<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 8

Streshantering

Module 6

Almal beleef stres nie dieselfde nie

Aktiwiteit 1

Lees die volgende paragraaf

[LU 3.1]

Wanneer mense iets beleef wat hulle ontstel, word hulle angstig of gespanne. Hulle sê gewoonlik hulle stres nou. Dis nie swak mense, vrouens of oumense wat aan stres lei soos baie manne dink nie - nee, almal kan aan stres ly. Een of ander tyd vang die groot S jou. Hoe jy die spanning hanteer - dis wat saak maak!

Party mense kry stres soos ’n ligte verkouetjie. ’n Snuifie of twee en alles is verby. Ander mense kry dit weer soos ’n erge griep. Hulle kry swaar! Soms moet hulle mediese behandeling kry. Dis beter om ’n dokter te vra om iets voor te skryf as wat jy jouself dokter met allerhande pille, dwelms of drank. Dié klas goed maak net jou probleme op die ou einde baie groter.

Hoe weet ’n mens of jy stres het? Jy voel dit! Lees wat sê Bernadine: “As ek musiekeksamen moet speel, dan voel daar of daar skoenlappers in my maag is. Soms is dit so erg dat my hande bewe.” Nou ja, as die eksamen verby is, dan is Bernadine weer ontspanne. Sarah sê: “As ek eksamen skryf, is ek naar en my maag pyn voor ek begin.” Joseph sê: “Ek kan nie slaap as ek ’n sokkerwedstryd moet speel nie. Ek word kort-kort wakker.”

Antwoord die volgende vrae en voer die opdragte uit.

1. Is dit net swakkelinge wat stres kry? Gee ’n rede vir jou antwoord.

2. Watter maniere is die verkeerde wyse van stres hanteer?

3. Maak ’n lys van stressimptome wat in die leesstuk hierbo genoem word.

4. Watter goed (faktore) het stres veroorsaak by Bernadine, Sarah en Joseph?

5. Wat het Lennie (Aktiwiteit 1) se stres veroorsaak?

6. Dink jy Lennie se pa en ma was reg toe hulle hom uit die vertrek uitgestuur het sodat hulle “grootmensgoed” kon gesels? Gee redes vir jou antwoord.

7. Hoe het Lennie se pa en ma reageer op die nuus dat die pa nou werkloos was?

8. Dink jy hulle het die nuus goed of sleg hanteer? Wat sou jou ouers doen?

9. Dink jy volwassenes stres erger as kinders? Gee redes vir jou antwoord.

10. Sou jy ook afgeluister het soos Lennie? Verduidelik jou antwoord.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy of haar wêreld te reageer
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
3.1 faktore wat selfbeeldontwikkeling en selfmotivering beïnvloed, ontleed en bespreek;
3.2 besin oor gepaste gedrag in verskillende soorte interpersoonlike verhoudings;
3.5 ’n persoonlike plan vir die voorkoming en hantering van stres ontwerp en implementeer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask