<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 5

Besin voor jy begin!

Module 9

Basiese ekonomiese eenheid van 'n gemeenskap

1. Die basiese ekonomiese eenheid van ‘n gemeenskap

Raai, Raai! Wat is die basiese ekonomiese eenheid van die gemeenskap? Ja, jul huishouding! Elke lid van die groep mense wat in jul huis woon, het ‘n spesifieke rol en funksie wat hy/sy moet vervul. Elke lid is ‘n rolspeler wat verantwoordelikheid moet aanvaar vir sekere take om die huishouding te laat vlot.

Opdrag 1

Skets kortliks uit watter rolspelers julle gesin bestaan.

Opdrag 2

Watter bydrae lewer elk van jul gesinslede tot die ekonomie?

Watter lid/lede?
Verbruikers van goedere en dienste
Verrig arbeid in die ekonomie

Besef jy dat elke lid van jul gesin goedere en dienste koop om jul spesifieke behoeftes te bevredig? Daarom is julle almal VERBRUIKERS.

[LU 1.1]

Agtergrond
Wat is goedere?Dit is tasbare voorwerpe wat gekoop kan word, bv. kruideniersware, beddegoed, meubels,skoonmaakmiddels, ens.
Wat is dienste?Dienste is ontasbaar. Dit kan nie gevoel of gesien word nie. In die ekonomie word daar hoofsaaklik twee soorte dienste verrig, nl.
  1. persoonlike dienste, bv. mediese sorg, opvoeding, haarsorg, ens.;
  2. kommersiële dienste, bv. vervoer, bankwese, assuransie, advertensies, ens.

Opdrag 3

Merk af watter tipe diens elk van die volgende beskrywings is deur ‘n regmerkie in die toepaslike kolom te maak.

Persoonlik Kommersieel
  1. Ma laat haar hare elke maand sny.
  1. Ousus laat haar beenhare waks vir die matriekafskeid.
  1. Kleinboet is in die preprimêre klas.
  1. Pa bank elke maand sy salaris.
  1. My ouers neem ‘n polis op my naam uit om eendag vir my studies te betaal
  1. Oupa kom die vakansie vir ons kuier. Hy gaan met die trein reis.

[LU 1.1]

Om dienste en goedere te kan koop, moet sekere volwassenes in jul gesin arbeid verrig om die fondse te genereer. Dit is dus uiters belangrik dat jul huishouding reg bestuur word, sodat ‘n balans tussen die inkomste en uitgawes bereik kan word.

Agtergrond
Wat is ‘n bestuurder? ‘n Bestuurder is iemand wat in beheer van iets is, bv. ‘n skool, ‘n sportspan, ‘n besigheid.‘n Bestuurder is in beheer van mense wat leiding en rigting nodig het om hul doelwitte te bereik.

Jou ouers bestuur jul huishouding, want hulle neem die meeste besluite om die huishouding te laat vlot. Die basiese funksies van ’n bestuurder behels BEPLANNING, ORGANISERING, LEIDING EN BEHEER.

Agtergrond
Wat word bedoel met elk van hierdie bestuursfunksies? Beplanning → die bestuur besluit wat gedoen moet word. Organisering die bestuur besluit hoe dit gedoen moet word. Leiding → die bestuur besluit hoe en wanneer dit gedoen moet word. Beheer → die bestuur stel vas of die opdragte uitgevoer is.

Opdrag 4

Jou ma is in beheer van die voedselvoorbereiding in jul huis. Skryf langs elke beskrywing watter bestuursfunksie sy verrig het.

Handeling Bestuursfunksie
Die gesin gaan souttert , ‘n groenslaai en broodrolletjies vir aandete eet.
Ma maak die souttert.Ousus maak slaai enKleinboet smeer die broodrolletjiesom sesuur.
Ma wys vir elke lid hoe om die kos voor te berei en moedig ons aan.
Ma roep ons om 19:00 om aan te sitvir aandete.

[LU 1.1]

Opdrag 5

Die klas waarin jy ‘n leerder is, is ook ‘n ekonomiese eenheid wat deur die klasonderwyser bestuur word. Beskryf in een duidelike sin die vier bestuursfunksies wat in die klas toegepas word met betrekking tot huiswerk.

Beplanning

Organisering

Leiding

Beheer

[LU 3.1]

Assessering

LU 1

DIE EKONOMIESE KRINGLOOP

Die leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

1.1 onderskei tussen verskillende vlakke van behoeftes en verduidelik hoe daar daarin voorsien kan word

LU 3

Bestuurs-, Verbruikers- en Finansiële Kennis en Vaardighede

Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.

Ons weet dit as die leerder die volgende doen :

3.1 neem deel aan en toon bestuurs- en leiersrolle in die klas en by die huis in die afwesigheid van volwassenes;

3.3 vind uit en bespreek hoe ‘n spaarrekening by ‘n bank oopgemaak word en vul ‘n deposiito- en onttrekkingstrokie in;

3.4 bespreek die waarde daarvan om geld te spaar en spaarsaam te wees, en waarom mense in wie se basiese behoeftes nie voorsien wrd nie, dit moeilik vind om te spaar.

Memorandum

Opdrag 1

Die opvoeder kan aan die klas verduidelik wat ‘n gemeenskap (‘n samehorige groep) is en leerders kan dan Opdrag 1 voltooi. Antwoorde kan verskil.

Opdrag 2

Die opvoeder kan die rol van die inwoners van ons land in die land se ekonomie bespreek, waarna elke leerder dit individueel kan voltooi.

1. kinders, ouers

  1. ouers, huishulp, tuinier

Opdrag 3

Die verskil tussen goedere en dienste moet aan die leerders verduidelik word, asook die verskil tussen persoonlike en kommersiële dienste. As klasgroep kan nr. 1 van die opdrag voltooi word, waarna die takie individueel voltooi kan word.

1. Persoonlik (haarsorg)

2. Persoonlik (velsorg) √

3. Persoonlik (opvoeding) √

4. Kommersieel (bankwese) √

5. Kommersieel (polisse / assuransie) √

6. Kommersieel (vervoer) √

Opdrag 4

Die doel van ‘n bestuurder, asook van die verskillende bestuursfunksies, kan met die leerders bespreek word, waarna die opdrag voltooi word.

1. beplanning √

2. organisasie √

3. leiding √

4. beheer √√

Opdrag 5

Vier verskillende sinne wat die bestuursfunksies beskryf kan op die bord geskryf word, waarna elke leerder kies teenoor watter funksie elke stelling moet staan en dit dan neerskryf. Daarna kan dit gekontroleer word.

1. Die onderwyser besluit watter werk huiswerk is.

2. Die onderwyser verdeel die huiswerk in sinvolle take.

3. Die onderwyser verduidelik hoe die werk gedoen moet word en wanneer dit klaar moet wees.

4. Die groepleiers kontroleer of huiswerk afgeskryf, geteken of deeglik gedoen is.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 05, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10973/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask