<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 8

Biodiversiteit: aanpassings en oorlewing

Module 28

Oorlewing: plantaanpasssings

Soos die diere, het plante ook aangepas om in bepaalde omgewingstoestande te kan oorleef.

Aangesien water vir plante baie belangrik is om te kan oorleef, het hulle ten opsigte van die beskikbaarheid daarvan, aangepas. Plante kan in terme van hierdie aanpassings in drie groepe verdeel word:

  • XEROFIETE – lae waterbeskikbaarheid
  • MESOFIETE – matige waterbeskikbaarheid – soos meeste landplante
  • HIDROFIETE – hoë waterbeskikbaarheid

Aktiwiteit: OM PLANTE UIT TE KEN

  • Bestudeer die volgende sketse en klassifiseer die plante op grond van hul bou as hidro-, meso- of xerofiete. Probeer om telkens minstens een rede te gee.

Aktiwiteit :

Om te verklaar hoe sommige plante aanpas

HIDROFIET AANPASSING VERKLARING
Wortels Swak ontwikkel, slegs vir ankering
Blare Groot oppervlakteDrywendKutikula (waslagie) bo-opLugruimtes in blaarHuidmondjies (openinkies) aan bokant
Stingels Min versterkings­weefsel Slymlaag Risoom (berg kos)
XEROFIET AANPASSING VERKLARING
Wortels Vlak wortelstelselKurklaag
Blare Min huidmondjies, hoofsaaklik aan onderkantKlein of omvorm tot dorings
Stingels Dik en vlesigWaslaag

Assessering vir opdrag:

Kon jy die regte verklarings gee vir elke aanpassing?

[LU 2.4]

Opdrag: storie

Die San was na alle waarskynlikheid die eerste mense wat in Suider-Afrika ge­woon het en tot vandag toe is ons gefassineer oor hoe hulle in die droogte­toe­stande kon oorleef het. Water was ’n beperkte hulpbron.

’n Mens sal nie ver hoef te soek om in die natuur en veral in die plante (xerofiete) van die oplossings te kry wat die San al eeue gelede ontdek het.

  • Lees op oor die natuurlike plantegroei van die woestynagtige dele van ons land.
  • Skryf ’n storie oor die oorlewing van ’n plant in die Kalahariwoestyn. Skryf uit die oogpunt van die plant. Laat die plant dus praat oor sy omstandighede, hoe hy daarin slaag om te oorleef, en hoe hy ander plante en diere help om te kan oorleef (sy rol in die voedsel­ketting).

Assessering vir opdrag:

Kon jy ’n feitlik korrekte storie skryf oor die kultuur van die San en die Kalahari ekosisteem?

[LU 3.1]

Klasaktiwiteit: XEROFITIESE PLANTE – AANPASSINGS

  • As jy die sketse van sommige van die ongewone xerofiete beskou – watter aanpassings vertoon hulle?

AALWYN

KAKTUS

LITHOPS

WELWITCHIA

  • Pas die items van die volgende kolomme bymekaar deur die letters in KOLOM C op die toepaslike plek in KOLOM B te skryf. – daar is meer as een pasmaat.
KOLOM A KOLOM B KOLOM C
1. Welwitchia A Vlak wortelstelsel om oppervlakkige klammigheid en dou op te vang
2. Lithops B Stoor groot hoeveelhede vog
3. Kaktus C Dik wasagtige laag (kutikula)
4. Kokerboom D Twee lang blare met groewe wat water na binne laat inloop.
5. Aalwyn E Droë blare of skilferagtige afdopsels wat plantstingel bedek
F Blare gemodifiseer het as dorings terwyl die stam vlesig geword het

[LU 2.4]

Aktiwiteit: OM ‘N NAVORSINGSPROJEK AAN TE PAK

Meeste xerofiete word deur verskeie kultuurgroepe as medisyne en ’n verskeidenheid van ander gebruike aangewend. Selfs die primitiewe kultuurgroepe het duisende jare gelede reeds wetenskap beoefen deurdat hulle die waarde van plante bepaal het en wyses gevind het om dit te benut.

  • Doen navorsing op die internet, in boeke en biblioteke.
  • Skryf ’n navorsingsverslag met die volgende opskrifte:
  • Beplanning van die ondersoek (dit moet navorsing op die Internet, in boeke en gesprekke met homeopate en sangomas of inyangas en een of twee oumense insluit).
  • Inligting ingewin:
  • Voorbeelde van die benutting van plante deur kultuurgroepe in Suid-Afrika.
  • Bespreking van drie spesifieke plante, waaronder die aalwyn ( Aloe verox) (eienskappe van die plante en medisinale, ekonomiese en ander waarde).
  • Opsomming (opsomming van bevindinge)
  • Lys van bronne: boeke, webruimtes, mense.

Assessering van NAVORSINGSPROJEK:

[LU 1.1; 1.2; 1.3]

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke kan beplan;

1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;

1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.

LU 2

Wetenskaplike Kennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is bewys as die leerder:

2.1 sinvolle inligting kan onthou;

2.2 inligting in kategorieë kan plaas;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

LU 3

Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing

Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit is bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;

3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

Plantaanpassings

Aktiwiteit: UITKENNING - PLANTE

  • www.lithop.supanet.com

Aktiwiteit: VERKLAAR DIE VOLGENDE AANPASSINGS

OPDRAG: Storie

  • Lees op oor die natuurlike plantegroei van die woestynagtige deel van ons land .
  • Skryf 'n storie van oorlewing van 'n dier in die Kalahari woestyn. Skryf uit die oogpunt van die dier en waar hy in die voedselketting is.

Klasaktiwiteit: XEROFITIESE PLANTE - AANPASSINGS

OPDRAG: Navorsingsprojek

  • Meeste xerofiete word in verskeie kulturele groepe as medisyne en 'n verkeidenheid van ander gebruike aangewend.
  • Die aalwyn ( Aloe verox) veral het wye gebruike – vind uit by homeopate, sangomas of 'n inyanga.
  • Doen navorsing op die internet, in boeke en biblioteke
  • Skryf navorsingsverslag met die volgende opskrifte:
  • Streke waar dit groei
  • Spesiale eienskappe van die plant en veral sy blare
  • Medisinale en ekonomiese waarde van die plant
  • Sluit in 'n lys van al jou bronne en webruimtes wat jy gebruik het.

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask