<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Lewe en lewenswyse

Module 4

Die gehoorsintuig

Aktiwiteit:

Om meer te leer oor die gehoorsintuig

[lu 2.1]

Luister na ‘n bandjie wat jou onderwyser vir jou speel. Probeer om die verskillende klanke te onderskei. Jou gehoor laat jou wonderlike dinge hoor, soos die klank van musiek, selfs ‘n speld wat val, of ‘n kanonskoot wat afgevuur word. Dit kan jou ook waarsku as ‘n motor skielik agter jou sy toeter blaas.

Die twee flappies langs jou kop is slegs die buitenste dele van jou oor; die res is alles binne-in jou kop en word deur die harde skedel beskerm. Die oor vang die klank op wat deur die lug tot binne-in jou oor beweeg. Binne-in jou oor word die klanke na boodskappe omgesit wat deur die senuwees na die brein beweeg. Jou slim brein vertel dan vir jou waarna jy luister. Die brein sorteer ook al die klanke wat jy hoor, uit.

Opdrag:

Vind uit hoekom jy twee ore het.

Vind uit wat dowe mense alles doen om hulle lewe te verbeter. Kyk of jy hulle vingertaal kan praat deur die kode hieronder te gebruik.

Baie diere flap hulle ore om uit te werk van watter kant af die klank kom. Dan hoef hulle nie hulle koppe te draai nie, want dan sien hulle vyande hulle dalk.

Klankgolwe trek beter deur water as liggolwe, daarom maak dolfyne eerder staat op hulle gehoor as om in die diep, donker, water hulle vyande te probeer sien.

Assessering

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

 

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1   betekenisvolle inligting onthou;

2.2       inligting kategoriseer.

 

Memorandum

Speel enige bandjie vir die kinders wat u opgeneem het. Probeer om ‘n variasie van geluide op te neem. Daar is ook sulke bandjies in biblioteke beskikbaar.

 

.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask