intelligente raaiskoot of idee wat moontlik 'n patroon kan wees.

Byvoorbeeld: Maak 'n bewering oor die getal wat sal volg, gebaseer op die patroon 2 ; 6 ; 11 ; 17 : . . .

Die getalle vermeerder met 4, dan 5, dan 6.

Bewering: Die volgende getal sal vermeerder met 7. So ons verwag dat die volgende getal 17 + 7 = 24 sal wees.

Beskou die volgende patroon:

1 2 + 1 = 2 2 - 2 2 2 + 2 = 3 2 - 3 3 2 + 3 = 4 2 - 4 4 2 + 4 = 5 2 - 5
  1. Voeg nog twee rye by aan die die einde van die patroon.
  2. Maak 'n bewering oor die patroon en druk die bewering uit in woorde.
  3. Veralgemeen die bewering vir die patroon (met ander woorde, beskryf die bewering algebraïes).
  4. Bewys dat die bewering waar is.
  1. 5 2 + 5 = 6 2 - 6 6 2 + 6 = 7 2 - 7
  2. As 'n getal gekwadreer word en die getal dan weer by sy kwadraat getel word, is die resultaat dieselfde as om die volgende getal te kwadreer en dan die getal af te trek van die kwadraat.

  3. Ons het besluit om x hier te gebruik. Jy kan enige letter kies om die patroon te veralgemeen.

    x 2 + x = ( x + 1 ) 2 - ( x + 1 )
  4. Linkerkant x 2 + x
    Regterkant : ( x + 1 ) 2 - ( x + 1 )
    Regterkant = x 2 + 2 x + 1 - x - 1 = x 2 + x = Linkerkant Dus x 2 + x = ( x + 1 ) 2 - ( x + 1 )

Opsomming

  • Daar is 'n hele paar spesiale reekse van getalle:
    • Driehoeksgetalle 1 ; 3 ; 6 ; 10 ; 15 ; 21 ; 28 ; 36 ; 45 ; . . .
    • Vierkantsgetalle 1 ; 4 ; 9 ; 16 ; 25 ; 36 ; 49 ; 64 ; 81 ; . . .
    • Derdemagsgetalle 1 ; 8 ; 27 ; 64 ; 125 ; 216 ; 343 ; 512 ; 729 ; . . .
    • Fibonacci Getalle 0 ; 1 ; 1 ; 2 ; 3 ; 5 ; 8 ; 13 ; 21 ; 34 ; . . .
  • Die algemene formule is a n = a 1 + d · ( n - 1 ) waar d die konstante verskil is tussen die verskillende terme en a n is die n de -term. Ons kan 'n algemene formule uitwerk vir elke getalpatroon en dit gebruik om te voorspel wat enige getal in die patroon sal wees.

Oefeninge

  1. Vind die n de -term vir: 3 ; 7 ; 11 ; 15 ; ...
  2. Vind die algemene term vir die volgende reekse:
    1. - 2 ; 1 ; 4 ; 7 ; ...
    2. 11 ; 15 ; 19 ; 23 ; ...
    3. reeks met a 3 = 7 en a 8 = 15
    4. reeks met a 4 = - 8 en a 10 = 10
  3. Die sitplekke in 'n gedeelte van 'n sportstadion kan so gerangskik word dat die eerste ry 15 sitplekke het, die tweede ry 19 sitplekke, die derde ry 23 sitplekke, ens. Bereken hoeveel sitpleke is daar in ry 25.
  4. 'n Enkele vierkant kan gemaak word van 4 vuurhoutjies. Om twee vierkante langs mekaar te maak het jy 7 vuurhoutjies nodig, om drie vierkante langs mekaar in 'n ry te maak het jy 10 vuurhoutjies nodig. Bepaal:
    1. die eerste term
    2. die konstante verskil
    3. die algemene formule
    4. hoeveel vuurhoutjies benodig word om 25 vierkante langs mekaar te maak
  5. Jy wil begin om geld te spaar, maar omdat jy dit nog nooit gedoen het nie, besluit jy om stadig te begin. Aan die einde van die eerste week sit jy R5 in jou bankrekening, aan die einde van die tweede week R10, en aan die einde van die derde week R15. Na hoeveel weke sit jy R50 in jou bankrekening?
  6. 'n Horisontale lyn kruis 'n tou op vier punte en deel die tou op in 5 dele, soos hieronder gewys word.
    As die tou 19 keer gekruis word deur ewewydige lyne en elke lyn kruis die tou vier keer op verskillende plekke, bereken in hoeveel dele die tou opgedeel word.

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask