<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 8

Module 4

Begrip vir mondelinge tekste

Aktiwiteit 1:

Om mondelinge tekste te verstaan en om bekende woorde korrek te spel

  • Luister aandagtig terwyl jou onderwyser die volgende leesstuk hardop lees:

Een van die groot trekpleisters vir toeriste na Suid-Afrika is die pragtige strande al langs ons kus. Dit is egter nie net buitelandse toeriste wat hier kom baljaar nie, maar ook Suid-Afrikaners wat van heinde en verre kom om die see en son te geniet.

Kaapstad, die oudste stad in Suid-Afrika, word ook “Die Moederstad” genoem. Vir eeue lank al word die skoonheid van Kaapstad en die Kaapse Skiereiland besing. Op sy vaart om die wêreld in die sestiende eeu het Sir Francis Drake in sy dagboek onder meer van die Kaap geskryf: “A most stately thing, and the fairest Cape we saw in the whole cirmcumference of the earth.”

Kaapstad en die Skiereiland het ook ander name gekry. Bartolomeus Dias het dit in 1486 “Die Kaap van Storms” genoem, nadat hy en sy drie skepe vir 13 dae lank in woeste storms moes probeer oorleef. Maar op ’n meer positiewe noot het hy en Koning Juan II van Portugal dit tog ook “Die Kaap van Goeie Hoop” genoem, omdat die seevaarders hoopvol was dat hulle die seeroete na Oos-Indië om die Kaap sou vind. Nog ’n naam is “Die Herberg van die See” (“The Tavern of the Seas”), omdat Kaapstad al eeue lank as ’n rusplek en vriendelike hawe vir moeë seevaarders dien.

1. Beantwoord die volgende vrae wat op die voorafgaande stuk gebaseer is in volsinne:

a) Wat is buitelandse toeriste?

b) Waarom word Kaapstad “ Die Moederstad ” genoem?

c) Wat het die ou seevaarders probeer bereik tydens hul ontdekkingstogte?

d) Wie het eerste om die Kaap geseil: Sir Francis Drake of Bartolomeus Dias?

e) Hoe het Drake oor die Kaap gevoel?

f) Hoe het Dias gevoel? Noem twee gevoelens wat hy ervaar het.

g) Waarom word “ storms ” in hierdie stuk op een plek met ’n kleinletter geskryf, en op ’n ander plek met ’n hoofletter?

h) Waarom is daar ’n deelteken op die tweede e in “ moeë ”? Hoekom is daar dan net een e in “ droë ”?

d) As “skepe” aan die einde van ’n reël gestaan het en jy moes dit afkap deur ’n koppelteken te gebruik, hoe sou jy dit afkap?

LU 1.2 LU 6.1

Aktiwiteit 2

Om ’n onderhoud te voer

  • Kies een van jou klasmaats om die volgende aktiwiteit saam met jou te doen:
  • Verbeel julle dat een van julle ’n matroos op een van Dias se drie skepies was wat in die stormweer vasgevang was. Die ander een is sy vriend in Portugal. Die matroos is nou weer veilig tuis ná ’n lang en baie angswekkende vaart.
  • Kies vir julle elkeen ’n tipies-Portugese naam.
  • Die vriend vra die matroos uit oor al sy wedervaringe en die matroos vertel met die nodige emosie en liggaamstaal van sy avonture. Die vriend moet ’n paar relevante vrae stel en nie net in die algemeen vra hoe dit gegaan het nie. Hy moet ten minste vyf vrae stel waarop die matroos kan antwoord.
  • Trek een of twee kledingstukke aan wat julle soos karakters uit daardie tyd sal laat lyk. Hoe dink jy het ’n matroos in daardie tyd gelyk?
LU 2.5

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11038/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask