<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Geskiedenis

Graad 4

Hoe vervoer die mensdom gedien het

Module 9

‘n kort geskiedenis van seevervoer

Skepe het reeds voor 1500 vanaf Europa om die suidpunt van Afrika gevaar – onthou Dias en Da Gama.

In 1652 het die Nederlanders onder Jan van Riebeeck ‘n verversingspos aan die Kaap gestig. Hulle seilskepe het groot seile gehad om só die wind beter te benut om te kon seil.

Sedert daardie tyd het daar al baie ontwikkelings plaasgevind. Vandag beweeg die meeste groot skepe met behulp van kragtige enjins voort.

Aktiwiteit 1

Om die verskille tussen gister en vandag te soek [lu 2.3]

A)kan jy uitken (merk), watter vyf items nie in die tydperk pas nie?

B)kan jy die volgende skepe uitken?

Stoomboot Visserskuit Passasierskip Vragskip Sleepboot Seiljag Olietenker

C)die kaapse seeroete het al hoe belangriker geword sedert 1652. waarom?

Oseaanroetes van die wêreld(Die dikte van die lyne stem ooreen met die tonnemaat wat vervoer word.)

D)lees nou die wonderlike verhaal van ‘n beroemde see-avonturier.

  • Gebruik ‘n atlas en vra jou onderwyser om jou te help om Heyerdahl se reise te volg.
  • Skryf ‘n kort briefie vir jou maat waarin jy hom of haar van ‘n ander beroemde (maar moderne) baanbreker – man of vrou – ten opsigte van seevaart vertel. Wat kan ons vandag by hom /haar leer?

Thor heyerdahl

Die Noorweegse wetenskaplike en avonturier, Thor Heyerdahl, is gebore op 6 Oktober 1914 in Larvik, Noorweë. Hy het beroemd geword nadat hy en vyf ander bemanningslede ‘n suksesvolle seereis onderneem het op ‘n vlot gemaak van balsahout (‘n ligte, sterk hout), en met die naam Kon-Tiki . Hierdie reis het in 1947 plaasgevind. Binne 97 dae het hulle die Atlantiese Oseaan vanaf Peru na Polinesië oorgesteek. Die Polinesiese eilande is noord van Nieu-Seeland en ongeveer 2 000 km ver van Peru. Die vlot is gebou volgens die voorbeeld van die antieke Inkas en vernoem na ‘n Plinesiese god, Tiki . Heyerdahl wou bewys dat die bewoners van Polinesië van Peru in Suid-Amerika afkomstig was – en nie vanaf Asië nie. Volgens hom kon hulle sulke groot afstande op see aflê.

Hy het later die verloop van dié suksesvolle reis in sy boek, Kon-Tiki , beskryf en meer as 20 miljoen kopieë daarvan is verkoop. Dié epiese avontuur is in 1950 ook verfilm en het ‘n Oscar verower!

Op 17 Mei 1970 het hy weer groot opspraak verwek toe hy die Atlantiese Oseaan met ‘n bemanning van sewe oorgesteek het, met ‘n boot van 12 m lank en gemaak van papirus. Die naam daarvan was Ra-2 , en dit is deur Indiane uit die omgewing van die Titicacameer in Suid-Amerika gebou, waar dié tipe boot gebruik word.

Thor Heyerdahl wou bewys dat die antieke Egiptenare Amerika lank voor Columbus bereik het, en dat hulle dus ‘n groot invloed op die antieke Amerikaanse-Indiaanse beskawing gehad het. Heyerdahl se reis vanaf Marokko in Afrika na die eiland Barbados in die Karibiese See (960 km) het ongeveer 57 dae geduur. Historici het nie veel waarde aan dié reis geheg nie. Heyerdahl en sy bemanning het egter tydens hulle tog monsters geneem van die seewater om só te bewys hoeveel oliebesoedeling daar in die Atlantiese Oseaan plaasvind.

In 1977 tot 1978 het Thor Heyerdahl ‘n boot van riet, die Tigris , met behulp van die Suid-Amerikaanse Indiane van die Titicacameer gebou. Hierdie keer het hy daarin geslaag om die afstand in beide rigtings af te lê. Tydens hierdie tog is hy so geskok deur die toenemende besoedeling van die see dat hy sy boot agterna uit protes verbrand het.

In die 1980’s het Thor Heyerdahl al hoe meer betrokke geraak by veldtogte teen besoedeling.

Assessering

Leeruitkoms 2: geskiedkundige kennis en begrip

Die leerder is in staat om geskiedkundige kennis en begrip te toon.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

  • ooreenkomste en verskille: ooreenkomste en verskille tussen die verlede en hede identifiseer oor hoe dinge gedoen is binne ‘n bepaalde konteks.

Memorandum

  1. Vlieënde piering, pendeltuig, kabelkar, motorboot, roeiboot met vlag
  2. 1, 3, 8, 6, 5, 7, 4 (2 is in duikboot)

c) Sentraal geleë vir ‘n verskeidenheid seeroetes – veral t.o.v. handel

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11090/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask