<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Muggie deel 3

Opvoeders afdeling

Memorandum

Inleiding

Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.

Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.

Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules . Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Oupa sê die muise moet wegtrek want daar het meer gevare opgeduik. Muggie word genooi om ‘n naweek by die leerders deur te bring en hy skryf daaroor.

Daar is gediggies om na te luister, te bespreek en te lees, woorde om in alfabetiese volgorde te plaas en ‘n prentjie- en kodeboodsap om te ontsyfer.

  • SKRIF
, , , , , , word aangeleer.
  • KLANKE EN WOORDBOU

Meervoude soos broer – broers; kind – kinders; vrou – vrouens; lam – lammers; kies – kieste; graaf – grawe; dag – dae word aangeleer.

Spelwoorde met dubbel medeklinkers bv. binne; woorde met ‘n kappie bv. sê; en woorde met ‘n deelteken bv. reën word aangeleer.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Jy, Muggie, het ‘n baie lekker naweek saam met jou maatjie deurgebring. Vertel vir Oupa en al jou familie van jou naweek. Onthou jy is Muggie.
LU 4.6.1 LU 4.6.2 LU 4.6.5
  • Luister terwyl jou Juffrou vir jou lees.
  • Lees nou self hierdie bladsye oor “Uile”.

Uile behoort aan die voëlfamilie

Hulle is bedek met vere.

Hulle is warmbloedige diere.

Hulle het ruggrate.

Daar is baie verskillende soorte uile.

Sommige is grys en wit

en sommige gespikkelde bruin.

Uile is roofvoëls.

Hulle het sterk, geboë kloue.

Die kloue is vlymskerp.

Hulle gebruik die kloue om hul prooi mee te vang.

Uile jag in die nag.

Hulle kan baie goed in die donker sien.

Hulle jag muise, rotte, kuikens en selfs eende en klein kalkoentjies.

Selfs hase en dassies is versigtig vir uile.

Klein balletjies onverteerbare been en hare word dikwels naby uilneste gekry.

Uile sluk hulle prooi heel in en

die onverteerbare dele soos vere, bene

en hare hoop in hul kroppe op.

Hierdie dele word in die vorm van klein balletjies uitgebraak.

Wetenskaplikes en bioloë ondersoek die klein balletjies om vas te stel wat uile vreet.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask