<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 7

Regte en verantwoordelikhede

Module 8

Die verryking wat diverse kulture in suid-afrika meebring

Die verryking wat diverse kulture in suid-afrika meebring

Die leuse op ons landswapen, geskryf in die Khoisan-taal van die / Xam-mense, beteken Verskillende mense verenig , of mense wat verskil, verenig saam . Met hierdie woorde bevestig ons die groot verskeidenheid kulture wat ons verteenwoordig. Indien ons dit nastreef en ook die laaste strofe van ons volkslied ernstig opneem (“ Sounds the call to come together, and united we shall stand, Let us live and strive for freedom, in South Africa our land. ”), het ons ‘n wenresep vir die daarstelling van ‘n groot kulturele skatkis.

Voor jy die werkopdragte kan aanpak, is dit nodig dat jy weet wat die woord “kultuur” beteken. Die Verklarende Woordeboek (HAT, 1988) beskryf dit so: Begrip wat die ganse geestelike besitting van ‘n volk op elke terrein omvat . Die woordeboek verduidelik dit verder deur die sin: Kultuur is wat oorgebly het nadat jy vergeet het wat jy opsetlik geleer het.

Kultuurgoed is dus die taal, kos, danse, liedere, speletjies, rituele en gebruike wat jy vanself in jou ouerhuis aanleer. Met die wêreld wat as gevolg van globalisasie en die kommunikasie-ontploffing “kleiner” word, word die grense tussen verskillende kultuurgroepe toenemend vaag en minder duidelik onderskeibaar. Dit is eintlik jammer dat kosbaarhede wat eie is aan ‘n volk of groep, stelselmatig verdwyn. Dit is baie belangrik dat elke volgende geslag erns maak om vas te stel waar hulle wortels lê sodat hulle die beste daaruit kan haal, dit kan uitbou en dit vir die toekomstige geslagte kan behou. Dink maar aan die wonderlike kultuurskat van die Koisan wat deur verwestering amper tot niet is. Wonderlike rotstekeninge, stories en medisyneresepte wat nog net deur ‘n paar ou mense onthou word, is bykans al wat van hierdie ryk skat oorgebly het.

Aktiwiteit 1:

Om ‘n ondersoek oor kultuuronderwerpe te doen [LU 2.4]

Groepaktiwiteit

Werk in groepe van vier tot ses leerders.

Elke groep moet ‘n ondersoek gaan doen oor een van die onderstaande kultuuronderwerpe om vas te stel watter verskillende kulture in ons land verteenwoordig word:

  • Grimering en juwele
  • Kleredrag
  • Kos
  • Dans
  • Musiek

Versamel oor ‘n tydperk van twee weke pamflette, kleurbrosjures en artikels in tydskrifte en koerante wat handel oor verskeie kultuurgoed en gebeure. Advertensies kan ook ‘n goeie bron wees.

Wenk:

‘n Goeie plek om te begin, is by toerismekantore, kunsgalerye of winkels wat gerig is op toerisme.

Hier is ook ‘n paar webtuistes waar jy inligting kan kry oor kulturele aspekte in al nege provinsies:

www.capetourism.org

www.northerncape.org.za

www.ectourism.co.za

www.zulukingdom.org.za

www.fstourism.co.za

www.gauteng.net

www.tourismnorthwest.co.za

www.ourismboard.org.za

www.mpumalanga.com

  • Bring nou die inligting wat julle versamel het, klas toe.
  • Vul die onderstaande tabel in en gee telkens ‘n voorbeeld uit jou artikels en brosjures.

Voorbeeld:

Onderwerp van ondersoek: grimering en juwele

Voorbeeld Voorwerp/onderwerp Kultuur
a Saffraan verfpatrone op die handpalms en voete (Mahendi) Hindoe
b Kralewerk Zoeloe

Onderwerp van ondersoek:

Voorbeeld Voorwerp/onderwerp Kultuur

Assessment

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
S OSIALE O NTWIKKELINGDie leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede,asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 die toepassing van menseregte soos beskryf in die Suid-Afrikaanse grondwet bespreek;
2.2 verduidelik hoe om geslagstereotipering en seksisme teen te werk;
2.3 die belangrikheid van vrywilliger-organisasies bespreek;
2.4 verduidelik hoe die erkenning van diverse kulture die Suid-Afrikaanse samelewing kan verryk;
2.5 die rol van die mondelinge tradisie en van geskrifte in ’n verskeidenheid wêreldgelowe verduidelik.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask