<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 4

Module 20

Die selfstandige naamwoord, spelling en intensiewe vorme

Aktiwiteit 1

Om meer van selfstandige naamwoorde te leer [lu 6.2.11]

Kan jy nog onthou wie Anne Sullivan was? Kyk weer na die leesstuk op bladsy 1 van module 16 as jy twyfel.

Sy was dus 'n ................................................. van beroep.

Kom ons kyk na nog ander beroepe. Bestudeer die prentjies en skryf die korrekte beroep by die korrekte prentjie.

veearts loodgieter

elektrisiën kassier(e)

bouer posbode

vlieënier werktuigkundige

.........................................

..........................................

........................................

........................................

........................................

...........................................

..........................................

.............................................

Aktiwiteit 2

Om woorde wat dikwels gebruik word korrek te spel [lu 6.1.3]

As jy slegs die woord rys vir 'n blinde persoon lees, sal hy nie weet of jy van rys of reis praat nie, omdat hy nie die woord kan sien nie!

Hoewel hulle dieselfde klink, verskil rys en reis in betekenis. Om die verskil aan te dui, moet ons hulle in sinsverband gebruik.

Daar is nog 'n hele klompie voorbeelde van woorde met y of ei .

Vul nou y of ei in die onderstaande sinne in om hulle te voltooi:

  1. Ek eet graag r................ en vleis.
  2. My oupa gaan dikwels op r.............. na ander lande.
  3. Sy nies gedurig omdat sy aan hooikoors l.............
  4. Die siende man l.............. die blinde vrou.
  5. Die fietsryer sukkel om teen die st............. l bult uit te ry.
  6. Ek hou baie van my juffrou se nuwe haarst.....l.
  7. Ons w...... môre ons nuwe skoolsaal in.
  8. Die beeste w........... in die veld.
  9. Ma br............ elke winter vir ons truie.
  10. My boetie br........... omdat hy nie rrr kan sê nie.

Lees die sinne nou hardop vir mekaar in groepe van twee.

Aktiwiteit 3

Om meer te leer oor intensiewe vorme [lu 6.2.13]

Dink jy dis moontlik om kleure vir 'n blinde persoon te beskryf sodat hy sal weet wat die verskil tussen byvoorbeeld groen en blou is? Dit is seker onmoontlik om 'n kleur vir iemand te beskryf wat nog nooit siende was nie.

  1. Tog is kleure so belangrik wanneer 'n mens iets beskryf, byvoorbeeld: Die bruid met die pikswart hare se rok was spierwit en in haar hande het sy 'n bos bloedrooi rose gehad.

In plaas daarvan om net te sê swart , wit en rooi is pikswart , spierwit en bloedrooi baie intenser en klink die sin meer kleurryk.

Ons gebruik die INTENSIEWE VORME van swart, wit en rooi.

  1. Hier is nog 'n paar intensiewe vorme wat 'n sin baie trefkrag gee en die taal opkikker .

Die krieketwedstryd

Dis vuurwarm hier buite en my keel voel kurkdroog. Ek is al papnat gesweet en smag na 'n yskoue koeldrank. Skielik sien ek hoe 'n voorwerp wat rooi en koeëlrond is, pylreguit na my toe op pad is. Ek skrik myself wawydwakker en duik blitsvinnig onder die stoel voor my in. Ek is doodsbleek en bewerig toe ek daar opstaan en sien hoe 'n omie my aangaap met sy mond wawydoop. Die bal het 'n sonsambreel se steel getref en dié staan nou hoepelkrom. Dis skielik vir my glashelder dat ek baie ernstig beseer kon gewees het.

Nadat jy en jou groepmaat die leesstuk hardop vir mekaar gelees het, moet jy al die intensiewe vorme onderstreep.

Assessering

LEERUITKOMS 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • met woorde werk:
    • dikwels gebruikte woorde korrek spel;
  • met sinne werk:

6.2.11 alledaagse selfstandige naamwoorde verstaan en gebruik, asook getal, geslag en verkleinwoorde;

6.2.13 alledaagse adjektiewe verstaan en gebruik: verbuiging, trappe van vergelyking, intensiewe vorme.

Questions & Answers

Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask