<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 7

Stelsels en beheer: elektrisiteit

Module 14

Om ‘n elektroniese wiskundige speletjie te maak – deel 3

Vervaardiging

Volgorde van vervaardiging van met behulp van ‘n

eenvoudige prosesvloeidiagram.

‘n Prosesvloeidiagram se funksies is:

  • om aktiwiteite in ‘n proses van mekaar te skei;
  • om aktiwiteite in ‘n logiese orde te rangskik.

Elke soort aktiwiteit word deur ‘n raam / blok met ‘n bepaalde fatsoen voorgestel.

Skryf die verskillende stappe neer deur die aksie, materiaal en gereedskap wat daarvoor gebruik is saam te voeg in ‘n sin. Skryf slegs een werkwoord per sin.

Begin / Eindblok

Prosesblok

Beslissingsblok

Ja/Nee

Leerder 3:

Instruksies vir die maak van die houer

  1. Neem die templaat (patroon op grafiekpapier), die deurslagpapier en die karton en plaas dit in dié volgorde onder mekaar. Kram dit bo vas met ‘n krammasjien sodat dit nie skuif nie.
  2. Beantwoord die volgende vrae oor jou houer.
  • Hoeveel sye / kante het dit?
  • Hoeveel pare ewe groot sye / kante het dit?
  • Hoeveel rande het die houer?
  • Hoeveel hoeke het die houer?
  • Hoeveel flappe het die houer?
  • Hoeveel pare ewe groot flappe het die houer?
  • Gebruik ‘n HB-potlood en liniaal en trek die 2D-vorm op die karton oor. Trek eers die aaneenlopende lyne en dan die stippellyne. Loer of alles oorgetrek is.
  • Verwyder die krammetjies en knip die 2D-vorm uit op die aaneenlopende lyne.
  • Keep die stippellyne op die kant waar die deurslagpapiermerke is met ‘n skêr en liniaal. Doen dit op ‘n geskikte oppervlakte; oefen eers vooraf sodat jy nie die kepe te diep maak nie.
  1. Vou op die stippellyne met ‘n liniaal.
  2. Bring die tesselasie–ontwerp met ‘n potlood en met jou gunsteling templaat op die regte kant aan. Kleur die dele versigtig volgens jou gekose patroon in en trek die lyne met ‘n swart pen/ “fine-liner” donkerder.
  3. Voltooi die deksel van die houer volgens jou finale ontwerp (naam, ligbron, toetse, vrae).
  4. Gom die flappe met houtlym en vorm die 3D-houer. Hou stewig in posisie vas sodat die houer deeglik droog word.

Monteer die elektriese stroombaan in die houer. Maak gaatjies aan die een sy van die houer vir die konneksies.

Vervaardiging van deksel deur Leerder 1:

Assessering van vervaardiging Ja Nee
1. Die finale voorkoms is soos die gekose ontwerp.
2. Die naam , vrae en antwoorde is in gedrukte / stensil-vorm.
3. Die openinge vir die ligbron en gonser is netjies toegeplak met sellofaan en deurskynende kleeflint.
4. Die naam, vrae en antwoorde is netjies en deeglik vasgeplak of geskryf op potloodlyntjies wat na die tyd uitgevee word.
5. Die twintig spleetspelde / drukspykers of skroewe is deeglik aan die een kleur geleidingsdrade gesoldeer.
6. Die deksel pas stewig oor die onderste deel.
7. Die gate vir die geleidingsdrade stem ooreen met dié van die bodem.
8. Elke geleidingsdraad verbind ‘n vraag met die korrekte antwoord en die spleetspelde raak nie aan mekaar nie.
9. Die deksel se knip, keep, vou en die flappe se plakwerk is netjies gedoen.
10. Die deksel het ‘n netjiese, stewige vorm.
4 3 2 1
8 tot 10 Ja’s 5 tot 7½ Ja’s 3 tot 4½ Ja’s ½ tot 2½ Ja’s

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask