<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Die planeet aarde en die heelal

Module 48

Lewe by die suid- en noordpool

Aktiwiteit:

Om te praat oor dierelewe in die poolstreke

[lu 1.2]

Dierelewe in die Noordpool (Arktika)

Daar woon wolwe, bere, eekhorings en voëltjies in die woude, en in die somer migreer die kariboe, wat ‘n Amerikaanse soort rendier is, na die noorde om op wilde plante te leef.

Muskusbeeste lewe op die toendra deur die hele jaar. Hulle beskerm hulleself deur in ‘n sirkel te staan as die wolwe hulle aanval.

In die winter hiberneer die meeste diere. Bere slaap die meeste van die tyd in hulle skuilings en die eekhorings krul hulself op in hulle snoesige gate. Hulle het baie kos in die somer geëet wat nou as energie in hulle liggame gestoor is.

Die walrus woon ook hier en is familie van die robbe. Hulle is soogdiere wat lewendig gebore word en aan hulle mammas drink.

Poolbere is een van die wêreld se grootste diere. Hulle het ‘n laag dik, sagte hare teen die vel en dan ‘n buitenste laag pels met lang hare.

Dierelewe by die Suidpool (Antarktika)

Die albatros, wat een van die grootste seevoëls is, lewe ook by die Suidpool. Hy vlieg oor die see en soek sy kos in die water.

Die grootste dier op aarde, die blouwalvis, lewe in Antarktiese waters. Dit word 30 m lank!

Baie min soorte diere lewe in Antarktika, maar in die somer kom die robbe en pikkewyne soontoe om kleintjies te kry. Die kleintjies is veilig, want daar is redelik min roofdiere wat hulle kan vang.

Baie soorte pikkewyne woon by die Suidpool. Die grootste een is die keiser-pikkewyn wat ongeveer 1 m groot kan word. Hulle kan nie vlieg nie, maar is uitstekende swemmers.

Hoe oorleef die mense in die pole?

Die Inuit-mense lewe in Arktika. Hulle maak vir hulle klere van lekker warm dierevelle om hulleself warm te hou. Hulle woon in klein dorpies waar hulle gedurende die wintermaande ys moet smelt om water te kry.

Hulle jag om kos in die hande te kry en woon in yshutte wat igloes genoem word. Hulle vorm ysblokke tot ‘n koepel en vul die openinge met sneeu.

‘n Ander groep mense, wat die Saami genoem word, woon in Lapland. Hulle is bekend daarvoor dat hulle rendiere aanhou vir melk, vleis en pels. Hulle hou daarvan om tradisionele klere te dra wanneer hulle toeriste op sleeritte neem.

Die mense werk vandag in fabrieke en woon in huise wat van klip of hout gemaak is. Hulle dra moderne klere en ry in sneeumobiele rond.

Skryf ‘n paragrafie van 150 woorde oor hoe diere aangepas het om in die poolstreke te kan woon.

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assessering

Dis duidelik wanneer die leerder

1.2 ondersoek uitvoer en data versamel.

Questions & Answers

how do you get the 2/50
Abba Reply
number of sport play by 50 student construct discrete data
Aminu Reply
width of the frangebany leaves on how to write a introduction
Theresa Reply
Solve the mean of variance
Veronica Reply
Step 1: Find the mean. To find the mean, add up all the scores, then divide them by the number of scores. ... Step 2: Find each score's deviation from the mean. ... Step 3: Square each deviation from the mean. ... Step 4: Find the sum of squares. ... Step 5: Divide the sum of squares by n – 1 or N.
kenneth
what is error
Yakuba Reply
Is mistake done to something
Vutshila
Hy
anas
hy
What is the life teble
anas
hy
Jibrin
statistics is the analyzing of data
Tajudeen Reply
what is statics?
Zelalem Reply
how do you calculate mean
Gloria Reply
diveving the sum if all values
Shaynaynay
let A1,A2 and A3 events be independent,show that (A1)^c, (A2)^c and (A3)^c are independent?
Fisaye Reply
what is statistics
Akhisani Reply
data collected all over the world
Shaynaynay
construct a less than and more than table
Imad Reply
The sample of 16 students is taken. The average age in the sample was 22 years with astandard deviation of 6 years. Construct a 95% confidence interval for the age of the population.
Aschalew Reply
Bhartdarshan' is an internet-based travel agency wherein customer can see videos of the cities they plant to visit. The number of hits daily is a normally distributed random variable with a mean of 10,000 and a standard deviation of 2,400 a. what is the probability of getting more than 12,000 hits? b. what is the probability of getting fewer than 9,000 hits?
Akshay Reply
Bhartdarshan'is an internet-based travel agency wherein customer can see videos of the cities they plan to visit. The number of hits daily is a normally distributed random variable with a mean of 10,000 and a standard deviation of 2,400. a. What is the probability of getting more than 12,000 hits
Akshay
1
Bright
Sorry i want to learn more about this question
Bright
Someone help
Bright
a= 0.20233 b=0.3384
Sufiyan
a
Shaynaynay
How do I interpret level of significance?
Mohd Reply
It depends on your business problem or in Machine Learning you could use ROC- AUC cruve to decide the threshold value
Shivam
how skewness and kurtosis are used in statistics
Owen Reply
yes what is it
Taneeya
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask