<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Graad 4

Ruimte en vorm, patrone, datahantering

Module 14

Ondersoek die oppervlak van veelhoeke

Aktiwiteit 1:

Om die oppervlak van veelhoeke (met behulp van vierkantige roosters en teëls) te ondersoek en skat om 'n begrip van vierkanteenhede te ontwikkel [LU 4.8]

  • Jy besef nou dat wanneer ons tessellasie doen, 'n plat vlak heeltemal bedek word sodat daar geen spasies of oorvleueling is nie.

1. Vierkantige blokke wat deur jou hand bedek word.

1.1 Werk versigtig en plaas jou hand, met vingers oopgesprei, op die geruite deel van die papier hier onder. Trek 'n potloodlyn reg rondom jou hand op die papier, tot by die gewrig. Lig jou hand. Daar sien jy nou jou hand se buitelyn. Wat ons wil doen, is om te sien hoeveel vierkantige blokkies jou hand bedek het.

1.2 Maak 'n kolletjie in elke volledige blokkie soos jy hulle tel, en skryf die totaal volledige blokkies in die tabel op die volgende bladsy. Soek nou al die plekke waar 'n halwe blokkie bedek is. Twee halwe blokkies maak een hele blok. Maak dus 'n kolletjie in elke halwe blokkie en tel hulle as hele blokkies. Skryf die getal neer. Sit nou dié waarvan minder as die helfte bedek is by dié waarvan meer as die helfte bedek is om nog meer hele blokke te maak. Skryf ook hierdie totaal neer. Dit behoort nou vir jou 'n benaderde idee te gee van hoeveel blokkies deur jou hand bedek word.

Vierkantige blokkies wat deur my hand bedek is

Hele blokkies Halwe blokkies wat tot heles gemaak is Ander dele wat tot hele blokke gemaak is Totale getal blokkies wat deur my hand bedek word.

1.3 Kleur nou die vorm van jou hand op die papier in.

2. Tel die aantal vierkantige blokkies wat deur die volgende vorm bedek word op dieselfde manier. Sit dan al die blokkies bymekaar om hele blokke te maak. (Maak kolletjies in die blokkies, terwyl jy tel as dit jou help om dit reg te doen.)

Totale getal vierkantige blokkies wat bedek word:

3. Tel die blokkies wat deur die volgende veelhoeke bedek word:

3. 1 vierkantige blokkies

3.2 vierkantige blokkies

Meet die vierkantige blokkies met jou liniaal. Hulle is 1 cm lank en 1 cm wyd . In plaas daarvan om van "vierkantige blokkies" te praat, kan ons hulle dus VIERKANT SENTIMETERS noem.

4. Vind nou uit hoeveel vierkant sentimeters deur elk van die volgende veelhoeke bedek word:

4.1 _____________ vierkant cm

4.2 _____________ vierkant cm

5. Kom ons maak of jy 'n pophuis vir 'n niggietjie gebou het. Jy het die vloer van die badkamer met papier bedek waarop jy 1 cm vierkantblokkies getrek het. Op die vloer is daar 'n badmatjie, soos hieronder. Hoeveel van die teëls word deur die badmatjie bedek?

  • Verduidelik vir jou maat hoe jy die antwoord bereken het.
  • Skryf neer hoe jy jou antwoord bereken het. Skryf ook jou antwoord neer. Onthou om “vierkant cm” by die antwoord te skryf.

6. In die gesinskamer is daar 'n mat wat 4 m lank en 3 m wyd is.

6.1 Teken 'n diagram om te toon hoe die mat lyk en skryf ook die lengte en die breedte in.

6.2 Bereken hoeveel vierkant meters van die vloer deur die mat bedek word. Skryf jou berekening en die antwoord neer. Onthou om “vierkant meter" by die antwoord te skryf.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask