<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 9

Lewensprosesse: ‘n gesonde lewe

Module 9

Groei, ontwikkeling en adolessensie

'n Organisme groei as hy toename in massa en grootte toon.

'n Organisme ontwikkel as sy selle en weefsels ander vorms en funksies aanneem.

Die mens groei vanaf die sigoot deur die volgende stappe:

  • Morula: soliede balletjie selle
  • Blastula: 'n hol balletjie selle wat begin differensieer
  • Embrio: eerste twee maande
  • Fetus: vanaf twee maande

Na geboorte is daar weer 'n reeks ontwikkelings:

  • Baba: vanaf geboorte
  • Kleuter: ongeveer vanaf twee jaar
  • Adolessent: ongeveer vanaf ouderdom tussen 10 en14
  • Volwassene: ongeveer vanaf ouderdom 18

Hormone veroorsaak 'n wye reeks verandering in seuns en meisies.

Seuns: TESTOSTEROON Meisies: ESTROGEEN
  • Geslagsorgane groter
  • Geslagsorgane groter
  • Spiere groter en sterker
  • Heupe verbreed
  • Stem dieper – "stem breek"
  • Borste groter
  • Liggaamshare
  • Liggaamshare

Vrae en aspekte rondom adolessensie: GROEPBESPREKING

  • Sommige kulture vereis 'n inisiasieproses, afhangend van die kultuur en geloof. 'n Reeks rituele en seremonies moet deurleef word. Vind meer hieroor uit en wees sensitief daaroor.
  • Ander gelowe en kulture vereis besnydenis – op wisselende ouderdomme. Eweneens moet respek teenoor andere se sienswyses gehandhaaf word.

1. Wat is besnydenis?

2. Wat is inisiasie?

3. Wat is aknee? Hoe behandel jy dit?

4. Wat is groepdruk? Hoe hanteer jy dit?

Assessering: GROEPBESPREKING

Kan jy die rol van die mens in sy gemeenskap duideliker sien?

[LU 3.1]

Assessering

LU 2

Konstruksie van Wetenskapkennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is bewys as die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting kan onthou;

2.2 inligting kan kategoriseer;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

LU 3

Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing

Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit is bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit verstaan;

3.2 die volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

Groei, ontwikkeling en adolessensie

VRAE EN ASPEKTE RONDOM ADOLESSENSIE: GROEPBESPREKING

1. chirurgiese verwydering van voorvel van penis

2. reeks rituele en seremonies wat in sekere kulture gevolg word – sluit soms besnydenis in – manlik en vroulik

3. velprobleme agv oormatige olieafskeiding agv hormone; goeie basiese velroetine en medisinale rome en middels

4. druk tov kleredrag, gedrag, houdings en gewoontes uitgeoefen deur jou eie ouderdomsgroep en maats; besluit self deur goeie morele waardes as verwysingsraamwerk te gebruik; oorweeg ook ouer persone se lewenswysheid en ervaring

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask