<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 8

Biodiversiteit: aanpassings en oorlewing

Module 29

Volhoubaarheid

In die vorige leereenhede het ons gekyk na organismes se oorlewingstrategieë op planeet AARDE .

Ons weet ook dat die organismes in hul habitatte saam die aarde se verskeidenheid (biodiversiteit) uitmaak en dat die natuur op sy eie as gevolg van hierdie BIODIVERSITEIT in perfekte balans is.

Daar is byvoorbeeld 250 000 hoër plantspesies, 19 000 visspesies en 10 000 spesies reptiele. Heelwat meer insekspesies is aangeteken. Hierdie rykdom aan lewe sorg vir :

  • ’n atmosfeer met die regte samestelling en balans vir ons om te kan lewe;
  • grond wat vrugbaar bly sodat daar altyd nuwe plante en dus kos vir ons en ander diere sal wees;
  • die hersirkulering van water.

Suid-Afrika is die enigste land op aarde wat ’n hele plantkoninkryk in sy grense het, nl. fynbos in die Wes-Kaap.

Ons in Suid-Afrika is gelukkig om ’n besonder ryk verskeidenheid aan plante en diere in ons land te hê. Is ons werklik bewus van ons rykdom?

BIODIVERSITEIT ONDERSTEUN VOLHOUBAARHEID!!

Die mens is egter aan die stuur van sake en doen nie altyd die regte ding nie.

Aktiwiteit 1:

Om ‘n standpunt teenoor die behoud van biodiversiteit in die natuur in te neem

Bespreek die volgende vraag in die klas:

  • Is die mens deel van ’n natuurlike ekosisteem of is hy ’n ongewenste gas wat inmeng en die balans versteur?

Skryf in jou eie woorde die uitkoms van die gesprek neer (die oorwegende mening van die groep).

[LU 3.2]

Die mens word dikwels daarvan beskuldig dat hy die natuur se hulpbronne vir sy eie selfsugtige behoeftes tap.

As vandag ’n tipiese dag op planeet Aarde is, sal teen vanaand 336 km² tropiese woud verwoes wees om hout te verskaf en plek te maak vir paaie, plase en plantasies. ’n Totaal van 112 km² sal in ’n woestyn verander as gevolg van oorbeweiding of swak boerderypraktyke.

Daar sal ook een en ’n half miljoen metrieke ton gevaarlike afval in die omgewing gestort word. Volgens verskeie skattings sal 50 tot 100 plant- en dierspesies eersdaags uitsterf.

Aan die einde van die dag sal die wêreld ’n klein bietjie warmer, die reën ’n klein bietjie suurder en die aarde se lewensweb ’n bietjie meer verskeurd en gehawend wees. (Chiras, 1993)

Wetenskaplikes waarsku ons teen die mensdom se vernietigende neigings. Die idee van VOLHOUBAARHEID sê dat die mens en die natuur in ’n wen-wen verhouding kan verkeer. Uit die onlangse wêreldkonferensie in Johannesburg, het dit duidelik geblyk dat baie mense glo dat ons met die regte BESTUURSTELSELS en die regte INGESTELDHEID ’n positiewe toekoms vir die hele wêreld kan verseker.

Aktiwiteit 2:

Om na te dink oor die volhoubaarheid van die aarde se bronne

1. Maak ’n lys van al die foute wat die mens besig is om te maak

2. Wat dink jy beteken die term VOLHOUBAARHEID?

3. Noem DRIE natuurlike hulpbronne wat tans deur die mens oorbenut word.

4. Gee die betekenis van Mahatma Gandhi se woorde in jou eie woorde:

"The world contains enough for everyone's need, but not for everyone's greed."

5. Waarom sal ons ernstig moet besin oor die roete wat die mens tans loop?

Belangrike terme is dus:

  • HABITAT : spesifieke plek waar organisme woon
  • BIODIVERSITEIT : die verskeidenheid lewe op aarde
  • HULPBRONNE : alles wat ons in ons voortbestaan gebruik

Aktiwiteit 3:

Om ‘n voorspelling oor die toekoms van die aarde te waag

Die aarde is soos ’n ruimteskip – al sy voorrade is reeds aan hom voorsien en nou moet hy sy reis voortsit – selfvoorsienend!!

Maak ’n A4-plakkaat om jou beeld van die aarde as ’n ruimteskip voor te stel.

Assessering van VOLHOUBAARHEID:

Kon jy die vrae beantwoord en ’n goeie voorstelling van die aarde op jou plakkaat maak?

[LU 3.2]

Assessering

LU 3

Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing

Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit is bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;

3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

Volhoubaarheid

Aktiwiteit 2: leesvaardigheid

  • Gee opdrag - stillees

Aktiwiteit 3: plakkaat- ruimteskip aarde

  • Die aarde is soos 'n ruimteskip – al sy voordae is reeds aan hom voorsien en nou moet hy sy reis voorsit – selfvoorsienend!!
  • Maak 'n A4-plakkaat om jou beeld van die aarde soos wat ruimteskip aarde tans daaruit sien.

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask