<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Graad 9

Getalle

Module 5

Geldsake

KLASWERK

  • Daar is min mense wat nie amper daagliks met geld werk nie. Hier is ’n paar basiese finansiële beginsels.

1. As iemand ’n besigheid bedryf, doen hy dit om geld te maak sodat hy kos kan koop, vir sy elektrisiteit en water kan betaal en ander behoeftes kan bekostig. Om geld te maak uit ’n besigheid, moet hy meer geld inkry uit die besigheid as wat hy uitgee om die besigheid aan die gang te hou. Dit beteken dat hy ’n wins maak as sy inkomste groter as sy uitgawes is. As die uitgawes meer is as die inkomste, dan is die gevolg ’n verlies . Nog ’n manier om dit te beskryf, is om van bruto inkomste en netto inkomste te praat. Bruto inkomste is dieselfde as inkomste, d.w.s. al die geld wat die besigheid inkry. Netto inkomste is die resultaat wanneer uitgawes van inkomste afgetrek word. As die inkomste meer is as uitgawes, dan is die netto inkomste positief en dus ’n wins, maar as die inkomste minder is as uitgawes, dan is daar ’n negatiewe netto inkomste – ’n verlies.

1.1 Bereken die wins of verlies van die volgende besighede:

1.1.1 Inkomste: R 36 000, R1 250 en R9 500; Uitgawes: R49 000

1.1.2 Uitgawes: R120 560; R15 030 en R55 250; Inkomste: R85 000; R95 000 en R63 550

1.1.3 Patsy verkoop gedroogde vrugte en lekkers vanuit haar stalletjie in ’n groot winkelsentrum. In Maart het sy R150 huur vir die stalletjie en R850 vir die vloeroppervlakte in die sentrum betaal. Sy het R1 500 se droëvrugte verkoop. Sy het ’n assistent om haar twee middae af te los en sy het haar R250 vir Maart betaal. Sy het ook R2 840 se lekkers in Maart verkoop. In April was haar uitgawe vir die huur van die stalletjie dieselfde as in Maart, maar sy moes R50 meer vir die vloeroppervlakte betaal. Sy het vir Maart en April se aankope van droëvrugte en lekkers in totaal R5 500 betaal. Haar assistent het R280 in April verdien. Patsy se telefoonrekening vir Maart en April het R860 beloop. Sy het in April R1 370 se droëvrugte en R2 550 se lekkers verkoop. Haar verpakkingsmateriaal het haar in die twee maande R420 gekos. Het Patsy ’n wins of ’n verlies getoon gedurende dié twee maande? Sit jou berekenings netjies uiteen.

2. Enige gesin het sekere uitgawes wat betaal moet word. Om dit te doen, moet daar ’n inkomste wees – iemand moet ’n besigheid hê wat ’n wins toon, of ’n werk waarvoor die persoon ’n loon of salaris ontvang. Om seker te maak dat daar geld is vir die belangrikste uitgawes, stel meeste gesinne ’n begroting op. Dis baie maklik: Aan die begin van elke maand word al die uitgawes wat in daardie maand verwag word in volgorde van belangrikheid neergeskryf. As al die noodsaaklike uitgawes minder is as die verwagte inkomste, dan moet daar besluit word wat daar met die die res van die inkomste gedoen gaan word. Word ’n deel daarvan gespaar of word dit alles uitgegee? Op hierdie manier verseker ’n mens dat al die geld nie aan flieks en partytjies uitgegee word sodat daar nie geld vir die telefoonrekening is nie! Voorbeeld: party van die Jacobs-gesin se verwagte maandelikse uitgawes is: R160 vir munisipale dienste, R240 vir die telefoon, R2 800 vir kruideniersware, R1 300 vir die verbandbetaling, R650 vir die huurkooppaaiement op die motor, R250 sakgeld vir

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11055/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask