<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Julle gaan nou elkeen so ‘n pamflet ontwerp. Julle kan ‘n A4- of A5-grootte vel papier gebruik. Die pamflet moet al die nodige inligting bevat van die selekant, sowel as foto’s, sketse of afdrukke van dié vis. Onthou om ook die beloning aan te bied, sowel as om die telefoonnommer of adres te verskaf.

Gebruik die leesstuk vir die nodige inligting. Jy kan ander bronne ook raadpleeg, byvoorbeeld ’n ensiklopedie of die rekenaar.

LU 4.4.1

Lidwoorde

Lidwoorde is kort woordjies wat jy voor naamwoorde gebruik. Die lidwoord ‘n word vir een ding gebruik, bv. ‘n vis, ‘n vin. Die lidwoord die word vir een ding én meer as een ding gebruik: die vis, die visse, die vin, die vinne. Wanneer ons die gebruik, is dit ’n spesifieke ding of dinge waarvan gepraat word.

Onthou ‘n word nooit met ‘n hoofletter geskryf nie. As jy ‘n sin met ‘n begin, word die tweede woord met ‘n hoofletter geskryf: ‘n V is swem met sy vinne.

Vul ‘n of die op die regte plek in die volgende storie in.

SELIE DIE SELEKANT

Selie is baie honger. Hy het lus vir lekker, vet vis. Vis soos

rifvis sal veral lekker smaak. Selie is eintlik jagter en hy spoor

rooivis op deur elektriese seine op te vang wat hy uitstuur. Selie jag in nag

en skuil bedags in grot. Selekant se grootste vyand is haai.

LU 6.2.9

Mondeling

Maak ‘n radio-advertensie.

Buiten die gebruik van pamflette, kon prof. Smith ook van die radio gebruik gemaak het om te adverteer dat hy op soek is na die selekant. In 1938 was daar nog nie televisie in Suid-Afrika óf Afrika nie. Die mense het baie na die radio geluister in daardie dae. Jy kan saam met ‘n maat werk, of alleen, om hierdie advertensie te maak.

Dink aan die volgende wanneer jy/julle die advertensie maak:

  • Gaan julle musiek, ‘n liedjie, ‘n klingel of agtergrondgeluide gebruik vir julle advertensie?
  • Sal die advertensie ernstig of snaaks wees?
  • Wie gaan praat of wie gaan die karakter wees?
  • Is die taalgebruik goed en verstaanbaar?
  • Word die beloning genoem, sowel as die kontakpersoon en sy telefoonnommer en/of adres?
LU 2.4.2

Gedig

Luister terwyl julle opvoeder die gedig hardop voorlees.

Verdeel in groepe van vier. Elke groeplid kan ‘n strofe (stanza) voorlees. Lees die gedig vier maal deur sodat elkeen elke keer ’n volgende strofe lees.

Elke groeplid kry dus ‘n kans om elke strofe te lees.

Die selekant

Jy leef daar diep, diep onder in ‘n grot,

Vir sovele jare reeds al tevrede met jou lot.

Jou stert lyk koddig en is eintlik dubbel,

En met so baie tande kan jy nie juis knibbel!

Jou kleur is diepblou met vlekke van wit,

En jou vinne lyk baie soos bene wat aan jou lyf vassit,

Jou lengte is nes dié van groot mense–mans,

Jy lyk so lomp – hoe hou jy jou balans?

Hulle sê jy het 300 miljoen jaar gelede op land geloop,

Is dit moontlik dat jy nog op jou vryheid hoop?

Jou liggaam is nou so groot en swaar,

Dis moeilik om te dink jy kon loop, sowaar!

Hoe het jy oorleef? - dit is die vraag,

Ons kennis van jou verlede bly steeds vaag.

Hoe min weet ons tog van die diep oseaan,

Is daar nóg “monsters” wat hul weg daar onder baan?

G.S.

Beantwoord die volgende vrae, steeds in groepsverband:

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask