<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 8

Materie: klassifikasie

Module 18

Molekules

Klasaktiwiteit

Bou Molekule

  • Verdeel die balletjies in drie groepe volgens kleure.
  • Elke kleur (patroon) stel ‘n groep atome voor.

waterstofatome

suurstofatome

koolstofatome

  • Bou nou modelletjies wat soos die volgende lyk:

A .

twee waterstofatome + een suurstofatoom

B .

twee suurstofatome + een koolstofatoom

Beantwoord die volgende vrae deur na bostaande te verwys:

1. Hier ( A ) het jy ‘n molekuul gebou wat beter bekend is as

Hier ( B) het jy ‘n molekuul gebou wat beter bekend is as

2. Wat dink jy word deur die stokkies voorgestel?

3. Molekule is dus samestellings van

4. Hoe lyk suurstofgas?

5. En osoon?

Assessering van modelbou-aktiwiteit

Kon jy die modelletjies bou?

[LU 2.2; 2.3]

Opdrag

Volhoubare Bronne

  • Vind uit wat osoon is en waarom dit so belangrik is vir lewe op aarde.
  • Doen verslag hieroor aan die klas as deel van 'n bewusmakingsveldtog oor hulpbronne in gevaar.
  • Hou 'n uitstalling in die klas of skool.

www.atm.ch.cam.ac.uk/tour

Assessering van bewusmakingsveldtog

Het jy deelgeneem aan die veldtog om ander bewus te maak van die osoonlaag en al die kwessies wat daarmee verband hou?

[LU 3.2]

Assessering

LU 2

Wetenskaplike Kennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is bewys as die leerder:

2.1 sinvolle inligting kan onthou;

2.2 inligting in kategorieë kan plaas;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

LU 3

Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing

Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit is bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;

3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

Molekules

1. Water en koolstofdioksied

2. Bindings

3. O²

4. O³

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask