<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 7

Module 8

Om te reis

1.

  1. Werk steeds saam met ‘n maat en beantwoord die volgende vrae in volsinne:

Voorbeeld:

Hoe sal jy reis as jy Amerika toe wil gaan?

Antwoord :

As ek Amerika toe gaan, sal ek per vliegtuig reis.

Hoe sal jy reis:

  1. as jy Engeland toe wil gaan?
  2. as jy na die bure toe wil gaan?
  3. as jy na ‘n eiland toe wil gaan?
  4. as jy by familie in ‘n ander provinsie wil gaan kuier?
  5. as jy by ‘n maat in ‘n ander deel van jou dorp of stad wil gaan kuier?
  6. as jy winkel toe wil gaan?
  1. as jy in ‘n woestyn moet ry?
  2. as jy met vakansie gaan?
  3. Voltooi die volgende sin:

Al die motors, fietse, busse en treine is v_____________

  1. Ons het gelees dat ‘n mens te perd reis, of per motor. Die vetgedrukte woorde is voorsetsels. Daar is nie reëls om te help hoe om voorsetsels te gebruik nie. Jy moet hulle net goed leer:
‘n Mens gesels met iemand. Hulle reis per vliegtuig.
Ek kyk na iets. Almal loop by die deur uit .
Hy klop aan die deur. My broer sal langs my sit.
Ons ry agter ‘n bus. Ek klim in die bus.
Daar ry ‘n minibus-taxi voor ons. Die boek lê onder die tafel.
Ons hou almal van lekkers. Oor ‘n week sluit die skole.
Julle sit almal op stoele. Die skildery hang teen die muur.
My ma is kwaad vir my. Ek stap tot by die huis.
Die man roep om hulp. Daar was ‘n bakleiery tussen die twee vriende.
Ons gaan te voet of te perd. Die sak lê bo-op die kas.
LU 6.3.2

Ons het oor ‘n klomp verskillende vervoermiddels gesels. Die mees opwindende en vinnigste vervoermiddel is sekerlik die vliegtuig. Mense het duisende jare gelede reeds aan maniere gedink om te kan vlieg. Op die volgende bladsy is ‘n tydlyn wat die geskiedenis van drome om te kan vlieg, asook die verskillende maniere van vlieg, ondersoek.

2. tydlyn

VOOR CHRISTUS

c. 843 Bladud, koning van Brittanje, val hom dood terwyl hy uit ‘n toring spring met ‘n paar vlerke wat van vere gemaak is.

c. 400 Die Chinese ontwerp vlieërs.

c. 300 Die Egiptenare maak ‘n houtvoël met geboë vlerke en ‘n stertvin.

na Christus

1020 Die vlieënde monnik, Oliver van Malmesbury, slaag daarin om met ‘n paar vlerke te “sweef”, maar breek albei sy bene toe hy land.

1783 Joseph en Etienne Montgolfier se lugballon sweef vir omtrent 40 km. Die passasiers was ‘n skaap, hoenderhaan en eend.

1797 Die eerste valskermsprong deur ‘n Fransman, Andre Garnerin.

1903 Die Wright broers bewys die mens kan vlieg. Hulle vliegtuig is die eerste om in die lug te bly. Die eerste vlug duur 12 sekondes.

1908 Die eerste vliegongeluk. Orville Wright se vliegtuig val en sy passasier sterf.

1909 Louis Blériot vlieg oor die Engelse Kanaal.

1913 Die eerste luggeveg vind plaas wanneer twee vlieëniers op mekaar skiet met pistole tydens die Mexikaanse Burgeroorlog.

1919 Die eerste passasiersdiens word tussen Berlyn en Weimar (Duitsland) begin.

1933 Die eerste Boeing 247-vlug.

1947 Die klankgrens word gebreek deur ‘n vliegtuig. Die spoed was Mach 1, 015. Die spoed van klank word in Mach gemeet.

1969 Eerste vlug van die supersoniese straler, die Concorde. (Supersonies beteken dit vlieg vinniger as die spoed van klank).

1972 Die eerste vlug van ’n Airbus A300-vliegtuig.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask