<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 9

Lewensprosesse: ‘n gesonde lewe

Module 6

Ekskresie- en uitskeidingsisteem

Van die mens

Al die afval wat jou selle deur metabolisme produseer, moet uit jou liggaam verwyder word.

Die sisteem wat hiermee gemoeid is, is die EKSKRETORIESE SISTEEM . Die hoofstelsel by die mens is die URIN Ê RE SISTEEM wat bestaan uit:

  • twee niere
  • twee ureters
  • blaas
  • enkele uretra

Urinêre sisteem

  • EKSKRESIE is die proses waardeur van afval onslae geraak moet word.
  • SEKRESIE , daarenteen, is die afgee of afskei van nuttige stowwe soos hormone, mukus, ens.
  • EKSKRETORIESE PRODUKTE is die verskillende stowwe waarvan ontslae geraak moet word.
ORGAAN EKSKRETORIESE PRODUK
Longe
Vel
Spv.kanaal
Niere

Niere werk soos filtreerders en moet ongeveer 15 000 liter bloed per dag filtreer. Slegs 'n filtraat bekend as urine verlaat die liggaam – ongeveer 1,5 liter per dag.

Urine bevat 96% water, 2% ureum en 1 % soute, asook 1 % ander metaboliese stowwe.

Niere funksioneer op hulle beste as 'n mens 6 - 8 glase water per dag drink. Vermy te veel koffie, gekleurde koeldranke en te veel sout. Dit alles laat die niere harder werk.

'n Persoon kan goed funksioneer met net een nier. Persone met erge nierkwale moet 'n nier-dialise ondergaan – dit word gedoen met 'n masjien wat die bloed suiwer. Gewoonlik is sulke pasiënte kandidate vir nieroorplantings en wag hulle op skenkers.

SKETS VAN NIER:

  • Maak 'n eenvoudige skets van die nier om sy bou te toon – bestudeer 'n varknier en dissekteer dit.
  • VRAE OOR DIE NIER:

1. Hoe word die niere in die liggaam beskerm?

2. Wat is nierstene en hoe word dit deesdae behandel?

3. Wat is die funksie van die blaas?

4. Wat is die funksie van die sfinkter by die blaas?

5. Wat is inkontinensie? Bespreek die sensitiwiteit hierondom in die klas.

6. Wat sal die volgende in urine toon?

a) Glukose

b) Proteïne

Assessering: NIER-skets en vrae

Kon jy die skets teken en die vrae beantwoord?

[LU 2.1]

Assessering

LU 2

Konstruksie van Wetenskapkennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is bewys as die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting kan onthou;

2.2 inligting kan kategoriseer;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

Memorandum

Ekskresie- en uitskeidingsisteem van die mens

ORGAAN EKSKRETORIESE PRODUK
Longe CO 2 en waterdamp
Vel Water en soute
Svk Voedselreste
Niere Water, soute en ureum

VRAE OOR NIER:

1. vetlaag

2. uriensuur vorm kristalle – oplosmiddels en laser

3. stoor urine

4. hou vloeistof binne en beheer vrystelling

5. onvermoë om sfinkter te beheer

6. a) suikersiekte b) nierinfeksie of skade of swangerskap

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask