<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 6

Module 3

Wie is ek?

1. Voltooi die volgende inligtingstuk oor jouself.(Jou ma sal dalk moet help met sommige van die antwoorde.)

  • Hierdie inligtingstuk handel oor jou geboorte. Ons kan ook sê dis die dag toe jy jou eerste lewenslig aanskou het.
  • Sedert jou geboorte is daar baie dinge wat vir die eerste keer met jou gebeur het of wat jy vir die eerste keer reggekry het.
  • Kan jy enige van die volgende ‘eerstes’ in jou lewe onthou? (Vra vir jou ma as jy nie weet nie.)

(a) Hoe oud was jy toe jy jou eerste tree gegee het?

(b) Hoe oud was jy toe jy jou eerste tand gewissel het?

(c) Wat was jou heel eerste skool se naam?

(d) Wie was jou heel eerste “juffrou”?

(e) Wie was jou heel eerste maat?

2. Gesels nou in julle groepe oor “eerstes” in julle lewe, bv. jou eerste skooldag, eerste besoek aan die tandarts, eerste kuier op ‘n plaas, eerste keer dat jy hospitaal toe moes gaan, ens.

(a) Elke groeplid kies een van die volgende “eerstes” en vertel vir die res van die groep van hierdie “eerste” ervaring:

  • My eerste skooldag.
  • My eerste vliegtuigrit.
  • My eerste besoek aan ‘n pretpark (bv. Ratanga Junction).
  • My eerste sportwedstryd.
  • My eerste oorsese reis.
  • My eerste besoek aan ‘n teater.
  • Die eerste keer toe ek ‘n prys gewen het.
  • Jy kan oor enige ander “eerste” in jou lewe praat!.

(b) Julle gaan nou elke maat in jul groep assesseer.

Teken nou jou assessering soos deur die ander groeplede gedoen, hieronder aan.

HOE HET EK GEVAAR?

Verstaanbare Afrikaans
Goeie sinsbou
Praat duidelik hoorbaar
Vertelling is boeiend
Goeie aanbieding

3. Luister nou baie aandagtig terwyl jou opvoeder ‘n kort leesstukkie oor ‘n seuntjie se eerste skooldag voorlees. Jou opvoeder sal dit selfs twee maal voorlees. Beantwoord dan die onderstaande vrae deur ‘n regmerkie () in die toepaslike kolom te maak:

JA NEE
a) Die seuntjie het ‘n swart broek aangehad.
b) Sy baadjie was te kort.
c) Die seuntjie het ‘n hondjie gehad.
d) Hy het daarvan gehou om saam met sy ma winkels toe te gaan.
e) Die seuntjie het nooit televisie gekyk nie.
f) Sy pa het gesê hy moet dapper wees.
g) Hy sou nuwe maats kry.
h) Sy ma het baie gepraat.
i) Sy juffrou was mooi en gaaf.
j) Hy het ‘n seun gehelp om ‘n toring met blokkies te bou.
Selfassessering: Jou opvoeder sal die korrekte antwoorde gee. Totaal uit 10
LU 1.4.1

4. Hieronder volg sommige van die antwoorde wat ‘n Graad 6-leerling verskaf het toe hy uitgevra is. Besluit saam as groep wat die vrae was en skryf hulle bokant elke antwoord neer.

  1. Vraag :

Antwoord : Ek was vyf jaar oud toe ek die eerste maal na die tandarts toe moes gaan.

  1. Vraag :

Antwoord : My broer het my per ongeluk met ‘n krieketbal raakgegooi en een van my voortande raak gegooi.

  1. Vraag :

Antwoord : Ek was glad nie bang vir die tandarts nie.

  1. Vraag :

Antwoord : Die tandarts het baie vriendelik gelyk.

  1. Vraag :

Antwoord : Ek het die groot stoel in die spreekkamer raakgesien.

  1. Vraag :

Antwoord : Hy het heel eerste my tande ondersoek.

  1. Vraag :

Antwoord : Hy het gesê hy sal die tand wat raak gegooi is, moet trek, want die tand was baie los.

  1. Vraag :

Antwoord : Dit was glad nie seer nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask