<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 8

Omgewing en interaksies

Module 37

Ekotoerisme

Aktiwiteit:

Om die waarde van ekotoerisme te kan verduidelik en ’n produk te ontwikkel wat gebruik kan word om ander te inspireer

[lu 1.1; 1.2; 1.3; 3.2]

Ekotoerisme verwys na ’n industrie wat toeriste aanmoedig om die land se natuur­skoon en ekologies ongerepte dele te beleef en te waardeer.

Suid-Afrika is die enigste land op aarde waarin al die lede van ’n bepaalde plant­koninkryk natuurlik binne sy grense aangetref word. Die plantkoninkryk waarna ons verwys, is die FYNBOS in die Wes-Kaap.

Dit is ’n area wat strek rondom die Bolandse berge en wat verskeie unieke plant­soorte soos die protea (ons nasionale blom) en heide insluit. Dit is die grootste konsentrasie plantspesies ter wêreld wat endemies is. Endemies beteken dit kom nêrens anders natuurlik voor nie.

St. Lucia en ander vleilande is weer ons geboorteplekke van baie spesies. Dit is in fyn balans en kan maklik versteur word deur 4x4-entoesiaste, asook plesier­boot­avonturiers.

Daar is gedurig nuusartikels oor hierdie en ander sensitiewe areas en onsensitie­we mense wat nie weet hoe om dit te benut, te waardeer en te bewaar nie.

Ons wildparke soos die Krugerwildtuin, die Kgalagadi, Hluhluwe en Pilanesberg is wydbekend by oorsese toeriste.

NATUURBEWARING is in al hierdie areas van die grootste belang en streng reëls geld wat wel deur die bedagsames onder ons nagekom word.

Ontwerp ’n kleurvolle brosjure wat jy aan ’n oorsese toeris sou kon gee om die natuurskoon van Suid-Afrika, asook sy ekologiese juwele, bekend te stel.

  • Jy kan een of meer onderwerpe kies.
  • Dit beteken dat jy die natuurskoon en uniekheid (plante en diere) van ’n bepaalde omgewing en die sensitiwiteit daarvan moet navors en die bevindings in die brosjure inbou.
  • Handig in op die datum wat deur jou onderwyser vasgestel word.

As alternatief : Stel ’n video-insetsel of foto-album saam van so ’n natuurgebied en vertoon dit aan die klas.

Assessering van BROSJURE

Kon jy BEPLAN en FEITE KONDENSEER in ’n visuele voorlegging?

[LU 1.1; 1.2; 1.3]

Skryf nou 'n paragraaf van 270 woorde oor die waarde van ekotoerisme. Verwys na jou navorsing.

[LU 3.2]

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke kan beplan;

1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;

1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.

LU 3

Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing

Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit is bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;

3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

Aktiwiteit: brosjure of video

Leerders ontwerp ’n kleurvolle brosjure wat aan ’n oorsese toeris gegee sou kon word om die natuurskoon van Suid-Afrika asook sy ekologiese juwele bekend te stel. Die leerder kan een of meer onderwerpe kies.

Assesseer saam met paragraaf oor die waarde van ekotoerisme. Let op die volgende:

  • Probleemstelling (beplanning)
  • Bronne wat gebruik is
  • Kwaliteit van inligting (het leerder geselekteer of bloot die eerste en beste vonds gebruik?)
  • Uiteensetting/aanbieding/beredenering (kommunikering)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask