<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 4

Module 21

Grafiese tegniek, luister en woordeskat

Aktiwiteit 1

Om grafiese tegnieke in drukwerk te bespreek [lu 3.2.2]

WAT IS DRUKWERK?

Drukwerk is al die gedrukte stukke wat ons kry, byvoorbeeld koerante, tydskrifte, al die soorte boeke, etikette, seëls, banknote en dies meer. Dis hopeloos te veel om te kan opnoem.

Hoe sou ons sonder enige drukwerk klaargekom het?

Dink net ...

Nie 'n enkele koerant of 'n mooi storieboek.

Geen padkaarte om jou na 'n plek te help soek!

Hoe sou ons kon leef sonder al die banknote ...

En geen etikette op die verskillende kossoorte?

Wat dan van 'n koevert met 'n mooi seël?

Ek kon nie alles noem nie, want dis rêrig te veel.

'n Lewe sonder tydskrifte om te lees ...

'n Totale warboel en chaos sal dit wees.

Jy kry elke dag van jou lewe te doen met 'n groot verskeidenheid gedrukte werk. Jy lees dit, vat daaraan en sien dit. Dis deel van jou lewe!

Bring enige vier voorbeelde van gedrukte werk klas toe. Verdeel in groepe van vier en kyk na en voel aan julle groep se voorbeelde. Op watter soort papier is die drukwerk gedoen? Is dit blink, glad, dik, dun, grof of fyn? Gesels 'n bietjie daaroor.

Kyk na die drukwerk en bespreek die volgende vrae:

  1. Waarom is dit kleurvol?
  2. Hoekom moet dit aantreklik vir die oog lyk?
  3. Het die drukwerk trefkrag? (Slaan die betekenis na as jy die woord nie ken nie.)
  4. Hou julle daarvan?

Aktiwiteit 2

Om na teks te luister en daarop te reageer [lu 1.1]

Het jy al ooit gewonder hoe drukwerk ontstaan of begin het? Luister aandagtig na die inligting wat jou leerkrag gaan voorlees. Aan die einde gaan jy gevra word om vragies te beantwoord – dus ... spits die ore!

  1. Die Geskiedenis van Drukwerk

Drukwerk het eintlik 'n baie lang geskiedenis, maar wil jy glo, niemand weet wáár dit regtig alles begin het nie. Ons weet wel dat die Chinese en Indiërs duisende jare gelede patrone op stukke lap wat hulle gespin of geweef het, gedruk het. Hulle het die patrone op houtblokke uitgekerf, dit vol ink gesmeer en die stuk lap dan daarop gedruk. Die Chinese het later hierdie metode gevolg om boeke te druk. Hulle het in die agste eeu reeds begin om boeke te druk, maar boeke is eers in die veertiende eeu in Europa gedruk.

In daardie jare was daar maar min mense wat kon lees, maar omdat meer mense leer lees het, het die aanvraag na boeke al hoe groter begin word. Dit het egter baie lank geneem om een boek te druk en 'n vinniger manier moes gevind word.

'n Duitser, Johannes Gutenberg, het hierdie probleem opgelos. Hy het 'n metode ontwikkel waarop 'n hele bladsy op een slag gedruk kon word. Om hom met sy uitvindsel te help, het hy 'n druiwepers omskep in 'n drukpers. ('n Drukpers is die masjien wat gebruik word om afdrukke op papier of karton te maak.) Dit was die héél eerste drukpers.

Deur die jare het verskeie mense Johannes Gutenberg se metodes verbeter. Deesdae maak hulle baie van rekenaars tydens die drukproses gebruik. Die masjiene is ten volle outomaties, baie vinnig en word dikwels ook gedeeltelik deur rekenaars beheer.

Besluit of die volgende stellings waar of onwaar is.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask