<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 7

‘n gesonde leefwyse

Module 3

Siektes en siektetoestande

Maniere om met siektes en siektetoestande (insluitend MIV/VIGS) saam te leef

Dit is baie belangrik om, veral wanneer ‘n mens nog jonk is, te besef dat elke dag wat jy lewe ‘n geskenk is. Niemand weet vir seker of hy of sy nog die volgende dag gaan lewe nie. Daarom is dit so belangrik dat jy elke dag van jou lewe voluit lewe asof dit die laaste dag is.

Mense wat weet dat hulle aan ‘n lewensbedreigende siekte ly, byvoorbeeld kanker of MIV/VIGS, het spesiale moed en ondersteuning nodig omdat hulle daagliks herinner word aan hulle sterflikheid. Hulle moet ook saamleef met pyn en ongemak wat onverstaanbaar is vir enige persoon wat dit nog nie self ondervind het nie.

Aktiwiteit 1:

Om afleidings uit ‘n gedig te maak [LU 1.3]

Individueel

Indien nodig, sal jou opvoeder jou help om die volgende gedig te verstaan. Lees dit op jou eie deur, maak jou oë daarna toe en dink wat die woorde vir jou sê.

If this were my last day I’m almost sure

I’d spend it working in my garden.

I would dig about my little plants, and try

To make them happy, so they would endure

Long after me. Then I would hide secure

Where my green arbour shades me from the sky,

And watch how bird and bee and butterfly

Come hovering to every flowery lure.

Then, as I rested, perhaps a friend or two,

Lovers of flowers would come, and we would walk

About my little garden paths and talk

Of peaceful times when all the world seemed true.

This may be my last day, for all I know;

What a temptation just to spend it so!

Anne Higgins Spicer ( Light from Many Lamps , 1951: 15)

  • Arbour beteken ‘boom’.
  • Lure beteken ‘iets wat jou nader lok’.

Beantwoord vir jouself die volgende:

  • Watter dinge is vir hierdie persoon werklik belangrik in die lewe?
  • n Mens sou dalk kon antwoord: die natuur, vriende en vrede.
  • Wat is vir jou die drie belangrikste dinge in jou lewe?
  • Wat sal jy wil doen op die laaste dag wat jy lewe?

Aktiwiteit 2:

Om ‘n siektetoestand te hanteer [LU 1.3]

Groepaktiwiteit 1

Hier volg ‘n lys van maniere waarop ‘n mens ‘n ernstige siektetoestand kan hanteer sodat die siek persoon, asook die persone wat deur die siekte geraak word, op die mees positiewe manier kan voortgaan met hul lewens.

Elke groep moet minstens twee van hierdie strategieë kies en dit bespreek en ook nuwe voorstelle maak t.o.v. die hantering van die siekte.

Win inligting oor die siekte in:

  • Bly altyd hoop
  • Vra familielede om te help
  • Bid vir die persoon
  • Klop by ‘n kliniek of hospitaal aan vir hulp
  • Hou alle eetgerei skoon
  • Berei spesiale kos vir die persoon voor
  • Kontak die plaaslike hospitium
  • Wees bedag op simptome wat mag aandui dat jy ook dalk hierdie siekte het.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
G ESONDHEIDSBEVORDERINGDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 maniere voorstel om die voedingswaarde van eie persoonlike dieet te verbeter;
1.2 optrede evalueer om ’n omgewingsgesondheidsprobleem te hanteer;
1.3 strategieë beskryf om met siektes, insluitend MIV/vigs, saam te leef;
1.4 die persoonlike gevoelens, gemeenskapsnorme, waardes en sosiale druk bespreek wat met seksualiteit gepaardgaan.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask