<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 7

Die eerste mense

Module 13

Argeologie help om die verlede te herontdek

Wanneer mense op ‘n plek gebly en daarvandaan weggaan of sterf, laat hul altyd oorblyfsels agter. Hierdie oorblyfsels is getuienis wat ons heelwat kan vertel oor hul leefwyse. Argeoloë gebruik menslike oorblyfsels en voorwerpe uit die natuurlike omgewing as bronne.

Tydens die steentydperk is …

  • In die res van hierdie leereenheid gaan JY ook soos ‘n argeoloog te werk gaan deur bronne te bekom en vrae te vra.

Aktiwiteit 1:

Om bronne te bekom en dan vrae te vra

[lu 2.3]

a) Bestudeer meegaande skets om hierdie inleidende vrae te beantwoord. Begin daarna met jou eie vrae, en indien nodig, jou eie bronne!

  1. Watter laag bevat die oudste oorblyfsels?
  2. Skets die voorwerpe wat iets oor jou lewe kan vertel. Wat dink jy sal die argeoloë oor jou lewe weet as hul dit oor 100 jaar moet uitgrawe?
  3. Gestel jy was teenwoordig toe onderstaande terrein ondersoek is. Verskaf ‘n gedetailleerde verslag oor ‘n dag se werksaamhede.
  4. VRA JOU EIE VRAE!!

V erryking:

  • Sit koerantpapier op die grond neer.
  • Keer ‘n huis se vullisdrom daarop uit.
  • Wat vertel die getuienis uit die droom oor die mense?
  • Wat vertel die getuienis NIE oor die mense nie?

Assessering

LEERUITKOMS 2: HISTORIESE BEGRIP (TYD) – Die leerder is in staat om geskiedkundige kennis en begrip te toon
2.1 Verstaan kronologie en tyd
2.2 Verskaf redes waarom ‘n historiese gebeurtenis plaasgevind het (oorsake, gevolge)
2.3 Onderskei tussen verskillende tydperke (ooreenkomste, verskille)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11022/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask